Reëls en regulasies vir ATKV-Hartenbos se voorkeurbesprekings op 01 November 2017

Klagtes is ontvang oor gaste wat dae voordat die voorkeurbesprekings op 01 November open, voor die ATKV-kantore by Hartenbos kampeer. Daarom is die volgende reëls en regulasies vasgestel wat geld vir die voorkeurbesprekings op 01 November 2017:

 

1.  Gaste wat persoonlik op 01 November wil bespreek, moet nou vooraf hulle name in ’n register laat opteken wat hulle in staat sal stel om op 01 November kampeerplek of huisvesting te bespreek.

2.  ’n Tydsduur van 48 uur word aan gaste verleen vir die opteken van hulle name in die register voor die datum van 01 November.

3.  Sodra die gas se besonderhede in die register ingevul is, word ’n nommer aan die gas toegeken.

4.  Gaste sal op 01 November van omstreeks 07:00 af volgens hulle nommers in die register gehelp word om hulle besprekings te doen.

 

Let asseblief daarop dat GEEN kampering op die gras voor die ATKV-kantore by Hartenbos voor 01 November toegelaat sal word nie. Daar sal definitief opgetree word teen gaste wat nie hierdie reëls en regulasies gehoorsaam nie.

              

Maak dit makliker vir jouself, die ander gaste asook vir die personeel deur by die reëls te hou. Baie dankie vir almal se vriendelike samewerking.

Meer oor ons

 

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe.

Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Hartenbos is ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Met konferensiefasiliteite wat groepe van tot 1 000 persone kan huisves, is ATKV-Hartenbos die perfekte keuse vir ’n inspirerende konferensie.

ATKV-Hartenbos is 'n semifinalis van die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

 

Toekennings

 

Akkommodasie*

ATKV-Hartenbos het inderdaad selfsorg-akkommodasie vir ’n ieder en ’n elk.

Carney-kamers

Selfsorgeenhede vir 4 persone. Kombuis met 'n tweeplaatstoof en yskas. Gesamentlike ablusiegeriewe vir mans en dames.
4-bed Carney-kamer

Carney-woonstelle

Selfsorgeenhede vir 4 persone met 'n volledig toegeruste kombuis en 'n privaat badkamer.
4-bed Carney-eenheid

Kothuise

Eenhede vir 5 persone. 'n Volledig toegeruste kombuis en woonvertrek met DStv.
5-bedkothuis

Oranjehof-kamers

Kamers vir 2 en 3 persone in 'n hostel wat toegerus is met 'n yskas, breekgoed en ketel. Gemeenskaplike kooklokaal en ablusiegeriewe.
2-bed Oranjehof-kamers
3-bed Oranjehof-kamers

Rondawels

Selfsorgeenhede vir 2 tot 4 persone.
2-bedrondawel met badkamer
2-bedrondawel sonder badkamer
3-bedrondawel
4-bedrondawel (2 slaapkamers)
4-bedrondawel (Oranjehof)
4-bedrondawel (Rivieroewer)

Skakelhuise

Drie eenhede vir 6 persone.
6-bedskakelhuis (2 slaapkamers)

Strandhuise

Eenhede vir 6 persone bestaande uit 2 of 3 slaapkamers, 'n volledig toegeruste kombuis/woonvertrek, DStv, lugverkoeling, asook onderdak parkering en -braaigeriewe.

Een eenheid vir 8 persone: 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk. Volledig toegeruste kombuis/woonvertrek, DStv, lugverkoeling, asook onderdakparkering en -braaigeriewe.
6-bedstrandhuis (2 slaapkamers)
6-bedstrandhuis (3 slaapkamers)
8-bedstrandhuis (4 slaapkamers)

Woonwa- en kampeerterrein

ATKV-Hartenbos is 'n uitsoekplek vir ’n heerlike woonwavakansie. Elkeen van die meer as 570 staanplekke is toegerus met ’n 220 V/10 A-kragpunt.
Kampering

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die Tariewe-skakel onder aan.

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Aktiwiteite en fasiliteite

Aktiwiteite by die oord

  • Buiteswembad en warm binnenshuise swembad
  • Minigholf
  • Wipmatte
  • Speletjiesarkade

Die ATKV-Hartenbos-museum bied ’n terugblik op die Groot Trek. Die jongste toevoeging tot die museum is die Hartenbos-kamer wat die geskiedenis van die dorp uitbeeld.

Hartenbos se unieke staproete al langs die strand bestaan uit marmerblokke met uittreksels uit die gedigte van 16 digters uit verskillende tydperke wat die afgelope eeu se Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Al die gedigte het die see as onderwerp.

Besienswaardighede in die omgewing

  • Kangogrotte
  • Jukani-roofdierpark
  • Dias-museum
  • Cape St. Blaize-vuurtoring met grot en staproete
  • Botlierskop-dagsafari’s
  • Volstruisplase
  • Plaasfabriek met aalwynprodukte
  • Meiringspoort

VERHITTE SWEMBADTYE

BUITE SEISOEN

MAANDAG TOT SONDAG
08:30 - 10:30
11:00 - 13:00
13:30 - 15:30
16:00 - 18:00
18:30 - 20:30

 

BINNE SEISOEN

Des/Jan, Mrt/Apr & Sept/Okt vakansies
MAANDAG TOT SONDAG
08:30 - 10:30
11:00 - 13:00
13:30 - 15:30
16:00 - 18:00
18:30 - 20:30
21:00 - 23:00

 

TOEGANG:

INWONENDE ATKV OORD-GASTE: R20 PER SESSIE
BESOEKENDE GASTE/ PUBLIEK:  R30 PER SESSIE


NEEM KENNIS

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Dagbesoekers

ATKV-Hartenbos is die enigste oord wat nie die dagbesoekersbeleid toepas nie, omdat die oord binne-in ‘n dorp geleë is en daar nie toegangsbeheer toegepas kan word nie.

