Skip to the content

Gerespekteerde denkleier stel gratis leierskapgids vry vir 2022

Erik Kruger is ’n denkleier en ware baanbreker van moderne leierskap. As stigter van Modern Breed, internasionale spreker, besigheidsafrigter en skrywer – met ’n meestersgraad in Uitvoerende Afrigting – meen Erik dat “2022 die jaar is om meer te doen as net te oorleef. Nie omdat die wêreld noodwendig gaan normaliseer nie, maar omdat dit malligheid gaan voortgaan. Ons kan nie toelaat dat potensiaal en prestasie deur eksterne faktore bepaal word nie. Op ’n diep sielkundige vlak, is dit tyd om verby die magteloosheid van die afgelope twee jaar te beweeg na ’n plek van eienaarskap, verantwoordelikheid en effektiwiteit.” 

Volgens hierdie hoëprestasie-afrigter en fasiliteerder, wat vertrou word as denkvennoot deur mense soos die Young President’s Organization, die Entrepreneurs Organization, Discovery, TedX en vele meer, is dit nie iets wat ’n mens op ander kan afdwing nie. Hy glo egter persoonlik dat dit nou die tyd is om mense te motiveer om hulle eie krag en waarde te herontdek. Om dit te doen, sal individue en spanne moet verander hoe hulle dink en optree, om die beste te maak van toekomstige geleenthede.

Goeie nuus vir leiers en entrepreneurs, is dat sy gesogte leierskapgids, THE ART OF RECALIBRATION, wat fokus op die vyf kalibrasies (spannings) wat individue en spanne moet navigeer om suksesvol te wees, nou GRATIS hier beskikbaar is:  http://Erikkruger.com/2022

Die doel van hierdie gids is om besigheidsleiers, entrepreneurs en menslike hulpbronbestuurders te help om suksesvol te wees in ’n onseker en wisselvallige wêreld, waarin hulle konstant gedwing word om hulle manier van dink en doen te verander.  

Hierdie leierskaphandleiding is noukeurig saamgestel en is ongelooflik insiggewend en waardevol. Dit sal nie net jou en jou span help om te fokus en die regte vlak van kalibrasie te vind nie, maar ook om te verstaan dat jy voortdurend moet kalibreer volgens wat vereis word.

Die kalibrasies wat Erik in die gids deel, spruit uit die werk wat hy met organisasies regoor die wêreld gedoen het. Dit is ’n kombinasie van die nuutste leierskaptendense (met die aanpassings wat leiers sal moet maak in ag geneem) wat besin oor die uitdagings wat kliënte in die gesig staar, asook privaat-afrigtinggesprekke wat hy met talle leiers in verskillende industrieë gehad het.

Elke afdeling laat ruimte vir jou, as leier, om te reflekteer of daar geleenthede is om leierskap te ontwikkel en aan die einde van die gids is daar ’n opsomming van punte waarop jy en jou span kan fokus soos wat die jaar afskop.  

Die vyf kalibrasies wat in 2022 se leierskapgids bespreek word, is:

KALIBRASIE 1: ONTLEED EN VERKEN 
KALIBRASIE 2: TRANSFORMASIONEEL EN TRANSAKSIONEEL
KALIBRASIE 3: KWESBAAR EN VEERKRAGTIG
KALIBRASIE 4: LEERSONE EN PRESTASIESONE 
KALIBRASIE 5: SKADELOOS EN GEVAARLIK

“As die afgelope twee jaar ons enigiets geleer het, is dit dat bedreigings bestaan en dat ons reaksie ’n effek het op die toekoms. Jou lewe is ’n kombinasie van die veelvuldige rolle wat jy speel. Jy neem hierdie rolle aan omdat dit vir jou en die mense om jou belangrik is.

Jy is ’n leier, lewensmaat, miskien ’n ouer, minnaar, en ’n vriend. Maar wanneer jy hierdie rolle onder die vergrootglas plaas, sal jy besef dat jy ook ’n baanbreker, voog, ontdekkingsreisiger, avonturier en held is. Daarom dink ek dat jy ’n bedreiging vir die bedreiging behoort te wees. ’n Gevaar vir die gevaar. Jy moet Gevaarlik wees. Natuurlik praat ons hier van gevare en uitdagings wat oorwin moet word deur dapperheid, vasberadenheid en vaardighede, en nie met ’n mes nie,” sluit Erik af.

THE ART OF RECALIBRATION 2022 word met trots gedryf deur Sasfin.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

FACEBOOK: https://www.facebook.com/erik.kruger.359
INSTAGRAM: @erik_kruger
TWITTER: @EricKruger
YOUTUBE: https://youtube.com/c/ErikKruger
TIKTOK: @erik_kruger