Klein-Kariba

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Klein-Kariba - Akkommodasie

Akkommodasie*

ATKV-Klein-Kariba se gaste kan uit ’n verskeidenheid akkommodasie naamlik woonstelle, berghuise, houthuise, tenthuise, kamers, ’n jeugherberg, asook woonwa- en kampeerfasiliteite kies.
Ons selfsorgeenhede is ten volle gemeubileer en toegerus. Alle eenhede het beperkte DSTV, asook privaat-braaifasiliteite en -parkering.

Houthuise
(20 eenhede)

Die 6-bedeenhede is losstaande selfsorgeenhede bestaande uit ’n hoofslaapkamer met ’n dubbelbed en ’n kamer met twee enkelbeddens. Die houthuise by die dam het ’n dubbelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) in die woonvertrek. Die houthuise in die kloof het twee enkelslaapbanke in die woonvertrek. Daar is ook ’n badkamer en ’n oopplankombuis met ’n stoof met ’n oond. Hierdie eenhede is ten volle toegerus vir ses persone. Die houthuise by die dam (no. 1 – 10) se badkamers het ’n bad en die houthuise in die kloof (no. 11 – 20) het storte. Beide eenheidstipes het lugverkoeling.
Houthuis foto's

Berghuise
(2-ster - 33 eenhede)

Die losstaande selfsorgeenhede met ses beddens het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer is toegerus met twee enkelbeddens of ’n dubbelbed. Die oopplankombuis/woonvertrek het twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) en die badkamer het ’n bad of ’n stort. Hierdie eenhede beskik oor ’n tweeplaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie en is ten volle toegerus vir ses persone. Die eenhede het
lugverkoeling in die woonvertrek.
Berghuis foto's

Berghuise
(3-ster - 17 eenhede)

Die losstaande selfsorgeenhede met ses beddens het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer is toegerus met twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek het ’n dubbelslaapbank of twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) en die badkamer het ’n stort. Hierdie eenhede beskik oor ’n tweeplaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie en is ten volle toegerus vir ses persone. Die eenhede het
lugverkoeling in die woonvertrek en in die hoofslaapkamer.

A 5-bed Woonstel
(10 eenhede)

Die dupleks 5-bedeenhede se boonste verdieping beskik oor twee privaat slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer het twee enkelbeddens. Die oopplankombuis/woonvertrek met ’n enkelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) waarop ’n vyfde persoon kan slaap, is op die grondverdieping. Die eenhede het ’n tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir vyf persone. Hierdie eenhede het nie lugverkoeling nie.
Woonstel foto's

A 4-bed Woonstel
(8 eenhede)

Die 4-bed woonstelle is geleë op die grondvloer van ʼn duplekswoonstelgebou. Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis-woonvertrek is twee enkelslaapbanke (geskik vir tot en met 18-jariges). Dit beskik oor ʼn tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer is toegerus met ʼn stort. Die grondvloerwoonstelle het ʼn stoepie met ʼn braaiplek.  Die eenheid het nie lugverkoeling nie.  Een woonstel het 'n bad in die badkamer.

B 5-bed Woonstel
(18 eenhede)

Die dupleks-5-bed woonstelle het ʼn slaapkamer en badkamer met ʼn stort op die boonste verdieping, asook ʼn oopplanslaapkamer waarin twee enkelbeddens geleë is. Die oopplankombuis-woonvertrek is op die grondvloer geleë met onderskeidelik ʼn dubbelslaapbank (geskik vir tot en met 18-jariges) of een enkel slaapbank (geskik vir tot en met 18-jariges). Die eenheid is ten volle toegerus vir vyf persone en beskik oor ʼn tweeplaatstofie/oond-kombinasie. Elke
eenheid het ʼn stoepie met braaiplek. Die eenheid het nie lugverkoeling nie.

B 4-bed Woonstel
(12 eenhede)

Die 4-bed woonstelle is geleë op die grond- of eerste verdieping van die duplekswoonstelgebou. Die hoofslaapkamer met dubbelbed het ʼn en suite-badkamer met ʼn stort. In die oopplankombuis-woonvertrek is ʼn dubbelslaapbank (geskik vir tot en met 18-jariges) of twee enkel slaapbanke. Die eenheid beskik oor ʼn tweeplaatstofie-oond-kombinasie en is ten volle toegerus vir vier persone. Die eenheid het nie ‘n stoepie nie en die braaigeriewe word gedeel tussen die twee opvolgende woonstelle op die grond- en eerste verdieping.  Die eenheid het nie lugverkoeling nie.  Twee van die eerste verdieping woonstelle het 'n bad in die badkamer.

