Jy is hier: Tuisblad » Natalia
MEER OOR NATALIA
Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water … ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.
Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorg-woonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite. Benewens al die ontspanningsfasiliteite op die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing.
Met moderne fasiliteite vir 400 mense kan ATKV-Natalia konferensies en selfs skoolgroepe huisves.
Semifinalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie vir woonwa- en kampeerplekke.
Akkommodasie by ATKV -Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorg-woonstelle in verskillende groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite.
NATALIA AKKOMMODASIE OPSIES
Al die selfsorg-woonstelle is volledig toegerus met ’n DSTV. Gaste moet wel hul eie swemhanddoeke , toiletbenodigdhede, skoonmaakmiddels en afdroogvadoeke bring.
WOONSTELLE
8 eenhede vir 2 persone sonder see-aansig: 1 vertrek wat dien as slaap/eet/kombuisvertrek met twee enkelbeddens. Badkamer met ’n stort.
1 eenheid vir 3 persone met balkon sonder see-aansig en 3 eenhede vir 3 persone sonder balkon en sonder see-aansig: 1 slaapkamer met dubbelbed en boksbed in kombuis-/leefarea. Badkamer met bad en stort.
4 eenheid vir 3 persone met see-aansig: 1 slaapkamer met dubbelbed en enkelbed in kombuis-/leefarea. Badkamer met ’n stort oor die bad.
12 eenhede vir 4 persone met see-aansig: 1 kamer met dubbelbed en stapelbed in kombuis-/leefarea. Badkamer met bad en stort.
4 eenhede vir 4 persone sonder see-aansig, 1 met ‘n balkon sonder see-aansig: 1 kamer met dubbelbed en stapelbed in kombuis-/leefarea. Badkamer met bad en stort.
4 eenhede vir 5 persone, 1 met ‘n balkon sonder see-aansig: 1 slaapkamer met dubbelbed en 1 stapelbed, asook ’n enkel-sit/slaapbank in kombuis-/leefarea. Badkamer met bad en stort.
4 eenhede vir 5 persone sonder see-aansig, een met balkon: 2 slaapkamers, 1 met ‘n dubbelbed, 1 kamer met 2 enkelbeddens en ’n enkel-sit/slaapbank in leef-kombuisarea. Badkamer met bad en stort.
11 grondeenhede vir 6 persone sonder see-aansig: 1 kamer met dubbelbed en 2 stapelbeddens in kombuis-/leef-area. Badkamer met bad en/of stort. Stoepie na buite met tafel en stoele. 4 Eenhede is rolstoel vriendelik, vra gerus vir hierdie woonstelle.
44 eenhede vir 6 persone met see-aansig: 1 kamer met dubbelbed en 2 stapelbeddens in kombuis-/leef-area. Badkamer met bad en/of stort.
8 eenhede vir 6 persone met balkon, braaigeriewe en see-aansig: 1 slaapkamer met dubbelbed en stapelbed en dubbel-sit/slaapbank in kombuis-/leefarea. Badkamer met bad en stort.
WOONWA- EN KAMPEERAREA
Die onderste staanplekke het nie ’n see-aansig nie, maar is meer boomryk en beskut. Alle staanplekke het kragpunte, DSTV, maar geen braaiers nie. Gaste is welkom om hul eie braai saam te bring. Alle kampeerblokke het hul eie ablusie- en opwasgeriewe.
Staanplekke op die boonste terras het ’n see-aansig, maar is nie so boomryk nie. Almal het kragpunte, DSTV, maar geen braaiers nie. Gaste is welkom om hul eie braai saam te bring. Alle kampeerblokke het hul eie ablusie- en opwasgeriewe.
NATALIA TARIEWE
Klik op die skakel hieronder vir ’n meer volledige beskrywing van die verskillende akkommodasie-opsies en tariewe.
|
Natalia tariewe effektief 1 Maart 2013 |
|
![]() |
![]() |
| Tariewe vir ATKV-Lede | Tariewe vir Nie-Lede |
AKTIWITEITE EN FASILITEITE
ATKV-Natalia Strandoord bied ure se aksie, ontspanning en pret vir die hele gesin.
