Skip to the content
ATKV-Klein-Kariba – kom span uit in ’n stukkie Bosveldparadys

ATKV-Klein-Kariba – kom span uit in ’n stukkie Bosveldparadys

Dis tyd vir ’n wegbreek. Die jaar begin al sy tol eis, maar gelukkig is die skoolvakansie en Paasnaweek om die draai. ATKV-Klein-Kariba is ’n stukkie paradys in die Bosveld, ’n klipgooi van Johannesburg en Pretoria af. Hiér kan jy in ’n berghuis, tenthuis of woonwa bly terwyl die wilde diere soos sebras, njalas en bobbejane, en ook voëlgesang jou elke oggend herinner dat jy ver van die stad se geraas is. En indien jy verder wil verken, is daar wandelpaaie waar jy die skugter nonnetjieuil en bonthoutkappers kan teëkom.

Vir die kleinspan is die opsies legio – hulle kan baljaar in die warm- en kouewaterswembaddens en op die glybaan. Hulle kan selfs ’n bietjie die dam met die trapbootjies gaan verken. En ná ’n dag van ontspan kan hulle Koswerf besoek en smul aan die vele geregte op die spyskaart as ma (of pa) ’n ruskans wil neem van kosmaak.

Indien jy die omgewing wil verken, is daar kultuur- en historiese roetes wat jy kan besoek – Leipoldt se kultuurroete, die Mahlakahlaka-ruïnes en Buyskop- historiese roete is ’n belewenis vir elke kultuur- en geskiedenisliefhebber. Vir die avontuurlustiges is daar is wild- en boogjag, asook valskerm- en tandemspring.

Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Klein-Kariba is net die medisyne om jou kop skoon te kry en jou van jou sorge te laat vergeet.

Boonop het ons vele aanloklike aanbiedinge beskikbaar.

Bespreek hier https://klein-kariba.co.za/besprekings/  en gee jouself die rus wat jou toekom.

ATKV-Lede: Maak oordbesprekings op lidtarief – alles op die nuwe aanlyn ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/

*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.