Buffelspoort

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Buffelspoort Akkommodasie

Akkommodasie*

Buffelspoort beskik oor ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies vir elke smaak. Omdat jy boonop per eenheid en nie per persoon betaal nie, bespaar jy groot.

Magalies-villas

Die nuutste toevoeging tot ATKV-Buffelspoort se akkommodasie is die luukse en moderne Magalies-villas wat elk uit 3 slaapkamers vir ses persone; ’n oopplan-kombuis en leefarea; 2 badkamers en patio met ingeboude braai bestaan. Dié eenhede het ook lugversorging.
6-Bed Magalies Villas (Luuks)

Rondawels

Standaard of luuks met ’n badkamer, volledig-toegeruste kombuis en televisie met DSTV.
2-Bed Rondawel (opgegradeer)
4-Bed Rondawel (nuut opgegradeer)
4-Bed Rondawel (enkelbed met stort)
4-Bed Rondawel (voorsambreel)
4-Bed Rondawel (semi luuks)
4-Bed Rondawel (standaard)
5-Bed Rondawel
8-Bed Rondawel

Tenthuise

Bestaan uit 4 beddens en ’n badkamer, met of sonder kombuis. Gemeenskaplike kombuis beskikbaar vir die eenhede wat nie hul eie kombuis het nie.
4-Bed Tenthuis met badkamer
4-Bed Tenthuis met badkamer en kombuis

Woonstelle

Bestaan uit 4, 6 en 8 beddens met 'n badkamer(s), kombuis en TV in eenheid.
4-Bed Woonstel
6-Bed Woonstel
8-Bed Woonstel
8-Bed Woonstel (3 slaapkamers)

Woonwa- en kampeerterrein

Staanplekke op grasperke onder skaduryke bome of geplaveide staanplekke met skadunet, kragpunt en braaigeriewe. Uitmuntende opwas- en ablusiefasiliteite.
Kampering

Tariewe

Klik hier vir ’n meer volledige beskrywing van die akkommodasieopsies en -tariewe.

 

* Weens opgraderings wat in die laaste jaar op verskeie akkommodasie-eenhede aangebring is, mag dit wees dat die beskrywings en foto’s van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaarte sowel as die foto’s en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir u geduld in die verband. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n akkommodasie-eenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is u welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor op 011 919 9092.