ONTSPANNINGSAKTIWITEITE EN -FASILITEITE OP DIE OORD
- Privaat-strand met haainette en lewensredders
- Verhitte buite-swembad
- Mini-gholf
- Wipmatte
- Snoeker, potspel en speletjiesarkade
- Visvang
BESIENSWAARDIGHEDE EN ONTSPANNINGSAKTIWITEITE IN DIE OMGEWING
- Katamaran-vaart
- Dolfynkyk- en seiljag-ritte
- Perderitte op die strand
- uShaka Marine World
FASILITEITE OP DIE OORD
’n Koffiewinkel, geriefwinkel, OTM, ’n gemeenskaplike lapa-area en braaifasiliteite.
Tariewe
Neem kennis dat die jaarlikse prysverhoging plaas vind op 1 Maart. Besprekings en beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons Sentrale besprekingskantoor by +27 (11) 919-9092 of die oord by +27 (31) 916-4545.
|
Natalia tariewe effektief 1 Maart 2013 |
|
![]() |
![]() |
| Tariewe vir ATKV-Lede | Tariewe vir Nie-Lede |
Klik op die PDF ikoon om die drukbare weergawe oop te maak. Indien u die besprekingsversoek wil e-pos, stuur dit aan natalia@atkv.org.za of faks na +27 (11) 919-0258.
NB: Adobe reader is nodig om die drukbarevorm oop te kan maak. Klik hier om die nuutste Adobe reader af te laai.
Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
Die dagbesoekersbeleid van die ATKV-oorde is slegs van toepassing op ATKV-lede!
Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman vir akkommodasie (let wel: slegs ATKV-lede mag as dagbesoekers die oord besoek). Suid-Afrika het verlede jaar sy agtiende jaar van demokrasie gevier. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.
Die ATKV sien homself as aktiewe rolspeler in die bou van nuwe strukture vir die toekoms om sodoende onmisbaar deel te wees van ‘n inklusiewe Suid-Afrika wat aanvaarbaar is vir almal, ook vir sy lede.
Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:
- ‘n beperkte aantal dagbesoekers;
- stilte na 23:00;
- geen drank by die swembaddens;
- ‘n beleid van geen dronkenskap;
- erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek; en
- geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings getref het nie.
Hierdie beleid word toegepas om aan alle besoekers ‘n atmosfeer te bied waarbinne daar heerlik ontspan kan word. Dit word versterk deur aan elke besoeker die geleentheid te bied om die omgewing en dit wat as vermaak aangebied word te kan ervaar. Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.
Om te verseker dat die dagbesoekers aan die ATKV se oorde nie die inwonende gaste se pret bederf nie, moet daar vooraf met die oorde gereël word om as dagbesoekers toegelaat te word. Dit is veral belangrik tydens die skoolvakansies en oor langnaweke. Omdat die ontspanningsgeriewe veral oor langnaweke en die skoolvakansies in April en Desember druk besoek word, word slegs ‘n beperkte getal motors per dag per oord toegelaat. By ATKV-Klein-Kariba word 50 motors per dag toegelaat, by ATKV-Goudini Spa 30 en by ATKV-Buffelspoort ook 30. By ATKV-Natalia word geen ekstra besoekers oor genoemde tydperke toegelaat nie as gevolg van beperkte parkeerruimte op dié oord.
Alle besoekers word gelykwaardig behandel, maar slegs lede is geregtig op voorkeurbesprekings. ‘n Hooflid moet teenwoordig wees wanneer so ‘n bespreking gedoen en uitgevoer word. Besprekings geskied konsekwent en enige persoon wat nie die menswaardigheid van ander besoekers erken nie en beswaar teen hulle teenwoordigheid het, se geld sal teruggegee word met die versoek dat hy of sy die oord verlaat.
Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek. Verskerpte maatreëls is ingestel om te verseker dat dagbesoekers hierby hou, tensy ander reëlings met die betrokke oord se bestuur getref is.
Klik hier die besoekersvoorwaardes.
Besprekingsvoorwaardes
Bepalings en voorwaardes vir aanlynbesprekings by die ATKV-oorde
1. Die besprekingsversoek is slegs ’n aansoek om huisvesting en is nie ’n amptelike bespreking nie. Die bespreking word eers bevestig sodra die oord die dokument van bevestiging vir die besprekingsversoek gestuur het.
