Buffelspoort

Binnekort jou bruilofbestemming.

Drakensville

Lank en gelukkig in die Drakensberge

’n Wonderskone land soos Suid-Afrika bied ’n magdom besienswaardighede wat verdien om verken en geniet te word wanneer ’n wegbreekgeleentheid hom voordoen. Die ATKV bied die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde vakansieoorde teen bekostigbare pryse wat waarde vir geld bied. Ons oorde, wat geleë is in van die mooiste streke in ons land, omring deur kultuur-, historiese en ander opwindende toeriste-aantreklikhede, bied die perfekte agtergrond vir daardie droomtroue!
 

'n Onvergeetlike Drakensbergtroue...

Sprokiestroues word 'n werklikheid by ATKV-Drakensville. Die pragtige sandsteenkapel met sy ongelooflike uitsig oor die vallei skep die regte stemming om ewige trou te beloof. Daarby sorg die ongeëwenaarde skoonheid van die Drakensberge dat elke foto 'n meesterstuk is. Ons onthaalfasiliteite en smullekker disse sal verseker dat die vreugdesvure tot laat in die nag in brand!

 

Troukoördineerder

Hesmi Olwagen
Tel: +27 36 438 6287
Faks: +27 36 438 6524
E-posadres: hesmio@atkv.org.za 

DV Troubrosjure
Drakensville Troubrosjure
 
 

Goudini Spa

Beleef die tintelende betowering van ’n Bolandse troue ...

Omring deur skouspelagtige berge en pragtige wingerde, met alles van weeldeverblyf tot watertandetes. Ons almal – personeel en diensverskaffers – is gereed om jul mooiste dag, van beplanning tot uitvoering, seepglad te laat verloop, met ’n enkele doel voor oë: dat julle sal terugsit, ontspan en die begin van jul lewensreis saam geniet.

 

Kontak ATKV-Goudini Spa se Trouafdeling by:

Tel.: +27 23 349 8181
Faks: +27 23 344 3112
E-posadres: konfGO@atkv.org.za

 

Goudini Spa Troubrosjure
 
 

Klein-Kariba

Kom hou bruilof-inni-bos

’n Onvergeetlike Bosveldtroue ….

Dink aan een van die mooiste klowe in die Waterberge, omring deur groen bome, waterstrome en Bosveld-voëls. Julle is op pad na ‘n pragtige klipkapel vir jul mooiste dag. Ná die seremonie bederf ons restaurant die gaste met die keurigste spyseniering in een van ons pragtige onthaalsale.

En deur alles lewer ons puik diens met gehaltekos terwyl julle met gemoedsrus terug sit en ontspan in die wete dat ons alles doen om jul troudagdroom te bewaarheid.

Wat julle kry …

Puik pakkette!

 

Troukoördineerder

Amorie Seegers
Tel.: +27 14 7369840
Faks: +27 14 736 4935
E-posadres: amories@atkv.org.za

 

Trou foto's

Klein-Kariba Trou Foto's
Klein-Kariba Kapel Foto's

KK Troubrosjure
Klein-Kariba Troubrosjure
 
 

Natalia

'n Strandtroue met betowering ...

waar die spierwit strande, die branders en die blou water meewerk om jou troue 'n onvergeetlike ervaring te maak. ATKV-Natalia is net 40km suid van Durban op die skilderagtige Suidkus geleë. Geniet jou spesiale dag in ons tropiese paradys met sy aangename klimaat en asemrowende natuurskoon.

 

Troukoördineerder

Lizette Badenhorst
Tel: +27 31 916 4545
Faks: +27 31 916 2212
E-posadres: lizetteb@atkv.org.za

 

Trou foto's

Natalia Trou foto's

NA Troubrosjure
Natalia Troubrosjure
 
 

Video

ATKV-oorde: Trou-insetsel