Skip to the content

4 Boonslaai

Bestanddele:

  • 1 Eetlêpel bruin asyn
  • 1 Eetlêpel blatjang
  • 1 Eetlêpel bruin suiker
  • 1 Eetlêpel mieliemeel
  • 1 Eetlêpel kerrie poeier
  • 65 ml water
  • Sprietuie
  • 410 g geblikte botterbone, gedreineer
  • 410 g geblikte groenboontjies, gedreineer
  • 410 g geblikte bone in tamatiesous
  • 400 g ertjies
  • Sout en peper vir smaak

Metode:

  1. Maak eerste die sous aan. Gooi die water in die pan en plaas pan op die warm vuur.
  2. Kap die sprietuie fyn en gooi in die pan.
  3. Meng die suiker, kerrie poeier en mieliemeel in die pan.
  4. Gooi die asyn en blatjang by. Meng goed.
  5. Roer die mengsel oor medium hitte totdat dit ’n dik tekstuur het.
  6. Laat dit vir 'n paar sekondes prut, verwyder van die hitte af.
  7. Gooi die botterbone, groenbone, geblikte bone in tamatiesous en die ertjies in die pan en meng.
  8. Voeg sout en peper by vir smaak.
  9. Sit voor en geniet!