2. Vyftig persent van die koste van die totale verblyfrekening (BTW ingesluit) is betaalbaar as deposito en moet voor of op die keerdatum betaal word om die bespreking te bevestig.
3. Deposito’s wat reeds betaal is, sal nie terugbetaal word indien die bespreking gekanselleer word nie. Geen geld word ook terugbetaal nie wanneer gaste die oord vroeër verlaat as wat bespreek is (sien kansellasiebeleid).
4. Betaling van deposito’s moet geskied voor of op die keerdatum wat op die besprekingsversoek van die oord af verskyn om besprekings te bekragtig.
5. Versuim om die deposito voor of op die keerdatum te betaal, sal daartoe lei dat die bespreking sonder vooraf kennisgewing gekanselleer word.
6. Alle uitstaande koste moet voor aankoms vereffen wees.
7. Alle veranderings aan die bespreking moet skriftelik geskied.
8. Debietkaarte sowel as Visa- en Master-kredietkaarte en elektroniese oorbetalings word aanvaar.
9. Slegs bankgewaarborgde tjeks word aanvaar.
10. Besprekings (BTW ingesluit @ 14%) is van toepassing.
11. Spesiale tariewe geniet aandag volgens aanvraag en indien moontlik.
12. Aankoms- en vertrektye:
| Oord | Aankomstyd | Vertrektyd | |
| ATKV-Buffelspoort | 14:00 | 09:00 | (12:00 buite seisoen) |
| ATKV-Drakensville | 14:00 | 10:00 | (12:00 buite seisoen) |
| ATKV-Eiland Spa | 14:00 | 10:00 | (12:00 buite seisoen) |
| ATKV-Goudini Spa | Ma. – Sa. 14:00 So. 16:00 |
10:00 | (12:00 buite seisoen) |
| ATKV-Hartenbos | 14:00 | 09:00 | (12:00 buite seisoen) |
| ATKV-Klein-Kariba | 14:00 | 09:00 | (12:00 buite seisoen) |
| ATKV-Natalia | 14:00 | 09:00 | (12:00 buite seisoen) |
13. Met aankoms vind registrasie plaas en die besoeker teken ’n vrywaringsvorm wat die oord vrywaar teen enige aanspreeklikheid indien ’n besoeker beserings opdoen of verliese ly. Die besoeker teken ook ’n vorm waarmee hy onderneem om die oord se reëls na te kom.
14. Geen troeteldiere word toegelaat nie – behalwe gidshonde vir blindes en swaksiendes.
15. Tariewe is onderhewig aan veranderings sonder vooraf kennisgewing.
16. Indien u oor Tjiengelieng beskik, sal dit slegs in berekening gebring word as u aansoek suksesvol is.
KANSELLASIEBELEID
Alle kansellasies moet die oord op skrif bereik.
1. Vir kansellasies langer as 30 dae voor die aankomsdatum word 25% van die aangevraagde deposito verbeur.
2. Vir kansellasies tussen 16 tot 29 dae voor die aankomsdatum word 50% van die aangevraagde deposito verbeur.
3. Vir kansellasies tussen 0 en 15 dae voor die aankomsdatum word 100% van die aangevraagde deposito verbeur.
4. In die geval van kansellasie weens sterfte (of ander aanvaarbare redes waaroor die betrokkene geen beheer het nie) word slegs administrasiegeld van R50 gehef wanneer stawende bewyse verskaf word.
Oorplasing van besprekings na ander ATKV-vakansieoorde
Indien huisvesting beskikbaar is en ’n bespreking van een ATKV-oord na ’n ander ATKV-oord oorgeplaas word, word 10% van die aangevraagde deposito verbeur met ’n minimum van R50.
MEER OOR NATALIA KONFERENSIES
Die stilte en rustige atmosfeer van ATKV-Natalia skep die perfekte agtergrond vir suksesvolle konferensies en spiekeries spanbouprogramme.
Ons bied moderne fasiliteite wat groepe van tot 400 kan hanteer, akkommodasie uit die boonste rakke en spyseniering van die hoogste gehalte.
Met ’n ervare konferensiespan wat sorg dat al die reëlings glad verloop en daar aan al jou behoeftes voldoen word, kan jy al jou aandag toespits op kreatiewe en vernuwende denke.
