Drakensville

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Drakensville Akkommodasie

Akkommodasie*

ATKV-Drakensville bied ’n wye verskeidenheid huisvestingopsies in die asemrowende Drakensberge. Alle eenhede word daagliks gediens, is gerieflik gemeubileer en ten volle toegerus met DSTV.

Bed-en-ontbyt-kamers

Driestergradering met 1 slaapkamer (enkel of dubbel) vir 2 persone met ’n en suite-badkamer. Etes word in die restaurant op die oord verskaf.
B & B Kamers

Selfsorghuise

Twee- en driestergradering vir 4 tot 6 persone. Huise bestaan uit 2 of 3 slaapkamers, ’n kombuis, sitkamer, 1 toilet en 1 badkamer. Huise is ten volle toegerus en gemeubileer. Badhanddoeke word verskaf.
4-Bed
6-Bed opgegradeer
6-Bed opgegradeer (1 badkamer)

Selfsorgwoonstelle

Driestergradering met 1 slaapkamer (2 enkel of 1 dubbel) vir 2 persone. Oopplankombuis met eethoekie en ’n en suite-badkamer met stort. Ten volle gemeubileer met eetgerei, yskas/vrieskas, tweeplaatstoof en mikrogolfoond.
Woonstel (2 slaper)

Woonwa- en kampeerterrein

Die Drakensville-kampeerterrein beskik oor geplaveide staanplekke en welige grasperke toegerus met uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite. Elke staanplek het ’n 15 amp-kragpunt en eie braaigeriewe.
Kampering

Tariewe

Klik hier vir ’n meer volledige beskrywing van die akkommodasieopsies en -tariewe.

* Weens opgraderings wat in die laaste jaar op verskeie akkommodasie-eenhede aangebring is, mag dit wees dat die beskrywings en foto’s van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaarte sowel as die foto’s en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir u geduld in die verband. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n akkommodasie-eenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is u welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor op 011 919 9092.