Goudini_Spa

Goudini Spa

MEER OOR ONS

Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap!

Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa met sy helende mineraalbaddens en te veel pret-dinge as wat jy in een vakansie kan inpas!

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorg akkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Ons oord lê op die beroemde Roete 62, die grootste en uiteenlopendste wynroete ter wêreld. Daar is dus oorgenoeg om selfs die nuuskierigste avonturier tevrede te stel!

ATKV-Goudini Spa beskik oor uitstaande konferensiefasiliteite wat tot 800 konferensiegangers kan huisves. Ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal.

Loer gerus na ons Feitestaat

GOUDINI SPA AKKOMMODASIE

ATKV-Goudini Spa het ’n verskeidenheid selfsorg-akkommodasie vir elke sak en smaak. Elke eenheid is gemeubileer en volledig toegerus met DSTV.

GOUDINI SPA AKKOMMODASIE OPSIES

BADSBERG-WOONSTELLE
1 eenheid met driestergradering vir 5 persone: Twee slaapkamers bestaande uit ’n hoofslaapkamer met ingeboude dubbelbed en 3 ingeboude enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Oopplan-kombuis/leefarea. Badkamer met bad, wasbak en toilet. Buite: ingeboude braai en parkering voor die eenheid.

20 eenhede met tweestergradering vir 4 persone: Ingeboude dubbelbed met ooplan-kombuis/leefarea op boonste vlak. Twee ingeboude enkelbeddens met tweeplaatstoof in die kombuis. Volle badkamer op grondvlak en badkamer met toilet en wasbak op boonste vlak. Buite: ingeboude braai en parkering voor die eenhede.

BOLAND-KOMPLEKS
18 eenhede met driestergradering vir 6 of 8 persone: Die eenhede van die Boland-kompleks is gebou in ’n sirkel met elke eenheid wat deur ’n tuinmuur geskei word. Al die eenhede kyk uit op ’n sentrale swembad met natuurlike bronwater wat in die vorm van ’n seeswembad gevorm is. Braaifasiliteite en ’n lapa maak die Boland-kompleks ideaal vir konferensiegroepe.

GOUDINI-WOONSTELLE
3 eenhede vir 2 persone: Oopplan-kombuis/leefarea met 2 enkelbeddens. Badkamer met bad, wasbak en toilet.

1 eenheid vir 3 persone Oopplan-kombuis/leefarea met 3 enkelbeddens. Badkamer met bad, wasbak en toilet.

1 eenheid vir 4 persone 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en ’n kombuis/leefarea met 2 enkelbeddens. Badkamer met bad, wasbak en toilet.

2 eenhede vir 6 persone 2 slaapkamers met 3 enkelbeddens elk. Kombuis met bedieningstoonbank, eetkamertafel en stoele. Badkamer met bad, wasbak en toilet.

SLANGHOEK-VILLAS
22 luukse eenhede met vierstergradering vir 6 persone: Die Slanghoek-villa-kompleks se eenhede bestaan elk uit 1 slaapkamer met dubbelbed en 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens. Een badkamer met ‘n bad, toilet en wasbak, en ‘n tweede badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Daar is lugreëling in die hoofslaapkamer en leefarea, ‘n kaggel in die sitkamer en ‘n onderdakbraai op die veranda. Daarbenewens het elke slaapkamer sy eie private veranda.

8 eenhede met vierstergradering vir 6 persone: 1 slaapkamer met dubbelbed en 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens. Een badkamer met ‘n bad, toilet en wasbak, en ‘n tweede badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Daar is lugreëling in die leefarea.

TULBACH-WOONSTELLE
7 eenhede met tweestergradering vir 5 persone: Hoofslaapkamer met ingeboude dubbelbed en 3 ingeboude enkelbeddens in die oopplan-kombuis/leefarea. Badkamer met stort, wasbak en toilet. Buite: stoep en geplaveide area met privaat braai. Parkering is ± 30 m van die eenhede in ’n parkeerarea.

