Meer oor ons

  

Ontspan en geniet ware gasvryheid by ons toevlugsoord in Limpopo

Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.

Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidrospa is ATKV-Eiland Spa net die plek vir die hele gesin om te kom ontspan.

Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.

ATKV-Eiland Spa is die wenner van die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings vir die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

 

Toekennings

 

Akkommodasie*

ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasiesmaak, alles teen ’n klassieke Bosveldagtergrond. Alle eenhede is selfsorg. Alhoewel linne en handdoeke elke vierde dag omgeruil word, word die eenhede nie gediens nie. Elke eenheid is gemeubileer, volledig toegerus met lugverkoeling, 'n braai-area en DStv.

Jeugtuiste

Die jeugtuiste kan 88 persone huisves en is uiters geskik vir enige skool- of kerkgroep. Die tuiste bestaan uit twee vleuels met badkamers en kamers vir onderwysers of toesighouers. Daar is verder 'n goed toegeruste kombuis en ’n eet- of vergaderarea met ’n braaiplek en opwasgeriewe aan die buitekant. Al die fasiliteite van die oord is tot die beskikking van die inwoners van die jeugtuiste.

Rondawels

Driestergegradeerde, eenhede met lugverkoeling wat 2 tot 6 mense kan huisves.
2-bedrondawel (luuks)
4-6-bedrondawel (luuks)
4-bedrondawel (luuks)
2-4-bedrondawel

Woonwa- en kampeerterrein

Die woonwa- en kampeerterrein se staanplekke is toegerus met kragpunte en gerieflike ablusieblokke.
Kampering

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die Tariewe-skakel onder aan.

 

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Aktiwiteite en fasiliteite

Aktiwiteite by die oord

  •  Hidrospa, sauna, stoombad, warmwatermineraalbad
  •  Kouewaterswembad en plaspoel
  •  Waterwurm
  •  Gimnasium
  •  Minigholf
  •  Stap- en fietsryroetes
  •  Voëlverkenning
  •  Visvang
  •  Perderitte
  •  Tennis, rolbal en vlugbal
  •  Potspel
  •  Foosball
  •  Springmatte
  •  Groot skaakbord
  •  Braai-area
  •  Tafeltennis

Besienswaardighede in die omgewing

  •  Hans Merensky-natuurreservaat
  •  Tsonga-kraal
  •  Gravelotte en Leydsdorp
  •  Tzaneen, Magoebaskloof, Haenertsburg
  •  Wegraakbosch-kaasplaas
  •  Sapekoe-teetuin
  •  Agatha-krokodilplaas
  •  Couch House-nougatfabriek
  •  Kroeg in reusekremetart
  •  Krugerwildtuin
  •  Tzaneen Lion & Predator Park
  •  Amarula-fabriek
  •  Boomtoprit (Magoebaskloof)
  •  Debegni-waterval

Fasiliteite by die oord

  •  WiFi
  •  Koswerf-restaurant
  •  Tanani-wegneemetes
  •  Buffalo’s-kroeg, winkel en drankwinkel
  •  Wassery
  •  OTM

NEEM KENNIS

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Dagbesoekers

Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)

Die dagbesoekersbeleid van die ATKV-oorde is slegs van toepassing op ATKV-lede.

Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman wat huisvesting betref terwyl net ATKV-lede die oorde as dagbesoekers kan besoek. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.

Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:

  • 'n Beperkte aantal dagbesoekers.
  • Geen drank by die swembaddens.
  • 'n Beleid van geen dronkenskap.
  • Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek. 
  • Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings getref het nie.

Hierdie beleid word toegepas om 'n atmosfeer te skep waarbinne besoekers heerlik kan ontspan. Daarby word aan elke besoeker die geleentheid gebied om die omgewing en die vermaak wat verskaf word, te kan ervaar. Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.

Om te verseker dat die dagbesoekers aan die ATKV se oorde nie die inwonende gaste steur nie, moet daar vooraf met die oorde gereël word om as dagbesoekers toegelaat te word. Dit is veral belangrik tydens skoolvakansies en langnaweke, spesifiek in April en Desember.  Daar word slegs ‘n beperkte getal motors per dag per oord toegelaat, omdat daar 'n groot aanvraag vir die ontspanningsgeriewe is. By ATKV-Klein-Kariba word net 10 voertuie met 'n maksimum van 8 persone per bespreking toegelaat, by ATKV-Goudini Spa 30 en by ATKV-Buffelspoort ook 30. By ATKV-Natalia word geen ekstra besoekers oor genoemde tydperke toegelaat nie as gevolg van beperkte parkeerruimte.

Alle besoekers word gelykwaardig behandel, maar slegs lede is geregtig op voorkeurbesprekings. ‘n Hooflid moet teenwoordig wees wanneer so ‘n bespreking gedoen en uitgevoer word. Besprekings geskied konsekwent en enige persoon wat nie die menswaardigheid van ander besoekers respekteer nie en beswaar teen hulle teenwoordigheid het, se geld sal teruggegee word met die versoek dat hy of sy die oord verlaat.

Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek. Verskerpte maatreëls is ingestel om te verseker dat dagbesoekers hierby hou tensy ander reëlings met die betrokke oord se bestuur getref is.

Konferensies

Ons heet jou hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om erken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende aanloklikhede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en hulle pragtige liggings is inspirerend om van jou konferensie 'n professionele sukses te maak.

Egte gasvryheid in die hart van die Bosveld

ATKV-Eiland Spa, ’n uitmuntende oord in die Limpopoprovinsie, bied aan konferensiegangers ’n welkome Bosveld-uitvlug. Met vyf lugversorgde konferensielokale van verskillende groottes kan ons tot 250 konferensiegangers huisves. Konferensiegangers kan van Sondagaande af tot Vrydagmiddae gehuisves word. ’n Ervare, toegewyde span sal vir die duur van die hele konferensie beskikbaar wees om seker te maak dat al die reëlings glad verloop. Jou unieke vereistes sal deurgaans die hoogste voorkeur geniet en daar sal beslis aan jou verwagtinge voldoen word – trouens, ons sal hulle ver oortref.

Vir meer informasie, klik hier

Galery

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Tariewe

Die jaarlikse prysverhoging vind plaas op 1 Maart. Besprekings en navrae oor beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons sentrale besprekingskantoor by +27 11 919 9092 of die oord by +27 15 386 8000.
 

Tariewe 2017–2018

Lidtariewe

Standaard tariewe

Kaart

GPS-koördinate


23º39' 18.30"S  /  30º40' 15.90"E

Kontak

Vir algemene navrae en besprekings:
Privaatsak X527, Letsitele 0885
Tel: +27 15 386 8000
Faks: +27 15 386 8032
Sentrale besprekingskantoor:
Tel.: +27 11 919 9092
Faks: +27 11 919 0253
E-posadres: eilandspa@atkv.org.za
Webwerf: http://www.eilandspa.co.za
 
Konferensie Koördineerder:
Cobus van Jaarsveld
Tel.: +27 15 386 8010
Skakelbord: +27 15 386 8000
Faks: +27 11 919 0252
E-posadres: cobusv@atkv.org.za
  • *
  • *