By ATKV-Natalia is dit ons besigheid om te verseker dat jou besigheid vooruitgaan.
KONFERENSIE LOKALE EN FASILITEITE
KONFERENSIE LOKALE
ATKV-Natalia het die volgende lokale met en sonder klank.
| LOKAAL | STYL | KAPASITEIT |
| Groot saal met verhoog area | U-vorm | 150 persone |
| Klaskamerstyl | 300 persone | |
| Teaterstyl | 400 persone | |
| Banketstyl | 200 persone | |
| Konferensie onder | U-vorm | 25 persone |
| Klaskamerstyl | 30 persone | |
| Teaterstyl | 60 persone |
KOMBUIS EN LAPAS
Ons kombuis is toegerus vir 60-200 mense. Die groot lapa kan 150 persone akkommodeer en die kleiner lapa 30 persone.
KONFERENSIE FASILITEITE
Toerusting
Die volgende toerusting kan as deel van die konferensiefooi beskikbaar gestel word:
- Blaaibord
- Multimediaprojektor
- Kopieermasjien
- Sekretariële dienste op aanvraag
Akkommodasie en etes
ATKV-Natalia Strandoord bied ’n verskeidenheid akkommodasie en etes vir konferensiegangers. Alle eenhede word volledig gediens en word voorsien van handdoeke, seep en sjampoe. Elke konferensieganger ontvang ’n gasvryheidspak.
Akkommodasie
Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ‘n keuse van ruim, gesellige selfsorg-woonstelle in verskeie groottes en ‘n boomryke woonwapark met spogfasiliteite.
ATKV-Natalia se smaakvol gemeubileerde woonstelle het ‘n see-aansig. Behalwe kos en klere, het ons woonstelle álles!
Die volgende woonstelle is beskikbaar:
- 8 x een-man woonstelle sonder see-aansig.
- 4 x 3-bed woonstelle, een met balkon, sonder see-aansig.
- 4 x 3-bed woonstelle, met see-aansig
- 4 x 4-bed woonstelle, een met balkon, sonder see-aansig
- 12 x 4-bed woonstelle, met see-aansig
- 4 x 5-bed woonstelle, een met balkon, sonder see-aansig
- 4 x 5-bed woonstelle, twee slaapkamers, een met balkon, sonder see-aansig
- 8 x 6-bed woonstelle, ses met balkon en braai-area, met see-aansig.
- 11 x 6-bed woonstelle op grondvloer. (4 Rolstoel vriendelik).
- 44 x 6-bed woonstelle, met see-aansig.
Spyskaart
ONTBYT – R65 per persoon
Keuse van twee vrugtesappe, keuse van twee graankosse/pap, vleis bv. gebraaide spek, vleis bv. boerewors, eiers (roereier/gebak/gekook), muffins, tamatieskyfies, broodrolletjies en smere, vrugtebord, koffie en tee.
NOENONTBYT – R72 per persoon
Keuse van twee vrugtesappe, muesli en “All Bran” vlokkies, gebraaide spek, wors, gegeurde roereier, tamatie, uiesmoor met sampioene, muffins, broodrolletjies met smere, vrugtebord, koffie en tee.
* Groepe van 25 of meer, word slegs roereier bedien.
MIDDAGETE – R67 per persoon
Broodrolletjies en botter, rys, vleisgereg bv. lasagne, een soort groente, een soort slaai, keuse van twee vrugtesappe, koffie en tee.
AANDETE – R95 per persoon
Keuse van twee vrugtesappe, broodrolletjies en botter, rys, 2 xvleisgeregte, een slaai, twee groente, nagereg, koffie en tee.
BRAAI – R110 per persoon
Broodrolletjies en botter, tjop, wors en sosatie, pap-en-sous/paptert, twee slaaie, nagereg, vrugtesap
Hoewel die oord nie oor ‘n gesertifiseerde halaal-kombuis beskik nie, word daar wel afsonderlik voorsiening gemaak vir die wat halaal-etes verkies.
SKOOLSPYSKAART
ONTBYT – R35 per persoon
Vrugtesap, pap of ontbytvlokkies, broodrolletjies en botter, eiers (roereier/gebak/gekook), vleis bv. gebraaide spek/maalvleis/wors, tamatieskyfies.
