Skip to the content

'n Tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water … ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite. Benewens al die ontspanningsfasiliteite by die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Met moderne fasiliteite vir 400 mense kan ATKV-Natalia konferensiegroepe en selfs skoolgroepe huisves.

 

Promosies

Bly vir minder die somer by ATKV-oorde. Spesiale aanbod vir Januarie & Februarie nou beskikbaar.

Aanlyngeskenkbewyse

Wil jy graag iemand bederf met ’n ervaring as geskenk?  
Kliek hier om ’n ATKV-geskenkbewys te koop.

 

COVID-19 Suid-Afrika

Vir die nuutste inligting rakende die koronavirus in SA, volg gerus die skakel.

50-PLUSSERS!

Bosveld op sy beste!

Die ATKV maak jou Bosvelddrome waar met Negester Klein-Kariba.