C 4-bed Woonstel
(10 eenhede)

Die dupleks 4-bedeenhede se boonste verdieping het twee privaat slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer het twee enkelbeddens. Twee van die 4-bedwoonstelle se hoofslaapkamers het ’n dubbelbed en die ander kamer het ’n stapelbed vir twee persone. Op die grondverdieping is ’n oopplankombuis/woonvertrek. Die eenhede beskik oor ’n tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir
vier persone. Die eenhede beskik oor lugverkoeling en elke eenheid het ’n stoepie met ’n braaiplek.

Tenthuise
(20 eenhede)

Dié unieke eenhede gee ’n vrye kampgevoel, maar met die luuksheid van ’n ten volle toegeruste eenheid vir vier persone. Die safaritenthuis staan op ’n netjiese betonblad. Die oopplantenthuis bestaan uit een woon/slaapvertrek met ’n dubbelbed en ’n stapelbed. Die badkamer met ’n stort, asook die kombuisie is aangebou en toegerus met ’n tweeplaatstofie/oondkombinasie. Die tenthuise het ’n verwarmer en televisie.
Tenthuise foto's

Vishoekhuisies
(10 eenhede)

Die losstaande eenhede bestaan uit een 4-bed-, een 6-bed- en agt 8-bedhuise. Die 8-bedselfsorghuise het drie slaapkamers. In die hoofslaapkamer is ’n dubbelbed met twee enkelbeddens in een kamer. Die derde kamer het twee stapelbeddens vir vier persone. Drie van die 8-bedhuise se hoofslaapkamers is toegerus met ’n dubbelbed en die ander twee kamers met stapelbeddens vir onderskeidelik twee en vier persone. Die 6-bedhuise het twee
slaapkamers. Die 4-bedhuise het ’n dubbelbed in die slaapkamer en twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) in die oopplankombuis/woonvertrek. Die kombuis het ’n stoof met ’n oond en die huise is ten volle toegerus vir onderskeidelik agt, ses en vier persone. Die Vishoekhuise se badkamers het storte en almal het lugverkoeling.
Vishoek foto's

Kamers
(11 eenhede)

Die kamers is langs die restaurant en ideaal vir oornaggaste wat hulle etes in die restaurant geniet. Die kamers het ’n dubbelbed en is toegerus met linne en handdoeke vir twee persone. Die en suite-badkamer het ’n stort. Die kamers beskik ook oor ’n klein yskassie, ’n ketel met koppies en glase. Die eenhede het nie kook- of braaifasiliteite nie. Een van die kamers het ’n hoekbad in die badkamer.
Kamers (2 persone) foto's

Kampeerarea
(73 staanplekke)

Dié 3-ster geplaveide kampeerarea beskik oor twee groot ablusieblokke met opwasareas. Die staanplekke het elk `n eie braaifasiliteit en is stapafstand van al die ontspanningsfasiliteite op die oord.
Kampering foto's
 

Tekkiekamp/Jeugtente
(9 eenhede)

Hierdie tenthuiskompleks bestaan uit onderskeidelik vier en vyf tente wat elk 12 persone kan huisves. Die kompleks het sy eie aparte ablusieblok. Beddegoed word verskaf vir die stapelbeddens. Daar is skottelgoedwasgeriewe en een braaidrom per tent. U moet u eie kombuisware, eetgerei en handdoeke saambring soos vir ’n kampvakansie.

Diamant Suite
(1 eenheid)

Dié losstaande eenheid bestaan uit ’n kamer met ’n dubbelbed en is toegerus met linne en handdoeke vir twee persone. Die en-suite badkamerhet ’n bad en stort. Die kombuis beskik oor ’n stoof met ’n oond en is ten volle toegerus vir twee persone. Die eenheid het ’n kuierarea met DStv, ’n braaiplek buite, ’n borrelbad en ’n buitelugstort. Die eenheid beskik oor lugverkoeling met onderdakparkering vir een voertuig. Addisioneel kan u vra vir volle spyseniering in
die gerief van u eenheid.

* Alle slaapbanke is geskik vir jong mense tot 18 jaar oud

 

Tariewe

Klik hier vir ’n meer volledige beskrywing van die verskillende akkommodasie-opsies en -tariewe.

 

* Weens opgraderings wat in die laaste jaar op verskeie akkommodasie-eenhede aangebring is, mag dit wees dat die beskrywings en foto’s van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaarte sowel as die foto’s en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir u geduld in die verband. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n akkommodasie-eenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is u welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor op 011 919 9092.