Bepalings en Voorwaardes

Bepalings en voorwaardes vir aanlynbesprekings by die ATKV-oorde

  1. Die besprekingsversoek is slegs ’n aansoek om huisvesting en is nie ’n amptelike bespreking nie. Die bespreking word eers bevestig sodra die oord die dokument van bevestiging vir die besprekingsversoek gestuur het.
  2. Vyftig persent van die koste van die totale verblyfrekening (BTW ingesluit) is betaalbaar as deposito en moet voor of op die keerdatum betaal word om die bespreking te bevestig.
  3. Deposito’s wat reeds betaal is, sal nie terugbetaal word indien die bespreking gekanselleer word nie. Geen geld word ook terugbetaal nie wanneer gaste die oord vroeër verlaat as wat bespreek is (sien kansellasiebeleid).
  4. Betaling van deposito’s moet geskied voor of op die keerdatum wat op die besprekingsversoek van die oord af verskyn om besprekings te bekragtig.
  5. Versuim om die deposito voor of op die keerdatum te betaal, sal daartoe lei dat die bespreking sonder vooraf kennisgewing gekanselleer word.
  6. Alle uitstaande koste moet voor aankoms vereffen wees.
  7. Alle veranderings aan die bespreking moet skriftelik geskied.
  8. Debietkaarte sowel as Visa- en Master-kredietkaarte en elektroniese oorbetalings word aanvaar.
  9. Slegs bankgewaarborgde tjeks word aanvaar.
  10. Besprekings (BTW ingesluit @ 14%) is van toepassing.
  11. Spesiale tariewe geniet aandag volgens aanvraag en indien moontlik.
  12. Aankoms- en vertrektye:
    Oord Aankomstyd Vertrektyd
    ATKV-Buffelspoort 14:00 10:00 vir wooneenhede & 12:00 vir kampering
    ATKV-Drakensville 14:00 10:00 (12:00 buite seisoen)
    ATKV-Eiland Spa 14:00 10:00
    ATKV-Goudini Spa 14:00 09:00
    ATKV-Hartenbos 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
    ATKV-Klein-Kariba 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
    ATKV-Natalia 14:00 09:00
  13. Met aankoms vind registrasie plaas en die besoeker teken ’n vrywaringsvorm wat die oord vrywaar teen enige aanspreeklikheid indien ’n besoeker beserings opdoen of verliese ly. Die besoeker teken ook ’n vorm waarmee hy onderneem om die oord se reëls na te kom.
  14. Geen troeteldiere word toegelaat nie – behalwe gidshonde vir blindes en swaksiendes.
  15. Tariewe is onderhewig aan veranderings sonder vooraf kennisgewing.
  16. Geen minimum aantal dae geld vir besprekings ten opsigte van die Maart/April-skoolvakansie by enige ATKV-oord vir beide huisvesting en kampering nie. Indien Paasnaweek egter binne hierdie skoolvakansie val, geld die langnaweekreël dat besprekings vir die hele Paasnaweek gedoen moet word. Besprekings ten opsigte van die Junie/Julie-skoolvakansie by ATKV-Eiland Spa kan vir minimum 5 dae gedoen word vir huisvesting en minimum 10 dae vir kampering. Besprekings vir maandpakette ten opsigte van die Junie/Julie-skoolvakansie by ATKV-Eiland Spa moet vir ʼn minimum van twee maande gedoen word en is slegs geldig vir twee persone per bespreking. Besoekers tydens die bespreking betaal die normale tariewe vir ATKV-lede of ATKV-nielede, soos van toepassing. Besprekings ten opsigte van die Desember/Januarie-skoolvakansie by enige ATKV-oord kan vir minimum 5 dae gedoen word vir huisvesting en minimum 10 dae vir kampering. Besprekings kan net per hooflid gedoen word en is nie oordraagbaar nie. Die eerste deposito’s is betaalbaar teen 10% van die totale bedrag ten opsigte van die bespreking:binne 1 maand na die besprekingsdatum in die geval van Paasnaweek en/of die Maart/April-skoolvakansie by enige ATKV-oord;
    • binne 1 maand na die besprekingsdatum in die geval van die Junie/Julie-skoolvakansie by ATKV-Eiland Spa; en
    • binne 1 maand na die besprekingsdatum, maar nie later as die 31ste Desember nie, in die geval van die Desember/Januarie-skoolvakansie by enige ATKV-oord.
  17. Indien u oor Tjiengelieng beskik, sal dit slegs in berekening gebring word as u aansoek suksesvol is.