RONDAWELS
101 eenhede met tweestergradering vir 4 persone: 1 slaapkamer met ingeboude dubbelbed en ’n kombuis-/leefarea met 2 ingeboude enkelbeddens. Badkamer met stort, wasbak en toilet.

WOONWA- EN KAMPEERTERREIN
Ons woonwa- en kampeerterrein het ’n driestergradering van die Suid-Afrikaanse toerismeraad ontvang en bestaan uit 54 geplaveide staanplekke, elk met ’n 15 amp-kragpunt en privaat braai. Goed-versorgde ablusiefasiliteite, opwasgeriewe en wassery.

GOUDINI SPA TARIEWE
Klik op die skakel hieronder vir ’n meer volledige beskrywing van die verskillende akkommodasie-opsies en tariewe.

Goudini Spa tariewe effektief 1 Maart 2013

Tariewe vir ATKV-Lede Tariewe vir Nie-Lede

AKTIWITEITE EN FASILITEITE

ATKV-Goudini Spa is een van die gewildste selfsorg-vakansieoorde in die Kaap en bied ure se pret en salige ontspanning vir ’n ieder en ’n elk.

AKTIWITEITE OP DIE OORD

- Buite- en binnenshuise swembaddens
- Mineraal- en borrelbaddens
- Waterwurm en wipmatte
- Mini-gholf
- Staproetes
- Voëlverkenning
- Perderitte
- Tennis en vlugbal
- Snoeker en potspel
- Speletjiesarkade

BESIENSWAARDIGHEDE IN DIE OMGEWING

- Kleinplasie-opelugmuseum
- KWV-brandewynkelder
- Verskeie wynkelders in die omgewing soos Badsberg, Slanghoek, Du Toitskloof, Goudini en Opstal
- Aquila in Touwsrivier
- Mountain Mill-winkelsentrum met amper 100 winkels
- African Water Wanderers

FASILITEITE OP DIE OORD

ATKV-Goudini Spa beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon op die oord. Asook ‘n wassery, OTM, wegneemetes en ‘n drankwinkel.

Klik op die onderstaande oordplan vir ‘n groter weergawe.

Tariewe

Neem kennis dat die jaarlikse prysverhoging plaas vind op 1 Maart. Besprekings en beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons Sentrale besprekingskantoor by +27 (11) 919-9092 of die oord by +27 (23) 349-8100.

Goudini Spa tariewe effektief 1 Maart 2013

Tariewe vir ATKV-Lede Tariewe vir Nie-Lede

Besprekingsversoek


Neem asseblief kennis dat hierdie vorm slegs ‘n versoek is en nie ‘n definitiewe bespreking nie.

Titel

Voorletters

Van

ID-Nommer

Is u lid van die ATKV?

Lidnommer

Kontakbesonderhede

Adres

Dorp/Stad

Poskode

Epos

(geen spasies tussen die nommers nie)

Tel.no. Huis

Tel.no. Werk

Selfoonnommer

HUISVESTING

Watter tipe akkommodasie? (eerste keuse)

Aantal eenhede

Aantal persone

Watter tipe akkommodasie? (tweede keuse)

AANKOMS- EN VERTREKDATUMS (eeste keuse)

Datum van aankoms (DD/MM/JJ)

Datum van vertrek (DD/MM/JJ)

AANKOMS- EN VERTREKDATUMS (tweede keuse)

Datum van aankoms (DD/MM/JJ)

Datum van vertrek (DD/MM/JJ)

Spesiale versoeke

Om te verhoed dat ons ongewenste skrywe deur ons webwerf kry, het ons die onderstaande sekuriteit ingestel.
Vul die letters in die beeld, in die onderstaande teksveld in, voordat jy jou versoek stuur.
Indien jy enige probleem ondervind, stuur gerus ‘n e-pos aan webmeester@atkv.org.za.

