Goudini Spa

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Goudini Spa Akkommodasie

Akkommodasie*

ATKV-Goudini Spa het ’n verskeidenheid selfsorg-akkommodasie vir elke sak en smaak. Elke eenheid is gemeubileer en volledig toegerus met DSTV.

Badsberg-eenhede

Een vyfbedeenheid met ’n driestergradering. Die hoofslaapkamer het ’n ingeboude dubbelbed en die tweede slaapkamer het drie ingeboude beddens. Oopplankombuis/leefarea. Badkamer met bad, wasbak en toilet. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek voor die eenheid. 
Tien vierbedeenhede met ’n tweestergradering. ’n Ingeboude dubbelbed met ’n oopplankombuis/leefarea bo. Twee ingeboude enkelbeddens en ’n tweeplaatstoof in die kombuis. ’n Volledige badkamer onder en nog ’n badkamer bo met ’n toilet, wasbak en stort. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek voor die eenhede.
Tien opgegradeerde vyfbedeenhede met ’n driestergradering. ’n Dubbelbed met ’n oopplankombuis/leefarea bo. Een enkelbed en een dubbele slaapbank en ’n tweeplaatstoof in die kombuis. ’n Volledige badkamer onder en nog ’n badkamer bo met ’n toilet, wasbak en stort. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek.
4-Bed Badsberg-eenhede
5-Bed Badsberg-eenhede (opgegradeer)
 

Boland-kompleks

Eenhede vir 6 tot 8 persone met driestergradering. Die eenhede van die Boland-kompleks is gebou in ’n sirkel met elke eenheid wat deur ’n tuinmuur geskei word. Al die eenhede kyk uit op ’n sentrale swembad met natuurlike bronwater.
Boland Huise

Goudini-woonstelle

7 eenhede vir 2 tot 6 persone.

Slanghoek-villas

Luukse eenhede met vierstergradering vir 6 persone. 22 eenhede is toegerus met ’n kaggel en onderdakbraai op die veranda. Elke slaapkamer het sy eie veranda.
Slanghoek Huise

Tulbach-woonstelle

Eenhede met tweestergradering vir 5 persone. Buite is daar ’n stoep en geplaveide area met privaat-braai.
Tulbach-woonstelle

Rondawels

101 eenhede met ’n tweestergradering en driestergradering:
Tweestergradering - Een slaapkamer met ’n ingeboude dubbelbed en ’n kombuis/leefarea met twee ingeboude enkelbeddens. Badkamer met stort, wasbak en toilet.
Driestergradering - Een slaapkamer met ’n dubbelbed en een slaapkamer met twee enkelbeddens. Die woonvertrek het ’n slaapbank vir ’n ekstra persoon. Die eenheid het lugverkoeling en lugverwarming in die leefarea met ’n onderdak braaiplek vir alle weersomstandighede.
4-Bed Rondawel (Opgegradeer)
5-Bed Rondawel (Opgegradeer)
Rondawels

Woonwa- en kampeerterrein

Ons woonwa- en kampeerterrein het ’n driestergradering van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad ontvang en bestaan uit 54 geplaveide staanplekke, elk met ’n 15 amp-kragpunt en privaat-braai. Goed-versorgde ablusiefasiliteite, opwasgeriewe en wassery.
Kampering

Tariewe

Klik hier vir ’n meer volledige beskrywing van die verskillende akkommodasie-opsies en -tariewe.

 

* Weens opgraderings wat in die laaste jaar op verskeie akkommodasie-eenhede aangebring is, mag dit wees dat die beskrywings en foto’s van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaarte sowel as die foto’s en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir u geduld in die verband. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n akkommodasie-eenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is u welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor op 011 919 9092.