Drakensville

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Drakensville Konferensies

Konferensies

Ons heet u hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om soveel as moontlik verken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende besienswaardighede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en pragtig geleë, en is ideaal om van u konferensie 'n professionele sukses te maak.
 

Egte gasvryheid in die hart van die Drakensberg

Hierdie unieke bergparadys le aan die voorheuwels van die Drakensberg-amfiteater, en is omtrent drie ure se ry van Johannesburg of Bloemfontein af en omtrent twee en ’n half uur van Durban af, wat meebring dat dit die perfekte geleentheid bied om weg te breek van die gejaagdheid en lawaai van die grootstad. Met sy verskeidenheid van akkommodasiemoontlikhede en die magdom aktiwiteite en geriewe wat beskikbaar is, vorm hierdie oord ’n gerieflike basis vanwaar al die baie verskillende toeristebesienswaardighede ontdek kan word waarvoor die Drakensberg bekend geraak het. atkv-Drakensville het vier ten volle toegeruste konferensielokale wat groepe van tot 800 kongresgangers kan akkommodeer.
 

Konferensie Brosjure

 

Feiteblad


 

 

 

 

Besprekingsversoek

Terme en Voorwaardes

Kontakbesonderhede

Akkommodasie verlang

Watter tipe akkommodasie verlang? (eerste keuse)

Watter tipe akkommodasie verlang? (tweede keuse)

Aankomsdatums (eerste keuse)