Drakensville

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Drakensville Troues

Troue

Lank en gelukkig in die Drakensberge

’n Asemrowende land soos Suid-Afrika bied ’n magdom besienswaardighede wat verdien om verken en geniet te word wanneer ’n wegbreekgeleentheid hom voordoen. Die ATKV bied die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde vakansieoorde teen bekostigbare pryse wat aan u waarde vir geld bied. Ons oorde, wat geleë is in van die mooiste streke in ons land, omring deur kultuur-, historiese en ander opwindende toeriste-attraksies, bied die perfekte agtergrond vir daardie droomtroue!
 

'n Onvergeetlike Drakensbergtroue...

Sprokiestroues word 'n werklikheid by ATKV-Drakensville. Die pragtige sandsteen-kapel met sy asemrowende uitsig oor die vallei is die perfekte plek om ewige trou te beloof, en die ongeëwenaarde skoonheid van die Drakensberge maak 'n meesterstuk van elke foto. Ons onthaalfasiliteite en smullekker disse sal verseker dat die vreugdesvure tot laat in die nag in brand!

Troukoördineerder

Hesmi Olwagen
Tel: +27 36 438 6287
Faks: +27 36 438 6524
E-pos: hesmio@atkv.org.za

Trou Brosjure

 

ATKV-Oorde Trou-insetsel