Sekuriteit
Sekuriteit

Klik op die PDF ikoon  om die drukbare weergawe oop te maak. Indien u die besprekingsversoek wil e-pos, stuur dit aan goudini@atkv.org.za of faks na +27 (11) 919-0202.

NB: Adobe reader is nodig om die drukbarevorm oop te kan maak. Klik hier om die nuutste Adobe reader af te laai.

Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
Die dagbesoekersbeleid van die ATKV-oorde is slegs van toepassing op ATKV-lede!

Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman vir akkommodasie (let wel: slegs ATKV-lede mag as dagbesoekers die oord besoek). Suid-Afrika het verlede jaar sy tiende jaar van demokrasie gevier. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.

Die ATKV sien homself as aktiewe rolspeler in die bou van nuwe strukture vir die toekoms om sodoende onmisbaar deel te wees van ‘n inklusiewe Suid-Afrika wat aanvaarbaar is vir almal, ook vir sy lede.

Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit

- ‘n beperkte aantal dagbesoekers;
- stilte na 23:00;
- geen drank by die swembaddens;
- ‘n beleid van geen dronkenskap;
- erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek; en
- geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings getref het nie.

Hierdie beleid word toegepas om aan alle besoekers ‘n atmosfeer te bied waarbinne daar heerlik ontspan kan word. Dit word versterk deur aan elke besoeker die geleentheid te bied om die omgewing en dit wat as vermaak aangebied word te kan ervaar. Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.

Om te verseker dat die dagbesoekers aan die ATKV se oorde nie die inwonende gaste se pret bederf nie, moet daar vooraf met die oorde gereël word om as dagbesoekers toegelaat te word. Dit is veral belangrik tydens die skoolvakansies en oor langnaweke. Omdat die ontspanningsgeriewe veral oor langnaweke en die skoolvakansies in April en Desember druk besoek word, word slegs ‘n beperkte getal motors per dag per oord toegelaat. By ATKV-Klein-Kariba word 50 motors per dag toegelaat, by ATKV-Goudini Spa 30 en by ATKV-Buffelspoort ook 30. By ATKV-Natalia word geen ekstra besoekers oor genoemde tydperke toegelaat nie as gevolg van beperkte parkeerruimte op dié oord.

Alle besoekers word gelykwaardig behandel, maar slegs lede is geregtig op voorkeurbesprekings. ‘n Hooflid moet teenwoordig wees wanneer so ‘n bespreking gedoen en uitgevoer word. Besprekings geskied konsekwent en enige persoon wat nie die menswaardigheid van ander besoekers erken nie en beswaar teen hulle teenwoordigheid het, se geld sal teruggegee word met die versoek dat hy of sy die oord verlaat.

Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 18:00 besoek. Verskerpte maatreëls is ingestel om te verseker dat dagbesoekers hierby hou, tensy ander reëlings met die betrokke oord se bestuur getref is.

Klik hier vir die besoekersvoorwaardes.

Besprekingsvoorwaardes

Bepalings en voorwaardes vir aanlynbesprekings by die ATKV-oorde

1. Die besprekingsversoek is slegs ’n aansoek om huisvesting en is nie ’n amptelike bespreking nie. Die bespreking word eers bevestig sodra die oord die dokument van bevestiging vir die besprekingsversoek gestuur het.

2. Vyftig persent van die koste van die totale verblyfrekening (BTW ingesluit) is betaalbaar as deposito en moet voor of op die keerdatum betaal word om die bespreking te bevestig.

3. Deposito’s wat reeds betaal is, sal nie terugbetaal word indien die bespreking gekanselleer word nie. Geen geld word ook terugbetaal nie wanneer gaste die oord vroeër verlaat as wat bespreek is (sien kansellasiebeleid).

4. Betaling van deposito’s moet geskied voor of op die keerdatum wat op die besprekingsversoek van die oord af verskyn om besprekings te bekragtig.

