T: +27 31 916 4545
F: +27 31 916 2212
E: natalia@atkv.org.za
Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water … ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.
Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite. Benewens al die ontspanningsfasiliteite by die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing.
Met moderne fasiliteite vir 400 mense kan ATKV-Natalia konferensiegroepe en selfs skoolgroepe huisves.
ATKV-Natalia was 'n semifinalis van die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Woonwa- en kampeerplekke.
Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit 'n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskillende groottes en 'n boomryke woonwapark met spogfasiliteite.
Al die selfsorgwoonstelle is volledig toegerus met DStv. Gaste moet wel hul eie swemhanddoeke, skoonmaakmiddels en afdroogvadoeke bring. Eenhede vir 2 tot 6 persone met en sonder seeaansig en met en sonder balkonne. Badkamers beskik oor storte en/of baddens. Grondeenhede het 'n stoepie na buite met 'n tafel en stoele. Agt eenhede het 'n balkon, braaigeriewe en seeaansig. 2-bedwoonstelle (nie seeaansig) 4-bedwoonstelle 6-bedwoonstel (seeaansig) - balkon met braai 5-bedwoonstelle (nie seeaansig) - 2 slaapkamers 6-bedwoonstelle (seeaansig)
Alle staanplekke het kragpunte, krane, asblikke en 'n DStv-punt. Daar is twee ablusieblokke met opwasgeriewe, vir die gesamentlike gebruik van die kampeerders. Kampering
Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die Tariewe-skakel onder aan.
*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.
Koswerf Restaurant, geriefswinkel, OTM, ’n gemeenskaplike lapa-area en braaifasiliteite.
NEEM KENNIS
Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.
Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman wat huisvesting betref terwyl net ATKV-lede die oorde as dagbesoekers kan besoek. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.
Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:
Hierdie beleid word toegepas om 'n atmosfeer te skep waarbinne besoekers heerlik kan ontspan. Daarby word aan elke besoeker die geleentheid gebied om die omgewing en die vermaak wat verskaf word, te kan ervaar. Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.
Die beleid is as volg:
Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek. Verskerpte maatreëls is ingestel om te verseker dat dagbesoekers hierby hou tensy ander reëlings met die betrokke oord se bestuur getref is.
Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om erken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende aanloklikhede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en hulle pragtige liggings is inspirerend om van jou konferensie 'n professionele sukses te maak.
Natalia Strandoord is slegs 40 kilometer suid van Durban geleë en wag dat jy voetspore in sy sagte sand kom trap helderblou, louwarm water ervaar – 'n paradys met matige weer die hele jaar deur. Hierdie bestemming, net 'n klipgooi van talle ongewone en interessante toeristebesienswaardighede, sal jou vakansie in 'n ontdekkingsavontuur verander.
Die stilte en rustigheid by Natalia bied 'n subtropiese ambiance vir geslaagde konferensies en stimulerende spanbouprogramme. Ons beskik oor moderne geriewe vir groepe van tot 300 persone, asook uitstekende huisvesting en spyseniering uit die boonste rakke. Met 'n ervare konferensiespan wat seker maak dat niks verkeerd loop nie en wat omsien na al jou behoeftes kan jy al jou energie aan kreatiewe en innoverende denke wy.
Vir meer informasie, klik hier
waar die spierwit strande, die branders en die blou water meewerk om jou troue 'n onvergeetlike ervaring te maak. ATKV-Natalia is net 40km suid van Durban op die skilderagtige Suidkus geleë. Geniet jou spesiale dag in ons tropiese paradys met sy aangename klimaat en asemrowende natuurskoon.
Vir meer inligting, klik hier
Die jaarlikse prysverhoging vind plaas op 1 Maart. Besprekings en navrae oor beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons sentrale besprekingskantoor by +27 11 919 9092 of die oord by +27 31 916 4545.
30º07ˊ18″ S / 30º50ˊ46″ E
Vir algemene navrae en besprekings:
Posbus 11, Winkelspruit, 4145Tel: +27 31 916 4545Faks: +27 31 916 2212Sentrale besprekingskantoor: +27 11 919 9092Faks: +27 11 919 0258E-posadres: natalia@atkv.org.zaWebwerf: www.natalia.co.za
Kontak ATKV-Natalia se konferensiesentrum by:
KonferensiekoördineerderLizette BadenhorstTel: +27 31 916-4545Faks: +27 31 916-2212E-posadres: lizetteb@atkv.org.za