Skip to the content

Gevulde filet

Bestanddele

  • Een heel beesfilet - 1,5kg
  • Bloukaas – 120g
  • Peppadews – 30g
  • Roomkaas – 120g
  • Pine neute – 40g
  • Vars Roosmaryn – 5g
  • Spek – 1kg
  • Sampioene – 80g
  • Balsamiese asyn – 50ml
  • Olyfolie – 50ml
  • Heuning – 20ml

Metode

  • Kap die sampioene
  • Roer die pine neute in 'n pan op die oop vuur tot goudbruin. Voeg sampioene by die pine neute.
  • Voeg die bloukaas, roomkaas, roosmaryn en fyn gekapte peppadews met die pine neute en sampioene. Meng dit goed.
  • Braai jou filet totdat dit bruin aan die buitekant is. Verwyder vanaf die vuur en rus vir 15 minute.
  • Maak ’n diep insnydingslengte in die filet. Maak die filet oop.
  • Skep die panmengsel in die filet.
  • Plaas die spekstrokies op 'n snyplank met die rand van die spek wat mekaar oorvleuel.
  • Versier die spek met die heuning en balsamiese asyn. Voeg roosmaryn by.
  • Plaas die filet bo-op die spek.
  • Draai die spek rondom die filet.
  • Plaas die filet op 'n medium hitte vuur en rooster tot die spek bros is aan die buitekant.
  • Haal die filet van die vuur af en geniet!