5. Versuim om die deposito voor of op die keerdatum te betaal, sal daartoe lei dat die bespreking sonder vooraf kennisgewing gekanselleer word.

6. Alle uitstaande koste moet voor aankoms vereffen wees.

7. Alle veranderings aan die bespreking moet skriftelik geskied.

8. Debietkaarte sowel as Visa- en Master-kredietkaarte en elektroniese oorbetalings word aanvaar.

9. Slegs bankgewaarborgde tjeks word aanvaar.

10. Besprekings (BTW ingesluit @ 14%) is van toepassing.

11. Spesiale tariewe geniet aandag volgens aanvraag en indien moontlik.

12. Aankoms- en vertrektye:

Oord Aankomstyd Vertrektyd
ATKV-Buffelspoort 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Drakensville 14:00 10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Eiland Spa 14:00 10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Goudini Spa Ma. – Sa. 14:00
So. 16:00
10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Hartenbos 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Klein-Kariba 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Natalia 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)

 

13. Met aankoms vind registrasie plaas en die besoeker teken ’n vrywaringsvorm wat die oord vrywaar teen enige aanspreeklikheid indien ’n besoeker beserings opdoen of verliese ly. Die besoeker teken ook ’n vorm waarmee hy onderneem om die oord se reëls na te kom.

14. Alle versoeke vir die Desember/Januarie- en Maart/Aprilvakansie word op ’n waglys geplaas en plektoekennings geskied volgens die kriteria van die puntestelsel.

15. Geen troeteldiere word toegelaat nie – behalwe gidshonde vir blindes en swaksiendes.

16. Tariewe is onderhewig aan veranderings sonder vooraf kennisgewing.

17. Alle versoeke om huisvesting vir Desember/Januarie en Maart/April word op ‘n waglys geplaas. ‘n Afsnydatum vir versoeke oor hierdie tydperke sal duidelik gekommunikeer of aangedui word. ‘n Versoek om huisvesting word beperk tot slegs een eenheid of staanplek. Die toekenning van verblyf na aanleiding van u versoek geskied volgens die ATKV se puntestelsel. Indien u meer inligting oor die ATKV se puntestelsel verlang, klik asseblief op die skakel, Punte vir bespreking

18. Indien u oor Tjiengelieng beskik, sal dit slegs in berekening gebring word as u aansoek suksesvol is.

KANSELLASIEBELEID

Alle kansellasies moet die oord op skrif bereik.

1. Vir kansellasies langer as 30 dae voor die aankomsdatum word 25% van die aangevraagde deposito verbeur.

2. Vir kansellasies tussen 16 tot 29 dae voor die aankomsdatum word 50% van die aangevraagde deposito verbeur.

3. Vir kansellasies tussen 0 en 15 dae voor die aankomsdatum word 100% van die aangevraagde deposito verbeur.

4. In die geval van kansellasie weens sterfte (of ander aanvaarbare redes waaroor die betrokkene geen beheer het nie) word slegs administrasiegeld van R50 gehef wanneer stawende bewyse verskaf word.

Oorplasing van besprekings na ander ATKV-vakansieoorde

Indien huisvesting beskikbaar is en ’n bespreking van een ATKV-oord na ’n ander ATKV-oord oorgeplaas word, word 10% van die aangevraagde deposito verbeur met ’n minimum van R50.

Weggesteek tussen die skilderagtige berge van die groen Breederiviervallei lê Goudini Spa, een van die gewildste bestemmings vir vakansie en konferensies in die Wes-Kaap. Die rustige en vreedsame stilte van ons oord skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

’n Ervare, toegewyde span is daar om jou by te staan en toe te sien dat al die reëlings glad verloop. Jou unieke vereistes sal deurentyd in ag neem geneem word en ons sal seker maak dat daar aan jou verwagtinge voldoen word … en dit selfs oortref.

