Meer oor ons

  

Verruil die stadstoneel vir skouspelagtige natuurtonele by die Drakensberge!

Net ’n rapsie meer as drie ure se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n halfuur van Durban af, lê ATKV-Drakensville naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n Wêrelderfenisgebied.

ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese bakens en bied toegang tot talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Die oord het verskeie soorte akkommodasie, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel.

Drakensville is perfek vir jou sprokiestroue, 'n suksesvolle konferensie of ‘n spiekeries spanbouprogram!

ATKV-Drakensville is 'n semifinalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

 

Toekennings

 

Akkommodasie*

ATKV-Drakensville bied verskillende soorte akkommodasie in die asemrowende Drakensberge. Alle eenhede word daagliks gediens, is gerieflik gemeubileer en ten volle toegerus met DStv.

Bed en ontbyt-kamers

Driestergradering met 1 slaapkamer (enkel of dubbel) vir 2 persone met ’n en suite-badkamer. Etes word by Koswerf restaurant verskaf
Bed en ontbyt-kamers

Selfsorghuise

Twee- en driestergradering vir 4 tot 6 persone. Die huise het 2 of 3 slaapkamers, ’n kombuis, sitkamer, 1 toilet en 1 badkamer. Elke huis is ten volle toegerus en gemeubileer. Badhanddoeke word verskaf.
4-bedhuise
6-bedhuise opgegradeer
6-bedhuise opgegradeer (1 badkamer)

Driestergradering met 1 slaapkamer (2 enkel of 1 dubbel) vir 2 persone. 'n Oopplankombuis met 'n eethoekie en ’n en suite-badkamer met stort. Ten volle gemeubileer met eetgerei, yskas/vrieskas, tweeplaatstoof en mikrogolfoond.
Woonstel vir 2

Woonwa- en kampeerterrein

Die Drakensville-kampeerterrein beskik oor geplaveide staanplekke en welige grasperke en is toegerus met uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite. Die ablusiefasiliteite is ook rolstol vriendelik. Elke staanplek het ’n 15 amp-kragpunt en eie braaigeriewe.
Kampering

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die Tariewe-skakel onder aan.

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Aktiwiteite en fasiliteite

Aktiwiteite by die oord

  • Verhitte swembad
  • Swembad en plaspoel
  • Waterglybaan
  • Monsterskaak
  • Potspel
  • Avontuur-minigholf
  • Perderitte
  • Staproetes
  • Voëlverkenning
  • Speletjieskamer
  • Diereplaas

Besienswaardighede in die omgewing

  • San Rots kuns
  • Drakensberg-seunskoor
  • Falcon Ridge-roofvoëlsentrum
  • Koninkllike Natal Nasionale Park
  • Drakensberg- ondergrondse hidrokragstasie
  • Kerkenberg, Retiefpas en Kaalvoet vrou
  • Spioenkop slagveld en natuurresevaat.
  • Winterton Museum.
  • Dragon rock reptielsentrum

Fasiliteite by die oord

Die Koswerf restaurant bied heerlike buffet- en à la carte-etes. Wegneemetes kan by die geriefswinkel bestel word. Die oord het ook 'n OTM, drankwinkel en daar is 'n skoonheidsalon.

NEEM KENNIS

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Omgewingsentrum

Klik hier vir die brosjure van die Omgewingsentrum.

Dagbesoekers

Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)

Die dagbesoekersbeleid van die ATKV-oorde is slegs van toepassing op ATKV-lede.

Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman wat huisvesting betref terwyl net ATKV-lede die oorde as dagbesoekers kan besoek. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.

Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:

  • 'n Beperkte aantal dagbesoekers.
  • Geen drank by die swembaddens.
  • 'n Beleid van geen dronkenskap.
  • Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek. 
  • Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings getref het nie.

Hierdie beleid word toegepas om 'n atmosfeer te skep waarbinne besoekers heerlik kan ontspan. Daarby word aan elke besoeker die geleentheid gebied om die omgewing en die vermaak wat verskaf word, te kan ervaar. Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.

Om te verseker dat die dagbesoekers aan die ATKV se oorde nie die inwonende gaste steur nie, moet daar vooraf met die oorde gereël word om as dagbesoekers toegelaat te word. Dit is veral belangrik tydens skoolvakansies en langnaweke, spesifiek in April en Desember.  Daar word slegs ‘n beperkte getal motors per dag per oord toegelaat, omdat daar 'n groot aanvraag vir die ontspanningsgeriewe is. By ATKV-Klein-Kariba word net 10 voertuie met 'n maksimum van 8 persone per bespreking toegelaat, by ATKV-Goudini Spa 30 en by ATKV-Buffelspoort ook 30. By ATKV-Natalia word geen ekstra besoekers oor genoemde tydperke toegelaat nie as gevolg van beperkte parkeerruimte.

