Meer oor ons

 

Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap!

Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa vakansie oord met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas.

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Aktiwiteite op die oord sluit in verskillende natuurlik verhitte swembaddens,warm water glyplank ,tennis- en vlugbalbane asook n speletjieskamer en natuurskoon stapplek.

Ons oord beskik oor uitstaande konferensiefasiliteite wat tot 800 konferensiegangers kan huisves met nege verskillende konferensie lokale om van te kies. Ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal met pragtige uitsigte oor die Breedevallei.

ATKV-Goudini Spa oord beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon op die oord. Asook ‘n wassery, OTM en Halaal gesertifiseerde wegneemetes.

Perfek vir gesinsvakansies.

 

Toekennings

Akkommodasie*

ATKV-Goudini Spa het ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie vir elke sak en smaak. Elke eenheid is gemeubileer en volledig toegerus met DStv.

Badsberg-eenhede

Een 5-bedeenheid met ’n driestergradering. Die hoofslaapkamer het ’n ingeboude dubbelbed en die tweede slaapkamer het drie ingeboude beddens. Oopplankombuis/woonvertrek. Badkamer met bad, wasbak en toilet. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek voor die eenheid. 
Tien 4-bedeenhede met ’n tweestergradering. ’n Ingeboude dubbelbed met ’n oopplankombuis/woonvertrek bo. Twee ingeboude enkelbeddens en ’n tweeplaatstoof in die kombuis. ’n Volledige badkamer onder en nog ’n badkamer bo met ’n toilet, wasbak en stort. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek voor die eenhede.
Tien opgegradeerde 5-bedeenhede met ’n driestergradering. ’n Dubbelbed met ’n oopplankombuis/woonvertrek bo. Een enkelbed en een dubbele slaapbank en ’n tweeplaatstoof in die kombuis. ’n Volledige badkamer onder en nog ’n badkamer bo met ’n toilet, wasbak en stort. Buite: ’n Ingeboude braaiplek en parkeerplek.
4-bed Badsberg-eenhede
5-bed Badsberg-eenhede (opgegradeer)

Boland-kompleks

Eenhede vir 6 tot 8 persone met driestergradering. Die eenhede van die Boland-kompleks is in ’n sirkel gebou met elke eenheid wat deur ’n tuinmuur geskei word. Al die eenhede kyk uit op ’n sentrale swembad met natuurlike bronwater.
Boland-huise

Goudini-woonstelle

Sewe eenhede vir 2 tot 6 persone.

Slanghoek-villas

Luukse eenhede met vierstergradering vir 6 persone. Twee en twintig eenhede is toegerus met ’n kaggel en onderdakbraai op die veranda. Elke slaapkamer het sy eie veranda.
Slanghoek-villas

Tulbach-woonstelle

Eenhede met tweestergradering vir 5 persone. Buite is daar ’n stoep en geplaveide area met 'n privaat braai.
Tulbach-woonstelle

Rondawels

Honderd en een eenhede met ’n tweestergradering en driestergradering:
Tweestergradering: Een slaapkamer met ’n ingeboude dubbelbed en ’n kombuis/woonvertrek met twee ingeboude enkelbeddens. Badkamer met stort, wasbak en toilet.
Driestergradering: Een slaapkamer met ’n dubbelbed en een slaapkamer met twee enkelbeddens. Die woonvertrek het ’n slaapbank vir ’n ekstra persoon. Die eenheid het lugverkoeling en lugverwarming in die leefarea met ’n onderdak braaiplek vir alle weersomstandighede.
4-bedrondawel (opgegradeer)
5-bedrondawel (opgegradeer)
Rondawels

Woonwa- en kampeerterrein

Ons woonwa- en kampeerterrein het ’n driestergradering van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad ontvang en bestaan uit 54 geplaveide staanplekke, elk met ’n 15 amp-kragpunt en privaat braai. Goed versorgde ablusiefasiliteite, opwasgeriewe en wassery.
Kampering

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die Tariewe-skakel onder aan.

Akkommodasie brosjure

 

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Aktiwiteite en fasiliteite

ATKV-Goudini Spa is een van die gewildste selfsorgvakansieoorde in die Kaap en bied ure se pret en salige ontspanning vir ’n ieder en ’n elk.

Aktiwiteite by die oord

  • Binnenshuise en buiteswembaddens
  • Mineraal- en borrelbaddens
  • Waterwurm en wipmatte
  • Minigholf
  • Staproetes
  • Voëlverkenning
  • Perderitte
  • Tennis en vlugbal
  • Snoeker en potspel
  • Speletjiesarkade

Besienswaardighede in die omgewing

  • Kleinplasie-opelugmuseum
  • KWV-brandewynkelder
  • Verskeie wynkelders in die omgewing soos Badsberg, Slanghoek, Du Toitskloof, Goudini en Opstal
  • Aquila in Touwsrivier
  • Mountain Mill-winkelsentrum met amper 100 winkels
  • African Water Wanderers

Fasiliteite by die oord

ATKV-Goudini Spa beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon. Asook ‘n wassery, OTM, wegneemetes en ‘n drankwinkel.

NEEM KENNIS

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Dagbesoekers

Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)

Die dagbesoekersbeleid van die ATKV-oorde is slegs van toepassing op ATKV-lede.

Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman wat huisvesting betref terwyl net ATKV-lede die oorde as dagbesoekers kan besoek. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.

Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:

  • 'n Beperkte aantal dagbesoekers.
  • Geen drank by die swembaddens.
  • 'n Beleid van geen dronkenskap.
  • Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek. 
  • Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings getref het nie.

Hierdie beleid word toegepas om 'n atmosfeer te skep waarbinne besoekers heerlik kan ontspan. Daarby word aan elke besoeker die geleentheid gebied om die omgewing en die vermaak wat verskaf word, te kan ervaar. Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.

Om te verseker dat die dagbesoekers aan die ATKV se oorde nie die inwonende gaste steur nie, moet daar vooraf met die oorde gereël word om as dagbesoekers toegelaat te word. Dit is veral belangrik tydens skoolvakansies en langnaweke, spesifiek in April en Desember.  Daar word slegs ‘n beperkte getal motors per dag per oord toegelaat, omdat daar 'n groot aanvraag vir die ontspanningsgeriewe is. By ATKV-Klein-Kariba word net 10 voertuie met 'n maksimum van 8 persone per bespreking toegelaat, by ATKV-Goudini Spa 30 en by ATKV-Buffelspoort ook 30. By ATKV-Natalia word geen ekstra besoekers oor genoemde tydperke toegelaat nie as gevolg van beperkte parkeerruimte.

Alle besoekers word gelykwaardig behandel, maar slegs lede is geregtig op voorkeurbesprekings. ‘n Hooflid moet teenwoordig wees wanneer so ‘n bespreking gedoen en uitgevoer word. Besprekings geskied konsekwent en enige persoon wat nie die menswaardigheid van ander besoekers respekteer nie en beswaar teen hulle teenwoordigheid het, se geld sal teruggegee word met die versoek dat hy of sy die oord verlaat.

Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek. Verskerpte maatreëls is ingestel om te verseker dat dagbesoekers hierby hou tensy ander reëlings met die betrokke oord se bestuur getref is.

Konferensies

Ons heet jou hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om erken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende aanloklikhede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en hulle pragtige liggings is inspirerend om van jou konferensie 'n professionele sukses te maak.

Egte gasvryheid in die hart van die Boland

ATKV-Goudini Spa is geleë in die hartjie van die Bolandse berge langs Roete 62 - die mees uitgebreide en diverse wynroete in die wêreld. Hierdie unieke Boland-paradys is net 'n uur se ry van Kaapstad af, wat beteken dat dit naby genoeg is om weg te breek van die gejaagdheid en lawaai van die grootstad.

ATKV-Goudini Spa het nege ruim, goed toegeruste konferensielokale wat van 10 tot 800 konferensiegangers kan akkommodeer.

Alle lokale is standaard toegerus met lugverkoeling vir die gerief van konferensiegangers. Die kroonjuweel van ons oord – die splinternuwe Slanghoek-konferensiesentrum, is geopen en is gereed vir die hou van vyfsterkonferensies.

Die konferensiesentrum het sy eie restaurant met 'n panoramiese uitsig oor die omringende natuurtonele!

Vir meer informasie, klik hier

Troues

Beleef die tintelende betowering van ’n Bolandse troue ...

Omring deur skouspelagtige berge en pragtige wingerde, met alles van weeldeverblyf tot watertandetes. Ons almal – personeel en diensverskaffers – is gereed om jul mooiste dag, van beplanning tot uitvoering, seepglad te laat verloop, met ’n enkele doel voor oë: dat julle sal terugsit, ontspan en die begin van jul lewensreis saam geniet.

Vir meer inligting klik hier

Galery

Tariewe

Die jaarlikse prysverhoging vind plaas op 1 Maart. Besprekings en navrae oor beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons sentrale besprekingskantoor by +27 11 919 9092 of die oord by +27 23 349 8100.

Tariewe 2017–2018

Lidtariewe

Standaard tariewe

Kaart

GPS-koördinate


33º40’06.98″ S / 19º15’48.06″ E

GS Oorde Uitleg
Goudini Spa Oorde Uitleg
GS Roetekaart
Goudini Spa Reotekaart
 
 

Kontak

Vir algemene navrae en besprekings:
Posbus 47, Rawsonville, 6845
Tel: +27 23 349 8100
Faks: +27 23 344 3158
Sentrale besprekingskantoor:
Tel.: +27 11 919 9092
Faks: +27 11 919 0202
E-posadres: goudini@atkv.org.za
Webwerf: http://www.goudinispa.co.za
 
Kontak ATKV-Goudini Spa se
konferensiesentrum by:
Konferensiekoördineerders:

Jean-Jacques Palm
Tel.: +27 23 349 8106
Faks: +27 23 344 3112
E-posadres: jjp@atkv.org.za

Sandra Cupido
Tel.: +27 23 349 8161
Faks: +27 23 344 3112
E-posadres: sandrac@atkv.org.za
 
Hoof van Konferensies:
Louise van Tonder
Tel.: +27 23 349 8105
Sel: 082 899 611
Faks: +27 23 344 3158
E-posadres: louisev@atkv.org.za
 
  • *
  • *
  • *