Konferensies

Ons heet jou hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om erken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende aanloklikhede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en hulle pragtige liggings is inspirerend om van jou konferensie 'n professionele sukses te maak.

Egte gasvryheid by die see

Die ATKV se Hartenbosoord aan die Suid-Kaapse kus bied net wat nodig is vir suksesvolle konferensies. Hier het ons alles, van professionele konferensietoerusting tot ’n wêreld van opwinding en ontspanning, en nog die eindelose oseaan daarby. Ons moderne konferensielokale is ingerig vir klein groepe, asook groter groepe van tot 700 kongresgangers.

Vir meer informasie, klik hier

Galery

Museum

Ons laat die kultuurverlede leef!

Die Hartenbos Museum van die ATKV ATKV is geleë in die kultuur-hartland van Afrikaans. Hierdie spogmuseum fokus op die Groot Trek en huisves 'n verskeidenheid interessante voorstellings en uitstalsale wat smaakvol georden is met aantreklike oudhede wat die lewensomstandighede van die Voortrekkerpioniers van 1835 tot 1848 visueel laat leef.

Benewens die lewensgetroue voorstellings van die Groot Trek is daar ook ‘n gedenksaal van die Simboliese Ossewatrek van 1938, 'n besonderse voorstelling van 'n eg-outydse winkeltjie terwyl Hartenbos se geskiedenis ook hier uitgebeeld word.

Veertig kilometer vanaf George, aan die Indiese Oseaan en deel van die sondeurdrenkte strande van die Groter Mosselbaai-omgewing, staan dié pragmuseum met sy wye welkom-voordeur. Vriendelike personeel is gereed om jou te begelei deur van die aangrypendste kultuurhistoriese momente wat nie net die Afrikaner se geskiedenis gevorm het nie, maar ook ‘n besliste invloed gehad het op die breër Suid-Afrikaanse verlede.

Die ATKV het reeds in 1937 besluit om die Hartenbos Museum te vestig. Aangesien die idee van die Simboliese Ossewatrek van 1938 op Hartenbos ontstaan het, is besluit dat die hooftema vir die museum Die Groot Trek (1835 tot 1848) sal wees.

Besoek hierdie eiesoortige museum waar die Groot Trek leef!

Temas

Saal 1: Voorbereiding vir die Groot Trek
Saal 2: Uitspan teen laatmiddag
Saal 3: Herstelwerk aan die waens
Saal 4: Laertrek teen aanvalle
Saal 5: Ontspanning tydens die Groot Trek
Saal 6: Alledaagse take soos brood bak en kerse maak
Saal 7: Vestiging na die Groot Trek. Die gesin vergader vir huisgodsdiens
Saal 8: Die Voortrekker se vryheidstrewe voorgestel deur ‘n staatspresident
Saal 9: Verskillende artikels ingesamel tydens die Simboliese Ossewatrek (1938)
Saal 10: Die geskiedenis van Hartenbos

Besoekure:

Maandae tot Vrydae: 09:00-16:00
Museum gesluit tussen 13:00 en 14:00 asook op publieke vakansiedae
Saterdae en Versoeningsdag (16 Desember): 9:00-12:30

Geringe toegangsgeld betaalbaar

Kontak besonderhede

Tel: +27 44 601 7238
Faks: +27 44 695 0770
E-posadres: hartenbos@atkv.org.za

Straatadres:
Majubalaan
Hartenbos
6520

Tariewe

Die jaarlikse prysverhoging vind plaas op 1 Maart. Besprekings en navrae oor beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons sentrale besprekingskantoor by +27 11 919 9092 of die oord by +27 44 601 7200.

Tariewe 2017–2018

Lidtariewe

Standaard tariewe

Kaart

GPS-koördinate en kaart


34º07ˊ32.28˝ S / 22º07ˊ05.16″ E

HB Terrein Uitleg
Hartenbos Terrein Uitleg
HB Oorde Uitleg
Hartenbos Oorde Uitleg
Hartenbos Roetekaart
Hartenbos Reotekaart

Kontak

Vir algemene navrae en besprekings:
Posbus 3, Hartenbos, 6520
Tel: +27 44 601 7200
Faks: +27 44 695 0770
Sentrale besprekingskantoor:
Tel.: +27 11 919 9092
Faks: +27 11 919 0269
E-posadres: hartenbos@atkv.org.za
Webwerf: www.hartenbos.co.za
 
Kontak ATKV-Hartenbos se konferensiesentrum by:
Konferensie Koördineerder:

Laurette Kemp
Tel.: +27 44 601 7237
Faks: +27 44 695 0770
E-posadres: laurettek@atkv.org.za
Konferensies:
Karen Phipson
Tel.: +27 44 601 7222
Faks: +27 44 695 0770
E-posadres: karenp@atkv.org.za
 
  • *
  • *