Skip to the content

ATKV-Eiland Spa spog heeljaar met warm en sonnige weer!

Elke winter sak die langblyers, ook bekend as die Swaeltjies, ‘n groep pensioentrekkers van oor die land, op die ATKV- Eiland Spa toe met hul woonwaens om die warm winterweer te geniet. Die swaeltjies bly tot ses maande hier voordat hulle verkas en elders gaan kamp opslaan.

Alhoewel die Covid-19 pandemie die swaeltjies se vakansieplanne lelik in die wiele gery het roep die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing al ons langblyers weer vir langer terug. Ons sien uit om al ons langblyers aan die stert van die winter en deur die heerlike lente weer terug op die oord te sien.

Sleep saam met die langblyers met die volgende maandpakket-tariewe vir 2020.