Ons bied moderne fasiliteite wat groepe van tot 800 kan huisves, ’n verskeidenheid akkommodasie, spyseniering uit die boonste rakke en ontspanningsaktiwiteite vir ’n ieder en ’n elk.

By ATKV-Goudini Spa maak ons dit ons besigheid om te verseker dat jou besigheid klopdisselboom vooruitgaan.

KONFERENSIE LOKALE EN FASILITEITE

LOKALE

ATKV-Goudini het nege konferensielokale van verskillende groottes sodat ons groepe van tot 800 afgevaardigdes kan akkommodeer. Alle lokale is lugversorg en toegerus met die beste in moderne konferensiegeriewe. Wegbreekkamers is ook beskikbaar. Ons kroonjuweel, die nuwe Slanghoek-konferensiesentrum, is nou oop vir vyfster-konferensies. Dié konferensiesentrum het sy eie restaurant met ’n asemrowende uitsig.

LOKAAL STYL KAPASITEIT
Boland U-vorm 80 persone
Dubbele U-vorm 116 persone
Raadsaal 86 persone
Klaskamer 350 persone
Teater 800 persone
Banket 400 persone
Goudini Banket 350 persone
Badsberg U-vorm 30 persone
Raadsaal 30 persone
Klaskamer 30 persone
Teater 80 persone
Heide U-vorm 10 persone
Raadsaal 12 persone
Teater 15 persone
Disa U-vorm 10 persone
Raadsaal 12 persone
Teater 15 persone
Hanepoot U-vorm 40 persone
Dubbele U-vorm 58 persone
Raadsaal 32 persone
Klaskamer 60 persone
Teater 100 persone
Barlinka U-vorm 30 persone
Dubbele U-vorm 48 persone
Raadsaal 30 persone
Klaskamer 50 persone
Teater 80 persone
Shiraz U-vorm 35 persone
Dubbele U-vorm 70 persone
Raadsaal 30 persone
Klaskamer 55 persone
Teater 90 persone
Slanghoek U-vorm 50 persone
Dubbele U-vorm 70 persone
Raadsaal 30 persone
Klaskamer 100 persone
Teater 100 persone
Banket 100 persone

 

FASILITEITE

Toerusting

- Televisieskerms
- Kopstuk-mikrofone
- Telefone
- DVD-spelers
- Skyfieprojektor
- Faksmasjien
- Truprojektors
- Klankstelsels
- Fotokopieerder
- Witborde
- Lapelmikrofone
- Dataprojektors/proksmas (R500 per dag)
- Blaaiborde
- Platskermtelevisies

Akkommodasie en etes

ATKV-Goudini Spa bied ’n groot verskeidenheid huisvesting en etes aan konferensiegangers. Alle eenhede word volledig gediens en word voorsien van handdoeke, seep en sjampoe. Elke konferensieganger ontvang ’n gasvryheidspak.

AKKOMMODASIE

RONDAWELS/BADSBERG EENHEDE
Enkel R600
Dubbel R320
Trippel R260
BOLAND WOONSTELLE
Enkel R1180.00
Dubbel R625.00
Trippel R460.00
Vyf R440.00
Ses R400.00
SLANGHOEK VILLAS
Enkel R1382
Dubbel R755
Trippel R585
Vier R540
Vyf R485
SPYSENIERING:
Ontbyt R105
Middag ete R140
Formele dinee R245
Aandete R190
Braai R200

Alle halaal maaltye is uitgekontrakteer op aanvraag. Vra asseblief vir pryse.

Konferensie pakkette bestaan uit venue huur en gratis Wi-Fi en gratis klank ingenieur! – R120pp

TARIEWE

Kontak gerus ons Konferensie Kantoor vir ‘n volledige kwotasie – 023 349 8100.


Persoonlike Inligting

Titel

Naam

Van

Oragnisasie naam

Kontakbesonderhede

E-posadres

Tel.nr. Huis

Tel.nr. Werk

Faks.nr.

