Eiland_Spa

Eiland Spa

MEER OOR ONS

Ontspan en geniet ware gasvryheid by ons toevlugsoord in die Limpopo.

Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.

Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorg-akkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidro-spa is ATKV-Eiland Spa die ideale plek vir die hele gesin om te kom ontspan.

Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.

Wenner in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings vir die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

EILAND SPA AKKOMMODASIE OPSIES

ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasiesmaak, alles teen ’n klassieke bosveldagtergrond. Alle eenhede is selfsorg. Alhoewel linne en handdoeke elke derde nag geruil word, word die eenhede nie gediens nie. Elke eenheid is gemeubileer, volledig toegerus met lugversorging, braai-area en DSTV.

BESKRYWING VAN AKKOMMODASIE

Chalets
Die selfsorg-chalets kan 2 tot 6 mense huisves.

Jeugtuiste
Die jeugtuiste kan 88 persone huisves en is perfek vir enige skool- of kerkgroep. Die tuiste bestaan uit twee vleuels met badkamers en kamers vir onderwysers of toesighouers. Dit bestaan verder uit ’n goed-toegeruste kombuis en ’n eet- of vergaderarea met ’n braaiplek en opwasgeriewe aan die buitekant. Al die fasiliteite van die oord is tot beskikking vir die inwoners van die jeugtuiste.

Rondawels
Driestergegradeerde, lugversorgde eenhede wat 2 tot 6 mense kan huisves. Kies uit die volgende opsies:

- Een slaapkamer met twee enkelbeddens vir 2 persone. Volledig toegeruste kombuis op die stoep. Badkamer met stort, wasbak en toilet. Geen aparte woonvertrek.
- Twee enkelbeddens in die woonvertrek en ’n klein kamer met twee enkelbeddens vir 4 persone . Volledig toegeruste kombuis op die stoep. Badkamer met stort of bad, toilet en wasbak. Geen aparte woonvertrek.
- Twee slaapkamers met 2 enkelbeddens in elke slaapkamer vir 4 persone. Oopplan-woonvertrek/kombuis. Badkamer met stort en bad, aparte wasbak en toilet.
- Twee slaapkamers met 2 enkelbeddens in elke slaapkamer. Oopplan-woonvertrek/kombuis. Badkamer met stort, aparte wasbak en toilet.
- Twee slaapkamers – 1 slaapkamer met dubbelbed, en 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, asook slaapbank in die woonvertrek. Maksimum 6 persone. Oopplan-woonvertrek/kombuis. Badkamer met stort en bad, wasbak en toilet.
- Twee slaapkamers – 1 slaapkamer met dubbelbed, en 1 slaapkamer met twee enkelbeddens. Slaapbank in die woonvertrek. Maksimum 6 persone. Oopplan-woonvertrek/kombuis. Badkamer met stort, aparte wasbak en toilet.

 

Woonwa- en kampeerterrein
Woonwa- en kampeerterrein met 290 staanplekke (toegerus met kragpunte) en vyf ablusieblokke.

Woonwa- en kampeerterrein
Ons bied 290 staanplekke (toegerus met kragpunte) en vyf ablusieblokke.

EILAND SPA TARIEWE

Klik op die skakel hieronder vir ’n meer volledige beskrywing van die verskillende akkommodasie-opsies en tariewe.

Eiland Spa tariewe effektief 1 Maart 2013

Tariewe vir ATKV-Lede Tariewe vir Nie-Lede

AKTIWITEITE EN FASILITEITE

By ATKV-Eiland Spa kan niemand letterlik vir een oomblik verveeld wees nie. Daarvoor is daar net heeltemal te veel aktiwiteite om jonk en oud te vermaak.

AKTIWITEITE OP DIE OORD

- Hidro-spa, sauna, stoombad, warmwater-mineraalbad
- Kouewaterswembad en plaspoel
- Waterwurm
- Gimnasium
- Mini-gholf
- Stap- en fietsryroetes
- Voëlverkenning
- Visvang
- Perderitte
- Tennis, rolbal en vlugbal

BESIENSWAARDIGHEDE IN DIE OMGEWING

Naby ATKV-Eiland Spa
- Hans Merensky-natuurreservaat
- Tsongakraal

Naby Gravelotte en Leydsdorp

- Riverside-rehabilitasiesentrum se Apiestigting
- Letaba Junction, ATKV-restaurant en –gastehuis
- Geskiedkundige Leydsdorp-hotel

Naby Tzaneen, Magoebaskloof, Haenertsburg

- Wegraakbosch-kaasplaas
- Sapekoe-teetuin
- Agatha-krokodilplaas
- Couch House-nougatfabriek
- Kroeg in reusekremetart
- Kruger Nasionale Park

FASILITEITE OP DIE OORD

Die volgende fasiliteite is op die oord vir vakansie- en konferensiegangers se gerief: die Mopani-restaurant, Tanani-wegneemetskafee, Buffalo’s-kroeg, winkel en drankwinkel, ’n wassery en OTM.

