Hartenbos-Seefront Solders: Die luukse pret begin hier!

posted on

Smag jy na vars seelug, branders wat op jou voorstoep breek en ’n bobaas-ontbyt? Wil jy graag die stad se gedruis inruil vir die see se suis? Die splinternuwe Hartenbos- Seefront Solders, is dan ideal vir jou volgende luukse wegbreek! Groot bederf wag op diegene wat hierheen gaan!

seefront_lofts1Op 15 Maart 2019 het ATKV-Oorde en Hartenbos-Seefront, nege luukse eenhede geopen vir ieder en elk om te kom uitspan en die pragtige see uitsig te geniet!

Seefront Solders is nie net ’n hotel nie, maar leefstyl akkommodasie wat omring word met top gehalte vermaak en fasiliteite wat beskikbaar is. Gaste kan verskeie fasilitieite en restaurante, wat binne loopafstand is, geniet. Die gimnasium is beskikbaar om te verseker dat jy steeds jou daaglikse oefeninge kan doen. Ons verhitte swembad is perfek vir ’n ontspanningsessie en die Pretpark sorg vir eindelose baljaar vir die hele gesin.

Wat is die verblyfopsies by die Seefront Solders?

  • Vier silwer eenhede
  • Vier goue eenhede met enkele eenhede wat spog met ’n pragtige see uitsig.
  • Een platinum eenheid met ’n lieflike dek.

Al die eenhede is afgewerk met topklas materiale en meubels om aan gaste ʼn duursame gevoel te gee. Die Seefront Solders is almal toegerus met lugversorging vir ’n warm somersdag en ’n groot skerm TV met eindelose DSTV vermaak. Daar is ook WiFi beskikbaar, sodoende kan jy altyd op hoogte bly of jy nou reis vir ontspanning of besigheid. Gaste is ook welkom om hul waardevolle besittings in die kluis van elke eenheid te stoor.

seefront_lofts4Die Seefront Solders is nie nét vir vakansiegangers bestem nie, maar ook vir die konferensiemark. Konferensiegroepe kan nou bedags konferensies bywoon en snags in ’n luukse eenheid ontspan en ’n heerlike Koswerf-ontbyt geniet! “Die Seefront Solders is geskik vir beide die Konferensie- en reisende vakansiemark vir sowel binnelandse as buitelandse reisigers. Fase een is net nege eenhede, maar ons beplan om ’n volgende fase van nóg nege eenhede te skep in die nabye toekoms wat aanbod sal versterk ten opsigte van die konferensiemark”, vertel Schalk Cilliers, Besturende Direkteur van ATKV-Sake.

Kristel van Heerden, een van ons eerste gaste by die Seefront Solders, vertel dat sy verseker weer by Hartenbos ’n draai sal kom maak! “Die kamer waarin ons gebly het was luuks en baie netjies. Die enorme bed was verseker ’n hoogtepunt en ons kon behoorlik uitrus by die Seefront Solders. Ons het saans die heerlike kos van die restaurante geniet en bedags in die Pretpark baljaar! Ons sal sonder twyfel weer by Hartenbos kom vakansie hou”.

Gaste kan uitsien na topgehalte winkels, ontspanningsfasiliteite en pragtige  natuurtonele wanneer hulle met ongekende gasvryheid hier verwelkom word.

| Categories: Nuus | Tags: | View Count: (501) | Return