Skip to the content

Troues

'n Bruilof is nie net die kerkdiens en die onthaal daarna nie. Dit moet 'n ervaring wees wat jou gaste 'n leeftyd sal bybly. En wat kan dan beter wees as 'n bestemmingsbruilof? Geleë in die mees asemrowende streke in ons land en omring deur kulturele en historiese besienswaardighede, is die ATKV-oorde die perfekte plek vir die bruilof van jou drome.