OORDUITLEG (klik op die oordplan)

 

KAMPERINGUITLEG (klik op die kampering foto)

Tariewe

Neem kennis dat die jaarlikse prysverhoging plaas vind op 1 Maart. Besprekings en beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons Sentrale besprekingskantoor by +27 (11) 919-9092 of die oord by +27 (15) 386-8000.

Eiland Spa tariewe effektief 1 Maart 2013

Tariewe vir ATKV-Lede Tariewe vir Nie-Lede

Klik op die PDF ikoon  om die drukbare weergawe oop te maak. Indien u die besprekingsversoek wil e-pos, stuur dit aan eilandspa@atkv.org.za of faks na +27 (11) 919-0253.

NB: Adobe reader is nodig om die drukbarevorm oop te kan maak. Klik hier om die nuutste Adobe reader af te laai.

Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
Die dagbesoekersbeleid van die ATKV-oorde is slegs van toepassing op ATKV-lede!

Hoewel ATKV-lede voorkeur geniet wat betref besprekings in ons oorde, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde ook vir Jan Alleman oop is. Met die aanbreek van die nuwe bedeling het die ATKV hom, op grond van verskeie kongresbesluite, onomwonde by dié nuwe bedeling geskaar.

Die ATKV beskou homself as aktiewe rolspeler in die bou van nuwe strukture vir die toekoms, om sodoende ‘n onmisbare deel te wees van ‘n inklusiewe Suid-Afrika wat vir almal, ook vir sy lede, aanvaarbaar is.

Vakansie is een van die aktiwiteite wat ten nouste met die ontspanningskomponent van kultuur saamhang. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansieprogramme is gesinsgerig, en konsentreer op aspekte soos gesinvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing, en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul.

Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker is daar sekere reëls by die oorde, wat die volgende insluit:

- ‘n Beperkte aantal dagbesoekers vir inwonende gaste
- Geen drank by die swembaddens
- ‘n Beleid van geen dronkenskap
- Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek

Hierdie beleid word toegepas om ‘n atmosfeer te skep waarin alle besokers heerlik kan opstaan. Dit word verstrek deur elke besoeker die geleentheid te gun om die omgewing en die beskikbare vermaak te geniet. Daarom word diegene wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna streng optrede sal volg. Sodanige optrede kan uitsetting uit die oord insluit.

Om te verseker dat die dagbesoekers aan die ATKV se oorde nie die inwonende gaste se pret bederf nie, moet daar vooraf met die oorde gereël word om as dagbesoekers toegelaat te word. Dit is veral belangrik gedurende die skoolvakansies en oor langnaweke. Omdat die ontspanningsgeriewe veral oor langnaweke en in die April- en Desembervakansies druk besoek word, word slegs ‘n beperkte aantal motors per oord toegelaat.

Let wel: Dagbesoekers moet hetsy ATKV-lede en/of vriende en familie van inwonende gaste wat reeds in die betrokke ATKV-oord vakansie hou en dus die nodige reëlings met die oord getref het. Dagbesoekers van inwonende gaste kan die oorde daagliks vanaf 07:00 tot 21:00 besoek. Die dagbesoekerstariewe van elke oord is op aanvraag beskikbaar.

Klik hier vir die besoekersvoorwaardes.

Besprekingsvoorwaardes

Bepalings en voorwaardes vir aanlynbesprekings by die ATKV-oorde

1. Die besprekingsversoek is slegs ’n aansoek om huisvesting en is nie ’n amptelike bespreking nie. Die bespreking word eers bevestig sodra die oord die dokument van bevestiging vir die besprekingsversoek gestuur het.

2. Vyftig persent van die koste van die totale verblyfrekening (BTW ingesluit) is betaalbaar as deposito en moet voor of op die keerdatum betaal word om die bespreking te bevestig.

3. Deposito’s wat reeds betaal is, sal nie terugbetaal word indien die bespreking gekanselleer word nie. Geen geld word ook terugbetaal nie wanneer gaste die oord vroeër verlaat as wat bespreek is (sien kansellasiebeleid).

4. Betaling van deposito’s moet geskied voor of op die keerdatum wat op die besprekingsversoek van die oord af verskyn om besprekings te bekragtig.

5. Versuim om die deposito voor of op die keerdatum te betaal, sal daartoe lei dat die bespreking sonder vooraf kennisgewing gekanselleer word.

