Skip to the content

Vroeg-uit-die-vere.

Vroeg uit die vere - ATKV Oorde

Beste ATKV-gas

Ná ’n uitmergelende inperking en maande van by die huis sit, smag ons almal na ʼn bietjie vryheid. Weens die COVID-19-pandemie het handreinigers, maskers dra en sosiale afstand ons nuwe normaal geword. 

By die ATKV besef ons die erns van die COVID-19-pandemie en ook die finansiële impak wat weens ekonomiese omstandighede, werksverlies en salarisverlagings daarmee gepaard gaan. Ons wil jou dus gerusstel dat ons, wanneer jy wel met vakansie wil en kan gaan, jou beste belange op die hart dra en dat ons graag ook ons deel doen om dit vir jou moontlik te maak.

Dit is vir ons, as die ATKV, belangrik dat gesinne in gemak kan kom uitspan ná die druk wat as gevolg van die pandemie op alle Suid-Afrikaners geplaas is, en wil daarom ons gaste aanmoedig om nou gebruik te maak van ons vooruitbesprekingspromosie. Bespreek aanlyn by enige van ons sewe pragoorde gedurende Oktober 2020 vir Februarie 2021 en kry 10% afslag, of bespreek vir Mei 2021 en kry 15% afslag.  Bepalings en voorwaardes geld. Langnaweke en skoolvakansies uitgesluit. Aankoms- en vertrekdatums moet gedurende Februarie 2021 of Mei 2021 wees.

Nie eers COVID-19 kan hierdie keer die ervaring vir jou bederf nie, aangesien ons hard gewerk het om seker te maak dat alle veiligheidsmaatreëls ingestel is om die omgewing so skoon en veilig as moontlik te maak. Jy kan dus die beste van jou wegbreek maak, sonder om oor jou en jou gesin se veiligheid te bekommer.

Waarvoor wag jy? Moenie jou kans misloop om die somerson by ATKV-oorde te geniet nie. Gaan haal daardie baaikostuum uit die kas uit, haak jou woonwa of sleepwa en verruil die stadstoneel vir ’n natuurtoneel. ATKV-oorde is perfek vir bekostigbare gesinsvakansies en ons kan nie wag om jou met ’n welverdiende blaaskans te bederf nie. 

Neem kennis: Besprekings vir die vroeëbesprekingspromosie kan slegs aanlyn deur ons eie platforms of dié van ons aanlynbesprekingsvenootte gedoen word. Indien die bespreking voor aankoms gekanselleer/geskuif sou word, verval die afslag, en dit is nie oordraagbaar nie. 

Besoek gerus www.atkvoorde.co.za vir meer inligting of hou ons sosialemediakanale en webwerwe dop om op hoogte te bly van ons nuutste sakpasaanbiedinge.