* Groepe van 25 of meer, word slegs roereiers bedien.
LIGTE MIDDAGETE – R40 per persoon
Vrugtesap, hamburger of worsrolletjie of hoenderburger, bros aartappelskyfies, een slaai.
AANDETE – R55 per persoon
Vrugtesap, rys of broodrolletjie, vleisgereg, bv. lasagne, hoenderpastei, een groente, een slaai, nagereg.
KOSPAKKIE 1 – R20 per persoon
Een vrug, toebroodjie of kouevleisrolletjie of weense worsrolletjie, vrugtesap of vrugte-yssakkie.
KOSPAKKIE 2 – R35 per persoon
Een vrug, twee rolletjies of twee kouevleisrolletjies of twee weense worsrolletjies, vrugtesap of vrugte-yssakkie.
TARIEWE
Vir volledige tariewe kontak Lizette Badenhorst by +27 (31) 916-4545 of lizetteb@atkv.org.za.
Dagkonferensie pakkette vanaf R195 per persoon
24 uur Konferensie pakket vanaf R795 per persoon (2 persone wat deel alles ingesluit)
Besprekingsvoorwaardes
| - | Pakkette soos in pakkettariewe en akkommodasietariewe genoem is slegs geldig vir midweek-buiteseisoenbesprekings indien die volle vasgestelde 24 uur-pakkette geneem word. |
| - | Akkommodasiepryse is geldig ongeag watter eenhede bespreek word. |
| - | Vir naweektariewe skakel gerus vir pryse op beskikbare eenhede. |
| - | Deelakkommodasie bestaan normaalweg uit twee persone per eenheid, afhangend van beskikbaarheid. Groter groepe deel maksimaal met een persoon per dubbelbed. |
| - | Konferensies kan bespreek word van Maandae tot Sondae. Let wel, besprekings sal afhang van beskikbaarheid van standaardeenhede. |
| - | Geen konferensiebesprekings kan gemaak word tydens langnaweke of skoolvakansies nie. |
| - | ’n Bespreking kan slegs gemaak word wanneer die geldige, getekende kontrak, asook die deposito op die genoemde datum ontvang word. |
| - | Kansellasievoorwaardes geld vanaf die dag van bespreking. |
| - | Voornemende konferensiegangers kan die oord vanaf Maandae tot Donderdae per afspraak besoek. |
| - | Kommissie aan agente word slegs betaal indien die groep vanaf die eerste kwotasie direk deur die agentskap verwys is. |
| - | Konferensiepryse en spyskaarte soos genoem op die webwerf is nie kommissiedraend nie. Meld asseblief indien u ’n agent is. |
| - | Pryse oor naweke kan verander afhangende van beskikbaarheid van gekwoteerde eenhede en lokale. |
| - | Die reg van toegang word voorbehou. ’n Persoon wat hom of haar na die oordeel van die Oordbestuurder of enigeen van sy personeellede wangedra, moet op versoek die terrein verlaat. Toegangsgelde is nie terugbetaal nie. |
Vir algemene navrae en besprekings
Posbus 11, Winkelspruit, 4145
Tel: +27 (31) 916-4545
Faks: +27 (31) 916-2212
Sentrale besprekingskantoor: +27 (11) 919-9092
Faks: +27 (11) 919-0258
E-pos: natalia@atkv.org.za
Webwerf: www.natalia.co.za / www.atkvoorde.co.za
Kontak ATKV-Natalia se konferensiesentrum by:
Konferensiekoördineerder
Lizette Badenhorst
Tel.: +27 (31) 916-4545
Faks: +27 (31) 916-2212
Epos: lizetteb@atkv.org.za
GPS-koördinate en roetekaart
30º07ˊ11.89″ S / 30º50ˊ48.12″ E
Kliek op die kaart vir ‘n vergrootte weergawe
Aanwysings:
Vanaf Pietermaritzburg: Volg N3 na Durban, volg dan N2 Suidkus en net na Amanzimtoti neem die volgende afrit – R133 Winkelspruit, Illovo Beach, Karridene. Draa links by die t-aansluiting en weer regs by die volgende verkeerslig. Draai regs by KFC en volg die kronkelpad tot by ATKV-Natalia. Volg die ATKV-Natalia padtekens net na die afrit.