Leierskapsentrums

Om 'n groep kinders op 'n skooltoer te neem, is nie vir sissies nie! Nou kan jy ophou kopkrap oor die volgende leierskamp of spanbou-wegbreek. ATKV-Eiland Spa se jeugtuiste bied 'n veilige omgewing waar die jongklompna hartelus kan baljaar.

Leierskapsentrums
Avontuursentrum pamflet
 
 

Avontuursentrums

ATKV-Klein-Kariba se Leierskap- en avontuursentrum bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, akkommodasie en programme. Ons ervare span kursusaanbieders en die opwindende reeks aktiwiteite waarborg 'n ervaring sonder weerga vir skool–, studente– of selfs kerkgroepe.

Avontuursentrum pamflet
Leierskapsentrum pamflet
 
 

Hartenbos Skoolpakkette

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van die George-lughawe af.

Groepbestemmings by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en puik konferensiegeriewe. Alles wat jou hart begeer.

 

Omgewingsentrum

Omgewingsentrum
Omgewingsentrum brosjure
Omgewingsentrum pamflet
Omgewingsentrum pamflet
 

Bustoere

Bederf jouself met 'n heerlike bustoer en verken van die mooiste dele van Suid-Afrika! Die ATKV bied 'n verskeidenheid bustoere aan vir elke hartsbegeerte; van bos to berge en see – daar is 'n toer vir almal. Geniet 'n heerlike bustoer met talle besienswaardighede en span uit by 'n gerieflike ATKV-oord. Jy verdien 'n ruskans – kom toer saam!

Bustoer pamflet 

Klik op die foto vir 'n groter weergawe

 

Eiland Spa Toer 2019

27 Oktober - 1 November 2019

 

 

Hartenbos Toer 2020

2 - 7 Februarie 2020

 

Boland Toer 2020

16 – 21 Februarie 2020

Besprekingsvorm
Pakket en voorlopige program