6. Alle uitstaande koste moet voor aankoms vereffen wees.

7. Alle veranderings aan die bespreking moet skriftelik geskied.

8. Debietkaarte sowel as Visa- en Master-kredietkaarte en elektroniese oorbetalings word aanvaar.

9. Slegs bankgewaarborgde tjeks word aanvaar.

10. Besprekings (BTW ingesluit @ 14%) is van toepassing.

11. Spesiale tariewe geniet aandag volgens aanvraag en indien moontlik.

12. Aankoms- en vertrektye:

Oord Aankomstyd Vertrektyd
ATKV-Buffelspoort 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Drakensville 14:00 10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Eiland Spa 14:00 10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Goudini Spa Ma. – Sa. 14:00
So. 16:00
10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Hartenbos 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Klein-Kariba 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Natalia 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)

 

13. Met aankoms vind registrasie plaas en die besoeker teken ’n vrywaringsvorm wat die oord vrywaar teen enige aanspreeklikheid indien ’n besoeker beserings opdoen of verliese ly. Die besoeker teken ook ’n vorm waarmee hy onderneem om die oord se reëls na te kom.

14. Alle versoeke vir die Desember/Januarie- en Maart/Aprilvakansie word op ’n waglys geplaas en plektoekennings geskied volgens die kriteria van die puntestelsel.

15. Geen troeteldiere word toegelaat nie – behalwe gidshonde vir blindes en swaksiendes.

16. Tariewe is onderhewig aan veranderings sonder vooraf kennisgewing.

17. Alle versoeke om huisvesting vir Desember/Januarie en Maart/April word op ‘n waglys geplaas. ‘n Afsnydatum vir versoeke oor hierdie tydperke sal duidelik gekommunikeer of aangedui word. ‘n Versoek om huisvesting word beperk tot slegs een eenheid of staanplek. Die toekenning van verblyf na aanleiding van u versoek geskied volgens die ATKV se puntestelsel. Indien u meer inligting oor die ATKV se puntestelsel verlang, klik asseblief op die skakel, Punte vir bespreking

18. Indien u oor Tjiengelieng beskik, sal dit slegs in berekening gebring word as u aansoek suksesvol is.

KANSELLASIEBELEID

Alle kansellasies moet die oord op skrif bereik.

1. Vir kansellasies langer as 30 dae voor die aankomsdatum word 25% van die aangevraagde deposito verbeur.

2. Vir kansellasies tussen 16 tot 29 dae voor die aankomsdatum word 50% van die aangevraagde deposito verbeur.

3. Vir kansellasies tussen 0 en 15 dae voor die aankomsdatum word 100% van die aangevraagde deposito verbeur.

4. In die geval van kansellasie weens sterfte (of ander aanvaarbare redes waaroor die betrokkene geen beheer het nie) word slegs administrasiegeld van R50 gehef wanneer stawende bewyse verskaf word.

Oorplasing van besprekings na ander ATKV-vakansieoorde

Indien huisvesting beskikbaar is en ’n bespreking van een ATKV-oord na ’n ander ATKV-oord oorgeplaas word, word 10% van die aangevraagde deposito verbeur met ’n minimum van R50.

MEER OOR ONS

ATKV-Eiland Spa, ’n paar kilometer uit Tzaneen in die Limpopo-provinsie, bied ’n sjarmante Bosveldtoevlugsoord vir konferensiegangers. Die oord het vyf lugversorgde konferensielokale van verskillende groottes wat in die behoeftes van tot soveel as 250 afgevaardigdes kan voorsien.

’n Ervare, toegewyde span sal jou deur die hele konferensie bystaan en toesien dat al die reëlings glad verloop. Jou unieke vereistes sal deurentyd in ag neem geneem word en ons seker maak dat daar aan jou verwagtinge voldoen word … en dit selfs oortref.

KONFERENSIE LOKALE EN FASILITEITE

LOKALE

Al ons lokale is lugversorg met genoeg parkering op die oord en naby die fasiliteite.

Mopanisaal
Kan 250 mense in teaterstyl en 250 klaskamerstyl akkommodeer.

Patryssaal
Huisves 100 persone teaterstyl en 60 persone in klaskamerstyl.

Visarendsaal
Kan 74 konferensiegangers teaterstyl, 60 persone klaskamerstyl en 40 persone in U-vorm akkommodeer.

Fisantsaal
In teaterstyl is die fisantsaal perfek vir 30 persone, in klaskamerstyl vir 24 mense en in U-vorm vir 16 konferensiegangers.