Selfoonnommer

Akkommodasie

Aantal Konferensiegangers

Dui aan indien meer as 100

Akkommodasie benodig

Akkommodasie

Datum van aankoms




Vertrek datum





Spesiale versoeke

Sekuriteit
Sekuriteit

BESPREKINGSVOORWAARDES

- Pakkette soos in pakkettariewe en akkommodasietariewe genoem is slegs geldig vir midweek-buiteseisoenbesprekings indien die volle vasgestelde 24 uur-pakkette geneem word.
- Akkommodasiepryse is geldig ongeag watter eenhede bespreek word. Woonstelle en luukse eenhede word net uitgegee indien alle rondawels reeds bespreek is.
- Vir naweektariewe skakel gerus vir pryse op beskikbare eenhede.
- Deelakkommodasie bestaan normaalweg uit twee persone per eenheid, afhangend van beskikbaarheid. Groter groepe deel maksimaal met een persoon per dubbelbed.
- Konferensies kan bespreek word van Maandae tot Sondae. Let wel, besprekings sal afhang van beskikbaarheid van standaardeenhede.
- Geen konferensiebesprekings kan gemaak word tydens langnaweke of skoolvakansies nie.
- ’n Bespreking kan slegs gemaak word wanneer die geldige, getekende kontrak, asook die deposito op die genoemde datum ontvang word.
- Kansellasievoorwaardes geld vanaf die dag van bespreking.
- Voornemende konferensiegangers kan die oord vanaf Maandae tot Donderdae per afspraak besoek.
- Kommissie aan agente word slegs betaal indien die groep vanaf die eerste kwotasie direk deur die agentskap verwys is.
- Pryse oor naweke kan verander afhangende van beskikbaarheid van gekwoteerde eenhede en lokale.
- Die reg van toegang word voorbehou. ’n Persoon wat hom of haar na die oordeel van die Oordbestuurder of enigeen van sy personeellede wangedra, moet op versoek die terrein verlaat. Toegangsgelde is nie terugbetaal nie.

Skep blywende herinneringe in die Boland …

Beleef die tintelende betowering van ‘n Bolandse troue by ATKV-Goudini Spa, omring deur skouspelagtige berge en pragtige wingerde, met alles van weeldeverblyf tot watertandetes. Ons almal – personeel en diensverskaffers – is gereed om jul mooiste dag, van beplanning tot uitvoering, seepglad te laat verloop, met ‘n enkele doel voor oë: dat julle sal terugsit, ontspan en die begin van jul lewensreis saam geniet.

PAKKETTE

Klik op die prentjies vir ‘n groter weergawe

SPYSKAART

Louise van Tonder
Troue-organiseerder: ATKV-Goudini Spa

Tel.: +27 (23) 349-8105
Faks: +27 (23) 344-3158
E-pos: louisev@atkv.org.za

Goudini Spa kontakbesonderhede

Vir algemene navrae en besprekings

Posbus 47, Rawsonville, 6845
Tel: +27 (23) 349-8100
Faks: +27 (23) 344-3158
Sentrale besprekingskantoor: +27 (11) 919-9092
Faks: +27 (11) 919-0202
E-pos: goudini@atkv.org.za
Webwerf: www.goudinispa.co.za / www.atkvoorde.co.za

 

Kontak ATKV-Goudini Spa se konferensiesentrum by:

Konferensiekoördineerders:

Regan Daniels
Tel.: +27 (23) 349-8106/8124
Sel: 082 873 3473/082 873 4274
Faks: +27 (23) 344-3112
Epos: regand@atkv.org.za
Sandra Cupido
Tel.: +27 (23) 349-8161
Faks: +27 (23) 344-3112
Epos: sandrac@atkv.org.za

 

GPS-koördinate en roetekaart

33º40’06.98″ S / 19º15’48.06″ E

Kliek op die kaart vir ‘n vergrootte weergawe