Skip to the content

Groepe

Op soek na die ideale wegbreekplek vir jou kerkraad, leerders of sosiale groep? Bestaan jou groep uit 20 mense... of selfs meer? Laai dan die tasse en vat die pad na 'n ATKV-oord!

Leierskapsentrums

Om 'n groep kinders op 'n skooltoer te neem, is nie vir sissies nie! Nou kan jy ophou kopkrap oor die volgende leierskamp of spanbou-wegbreek. ATKV-Eiland Spa se jeugtuiste bied 'n veilige omgewing waar die jongklompna hartelus kan baljaar.

Avontuursentrums

ATKV-Klein-Kariba se Leierskap- en avontuursentrum bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, akkommodasie en programme. Ons ervare span kursusaanbieders en die opwindende reeks aktiwiteite waarborg 'n ervaring sonder weerga vir skool–, studente– of selfs kerkgroepe.

Hartenbos Skoolpakkette

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van die George-lughawe af.

Groepbestemmings by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en puik konferensiegeriewe. Alles wat jou hart begeer.

Omgewingsentrum

ATKV Drakensville, geleë aan die voet van die pragtige Drakensberg Amfiteaterspog met ’n omgewingsentrum wat ’n wye verskeidenheid avonture en ontwikkelingsprogramme aanbiedOns ervare span van aanbieders verseker vir elke skool, student of selfs kerkgroep ’n onvergeetlike ervaring