Natalia

Hartenbos Seefront

Klein-Kariba herontwikkeling

Natalia - Akkommodasie

Akkommodasie*

Akkommodasie by ATKV -Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorg-woonstelle in verskillende groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite.

Woonstelle

Al die selfsorg-woonstelle is volledig toegerus met ’n DSTV. Gaste moet wel hul eie swemhanddoeke , skoonmaakmiddels en afdroogvadoeke bring.
Eenhede vir 2 tot 6 persone met en sonder see-aansig en met en sonder balkonne. Badkamers beskik oor storte en/of baddens.
Grondeenhede het ’n stoepie na buite met tafel en stoele.
8 eenhede het ’n balkon, braaigeriewe en see-aansig.
2-Bed (nie see-aansig)
4-Bed
6-Bed (see-aansig) - balkon met braai
5-Bed (nie see-aansig) - 2 slaapkamers
6-Bed (see-aansig)

Woonwa- En Kampeerarea

Alle staanplekke het kragpunte (Fredlin Caravan Plugs), krane, asblikke en 'n DSTV punt. Daar is twee ablusieblokke met opwas geriewe, een bo en een onder, vir die gesamentlike gebruik van die kampeerders.
Kampering

Tariewe

Klik hier vir ’n meer volledige beskrywing van die verskillende akkommodasie-opsies en -tariewe.

 

* Weens opgraderings wat in die laaste jaar op verskeie akkommodasie-eenhede aangebring is, mag dit wees dat die beskrywings en foto’s van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaarte sowel as die foto’s en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir u geduld in die verband. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n akkommodasie-eenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is u welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor op 011 919 9092.