FASILITEITE

Toerusting

Ons lokale beskik oor die volgende standaardtoerusting wat deel vorm van die konferensietariewe:

- Televisie
- Faksmasjien
- Witborde
- Videoprojektor
- Truprojektors
- Lapelmikrofone
- Telefone
- Klankstelsels
- Dataprojektors
- DVD-spelers
- Fotokopieerder
- Blaaiborde
- Internetkafee met draadlose breëband

Akkommodasie en etes

ATKV-Eiland Spa bied ’n wye reeks huisvesting en heerlike etes vir konferensiegangers. Ons bekwame konferensiespan kan jou ook bystaan met enige spanbouaktiwiteite.

Akkommodasie
Suksesvolle konferensies en spiekeries spanbouprogramme

ATKV-Eiland Spa se rustigheid en vreedsame stilte skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.

Ons bied:

- moderne fasiliteite wat groepe van tot 250 kan huisves
- die dienste van ‘n ervare konferensiespan
- spanbou

By ATKV-Eiland Spa maak ons dit ons besigheid om te verseker dat jou besigheid klopdisselboom vooruitgaan.

Herlaai jou sakesukses!

TARIEWE

Die volgende standaardtariewe geld. Vir volledige konferensiepakkette met die opsie van spanbouaktiwiteite kontak ons bekwame konferensiespan vir ’n konsultasie om by jou behoeftes te pas.

- Administrasiefooi: R110
- Konferensietarief met akkommodasie: R105 per persoon per dag
- Konferensietarief sonder akkommodasie: R115 per persoon per dag
- Tee/koffie met verversings: R25 per persoon


Neem asseblief kennis dat hierdie slegs ‘n versoek is en nie ‘n definitiewe bespreking nie.

Persoonlike Inligting

Titel

Naam

Van

Oragnisasie naam

Kontakbesonderhede

E-posadres

Tel.nr. Huis

Tel.nr. Werk

Faks.nr.

Selfoonnommer

Akkommodasie

Aantal Konferensiegangers

Dui aan indien meer as 100

Akkommodasie benodig

Datum van aankoms




Vertrek datum





Spesiale versoeke

Sekuriteit
Sekuriteit

Besprekingsvoorwaardes

- Besprekings word gemaak sodra die konferensiesentrum ’n geldige, ondertekende kontrak, asook die deposito teen die betaaldatum ontvang het. Kansellasievoorwaardes geld vanaf die dag van bespreking.
- Konferensies word van Maandae tot Vrydae aangebied. Let wel: Besprekings hang van die beskikbaarheid van eenhede.
- Geen konferensiebesprekings kan binne seisoen of tydens langnaweke gemaak word nie.
- Voornemende konferensiekliënte kan die oord op Maandae tot Donderdae per afspraak besoek.

Eiland Spa kontakbesonderhede

Vir algemene navrae en besprekings

Privaatsak X527, Letsitele, 0885
Tel: +27 (15) 386-8000
Faks: +27 (15) 386-8032
Sentrale besprekingskantoor: +27 (11) 919-9092
Faks: +27 (11) 919-0253
E-pos: eilandspa@atkv.org.za
Webwerf: www.eilandspa.co.za / www.atkvoorde.co.za

 

Vir besprekings by ATKV-Eiland Spa se konferensiesentrum

Konferensiekoördineerder

Elsa van den Bergh
Tel.: +27 (15) 386-8000
Faks: +27 (15) 386-8032
E-pos: elsav@atkv.org.za

 

GPS-koördinate en roetekaart

23º39’18.9″ S / 30º40’15.9″ E

Kliek op die kaart vir ‘n vergrootte weergawe

 

Aanwysings na ATKV-Eiland Spa

Van Johannesburg af: Neem die N1 van Johannesburg af na Polokwane (Pietersburg ± 300 km). Draai regs in Polokwane op die R526 na Duiwelskloof of die R71 na Magoebaskloof. Hou reguit aan op enige van hierdie paaie tot in Tzaneen en neem dan die R71 (Gravelotte/Phalaborwa-pad) en draai links. Hou reguit aan op die R529 tot by die Hans Merensky-natuurreservaat. Die oord is binne-in die reservaat geleë (± 67 km).

Van Pretoria af: Neem die N1 van Johannesburg af na Polokwane (Pietersburg ± 300 km). Draai regs in Polokwane op die R526 na Duiwelskloof of die R71 na Magoebaskloof. Hou reguit aan op enige van hierdie paaie tot in Tzaneen en neem dan die R71 (Gravelotte/Phalaborwa-pad) en draai links. Hou reguit aan op die R529 tot by die Hans Merensky-natuurreservaat. Die oord is binne-in die reservaat geleë (± 67 km).