Buffelspoort

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Buffelspoort Konferensies

Konferensies

Ons heet u hartlik welkom

ATKV-Buffelspoort is genestel in die Magaliesberge en net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City af. Ons bekoorlike klein paradys is minder as ’n uur se ry van Pretoria en Johannesburg af, wat meebring dat dit die perfekte geleentheid bied om weg te breek van die gejaagdheid en lawaai van die stadslewe. Hierdie uitsoekoord is veilig, behoorlik beskerm en pragtig geleë, en is die ideale plek om van u konferensie ’n professionele sukses te maak.
 

Egte gasvryheid in die hart van die Magalies

Buffelspoort bied ’n wye keuse van akkommodasie en geriewe, met inbegrip van ’n behoorlik uitgeruste winkel en drankwinkel, gelisensieerde restaurant met wegneemete-afdeling, sport-kroeg en skoonheidsalon te midde van die pragtige natuurskoon. U sal nie maklik ’n beter geleë basis vind vir dagritte na en van enigeen van die talryke omringende toeristebesienswaardighede nie. Op die terrein is daar ons vyf ruim en goed toegeruste konferensielokale wat groepe van tot 500 persone kan akkommodeer. Maaltye en akkommodasie vorm deel van ons besonder bekostigbare pakkette.
 

Konferensie Brosjure

Laai hier af

Feiteblad

 

 

Besprekingsversoek

Terme en Voorwaardes

Kontakbesonderhede

Akkommodasie verlang

Watter tipe akkommodasie verlang? (eerste keuse)

Watter tipe akkommodasie verlang? (tweede keuse)

Aankomsdatums (eerste keuse)