Kansellasiebeleid

Alle kansellasies moet die oord op skrif bereik.

  1. Vir kansellasies langer as 30 dae voor die aankomsdatum word 25% van die aangevraagde deposito verbeur.
  2. Vir kansellasies tussen 16 tot 29 dae voor die aankomsdatum word 50% van die aangevraagde deposito verbeur.
  3. Vir kansellasies tussen 0 en 15 dae voor die aankomsdatum word 100% van die aangevraagde deposito verbeur.
  4. In die geval van kansellasie weens sterfte (of ander aanvaarbare redes waaroor die betrokkene geen beheer het nie) word slegs administrasiegeld van R50 gehef wanneer stawende bewyse verskaf word.

Termes en Voorwaardes vir kompetisies en promosies

  • Twee verskillende promosies kan nie op dieselfde bespreking toegepas word nie
  • Waar akkommodasie as prys gegee word, sluit die prys nie vervoer, etes of drankies in nie
  • Akkommodasiepryse moet binne 3 maande opgeëis word vanaf die trekkingsdatum- Pryse kan nie omgeruil word vir kontant nie
  • Pryse mag nie vir kontant verruil word nie
  • Die ATKV sal nie in onderhandelinge betrek word oor die wenners en pryse nie
  • Alle kompetisies en promosies is onderhewig aan die oorde se bestaande bepalings en voorwaardes
  • Tensy anders vermeld sluit promosies langnaweke, skoolvakansies en naweke uit

Vrywaring

  • Die inligting en bemarkingsmateriaal wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word, word deur die kopieregwet beskerm en/of mag wetlik geprivilegeerd wees.
  • Die ATKV, sy personeel, borge, medewerkers en adverteerders doen afstand van alle aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, besering of uitgawe wat mag voortspruit uit die gebruik van, of vertroue in, die dienste of bemarkingsmateriaal wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word aangebied word.
  • Die ATKV is nóg aanspreeklik vir die behoorlike, volledige oordrag van inligting wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word vervat is nóg enige vertraging in die ontvang daarvan.
  • In geen geval sal die ATKV, sy personeel, borge, medewerkers en adverteerders aanspreeklik gehou word vir gevolglike, onvoorsiene, spesiale of straffende verlies, skade of uitgawe (insluitende, sonder beperking, verlore winste, offerkoste, ens.), selfs al is daar van hulle moontlike bestaan kennis gegee, wat mag voortspruit uit die gebruik van, of vertroue in, die dienste en/of bemarkingsmateriaal wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word vervat is nie.
  • Die kliënt sal die ATKV, sy personeel, borge, medewerkers en adverteerders, vrystel en skadeloos stel van en teen enige betalingsverlies, koste of uitgawe (insluitend redelike prokureursgelde) wat betaal of aangegaan word deur die navolging van enige raad hierin of elders in ander formaat aangebied.

50%-afslag Groepe-promosie

  • Die minimum getal mense in die groep is 40.
  • Die maksimum totale koste is R600 000. Dit wil sê die maksimum afslag wat toegestaan word is R300 000. As die bespreking meer as R600 000 beloop, is die maksimum afslag steeds R300 000.
  • Besprekings en die betaling van deposito’s moet voor die einde van Februarie 2017 gedoen word en die besprekings moet buite skoolvakansies, langnaweke en naweke val.
  • Afslag is net van toepassing op die totale kwotasie wat afgeteken is en waarvan die deposito betaal is. Geen afslag word toegestaan op enige bykomende koste wat ontstaan nadat die kwotasie afgeteken is nie. Dit is byvoorbeeld koste wat tydens die verblyf ontstaan wat nie ingesluit is in die kwotasie nie.
  • Die afslag geld nie vir dienste wat derde partye lewer of enige koste wat nie ingesluit is in die afgetekende kwotasie nie.
  • Die groep moet voor of op 31 Augustus 2017 arriveer.
  • Die gewone bepalings en voorwaardes van alle deelnemende oorde is steeds van krag.
  • Slegs geldig vir nuwe besprekings vanaf 1 November 2016.