Skip to the content

Potbrood

Bestanddele:

  • 4 koppies (560g) koekmeel
  • 2 sakkies (20g) gedroogde gis
  • 1 teelepel (5ml) suiker
  • 1 teelepel (5ml) sout
  • (30ml) groente-olie
  • 2 koppies (500ml) warm water
  • Gekapte vars roosmaryn (15ml)

Metode:

  • Sif die koekmeel in groot meng bak.
  • Voeg die gis, suiker en sout by.
  • Maak 'n holte in die middel van die mengsel en gooi die olie en water in.
  • Meng dit saam om ’n deeg te vorm, en voeg meer water by indien nodig.
  • Knie vir 'n minimum van vyf minute tot glad en elasties. Voeg dan roosmaryn by.
  • Smeer jou bak met olie en plaas die deegmengsel daarin.
  • Bedek met plastiek en laat die deeg rys tot twee keer sy grootte.
  • Druk die deeg plat, voeg roosmaryn by en plaas die deeg in ’n pot (met ’n deksel) wat goed gesmeer is met botter. Plaas die pot bo op die afgekoelde kole.
  • Plaas kole op die deksel en laat die brood bak vir ongeveer 1½ ure.
  • Toets die deeg met ’n toetsnaald, as die brood hol klink binne, is dit gaar.
  • Verwyder die brood van die pot en bedien warm.