Alle besoekers word gelykwaardig behandel, maar slegs lede is geregtig op voorkeurbesprekings. ‘n Hooflid moet teenwoordig wees wanneer so ‘n bespreking gedoen en uitgevoer word. Besprekings geskied konsekwent en enige persoon wat nie die menswaardigheid van ander besoekers respekteer nie en beswaar teen hulle teenwoordigheid het, se geld sal teruggegee word met die versoek dat hy of sy die oord verlaat.

Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek. Verskerpte maatreëls is ingestel om te verseker dat dagbesoekers hierby hou tensy ander reëlings met die betrokke oord se bestuur getref is.

Konferensies

Ons heet jou hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om erken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende aanloklikhede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en hulle pragtige liggings is inspirerend om van jou konferensie 'n professionele sukses te maak.

Egte gasvryheid in die hart van die Drakensberge

Hierdie unieke bergparadys lê aan die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, en is omtrent drie ure se ry van Johannesburg of Bloemfontein af en omtrent twee en ’n halfuur van Durban af. Dit beteken dat Drakensville naby genoeg is om weg te breek van die gejaagdheid en lawaai van die grootstad. Met sy verskillende akkommodasiemoontlikhede en die magdom aktiwiteite en geriewe wat beskikbaar is, vorm hierdie oord ’n gerieflike basis vanwaar die groot verskeidenheid toeristebesienswaardighede ontdek kan word waarvoor die Drakensberg bekend is. ATKV-Drakensville het vier ten volle toegeruste konferensielokale wat groepe van tot 800 kongresgangers kan huisves.

Vir meer informasie, klik hier

Troues

Lank en gelukkig in die Drakensberge

’n Wonderskone land soos Suid-Afrika bied ’n magdom besienswaardighede wat verdien om verken en geniet te word wanneer ’n wegbreekgeleentheid hom voordoen. Die ATKV bied die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde vakansieoorde teen bekostigbare pryse wat waarde vir geld bied. Ons oorde, wat geleë is in van die mooiste streke in ons land, omring deur kultuur-, historiese en ander opwindende toeriste-aantreklikhede, bied die perfekte agtergrond vir daardie droomtroue!
 

'n Onvergeetlike Drakensbergtroue...

Sprokiestroues word 'n werklikheid by ATKV-Drakensville. Die pragtige sandsteenkapel met sy ongelooflike uitsig oor die vallei skep die regte stemming om ewige trou te beloof. Daarby sorg die ongeëwenaarde skoonheid van die Drakensberge dat elke foto 'n meesterstuk is. Ons onthaalfasiliteite en smullekker disse sal verseker dat die vreugdesvure tot laat in die nag in brand!

Vir meer inligting, klik hier

Galery

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Tariewe

Die jaarlikse prysverhoging vind plaas op 1 Maart. Besprekings en navrae oor beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons sentrale besprekingskantoor by +27 11 919 9092 of die oord by +27 36 438 6287.

Tariewe 2017–2018

Lidtariewe

Standaard tariewe

Kaart

GPS-koördinate


28º36.711″ S / 29º07.590″ E

DV Oorde Uitleg
Drakensville Oorde Uitleg
DV Roetekaart
Drakensville Reotekaart
 
 

Kontak

Vir algemene navrae en besprekings:
Posbus 53, Jagersrust 3354
Tel: +27 36 438 6287
Faks: +27 36 438 6524
Sentrale besprekingskantoor:
Tel.: +27 11 919 9092
Faks: +27 11 919 0226
E-posadres: drakensville@atkv.org.za
Webwerf: http://www.drakensville.co.za
 
Vir besprekings by ATKV-Drakensville se konferensiesentrum:
Konferensiekoördineerder:

Lynda Peachey
Tel.: +27 36 438 6287
Faks: +27 36 438 6524
E-pos: dvinligting@atkv.org.za
Kontak Drakensville se omgewingsentrum by:
Omgewingsentrumkoördineerder

Hesmi Olwagen
Tel.: +27 36 438 6287
Faks: +27 36 438 6524
E-posadres: hesmio@atkv.org.za
Troukoördineerder
Hesmi Olwagen
Tel.: +27 36 438 6287
Faks: +27 36 438 6524
E-posadres: hesmio@atkv.org.za
 
  • *
  • *