Skip to the content

ATKV-oorde se kostestrukture

Liewe ATKV-oordbesoeker

Om dit vir u nog makliker te maak om by u gunsteling ATKV-oord te kom uitspan, wil ons graag net die volgende onder u aandag bring.

Vanaf 1 Maart 2022 word alle ATKV-oorde se kostestrukture vereenvoudig, om te verhoed dat gaste nie deur bykomende kostes onkant gevang word wanneer hulle ’n bespreking maak nie.

Voortaan sal die besprekingsfooi, lewensreddersfooi (waar van toepassing) en die vermaakfooi by die tarief op die tariefkaarte vir lede en nie-lede ingereken word.

Hierdie opgeneemde tariefaanpassing verseker dat slegs ʼn enkel tarief vir alle inbel- sowel as aanlynbesprekings aangeslaan word, sodat alle verkeerde interpretasies met betrekking tot bykomende kostes uit die weg geruim kan word. Die besluit vereenvoudig die belyning met die aanlynbedryfspraktyk (via die ATKV-oorde se eie webblad of ons verbintenis met ʼn aanlynreisagentskap of -toeroperateur) wat behels dat slegs ʼn enkel tarief gehef word.

Gaste kan dus daarna uitsien dat die tarief op die tariefkaarte alle kostes rondom die verblyfeenheid en/of kamptaanplek aan u gunsteling ATKV-oord insluit.

ATKV-oorde wil graag net die volgende uitsonder:

1. Ekstra voertuie en ekstra persone sal steeds ʼn fooi moet betaal.

2. Dagbesoekers sal steeds die toepaslike dagbesoektariewe moet betaal.

Maak gerus gebruik van die ATKV-oord van u keuse se tariefkaart vir meer inligting oor die tariefaanpassing.

Tariewe vanaf 1 Maart 2022 sal voorlopig teen 1 November 2021 bekendgestel word.

Ons waardeer u begrip in die verband.