Lilizela Toerisme Toekennings

posted on

Vanjaar spog ATKV-Oorde met verskeie toekennings wat verower is by die Lilizela Toerisme Toekennings 2018. Die toekeningsaand het op 17 November 2018 by die Sandton Convention Centre in Johannesburg plaasgevind. Dié toekennings gee erkenning aan instansies wat ’n wêreldklas produk en diens in die toerisme bedryf lewer. Die publiek het die geleentheid gehad om vir hul gunsteling vakansie bestemmings te stem en ons oorde het stof in almal se oë geskop!

Hier volg die uitslae:

ATKV-Klein-Kariba het in die onderstaande afdelings met die nasionale 1ste prys weggestap:

  • 3-ster MESE (Meetings, Exhibitions and Special Events)
  • 3-ster selfsorg-akkommodasie

Klein-Kariba het ook natuurlik vroeër vanjaar die provinsiale eerste plek verower in die 3-ster MESE (Meetings, Exhibitions and Special Events) en die 3-ster selfsorg-akkommodasie met fasiliteite kategorie.

“Ons personeel se toewyding en passie is verseker ons grootste bate en ons is dankbaar vir elkeen. Die toekenings wat ons verower het, kan slegs bereik word deur gaste deurentyd op die hande te dra en ’n veilig en aangename omgewing te skep wat natuurlik ook die waarde vir geld bied. Dit is  ATKV-Klein-Kariba vakansie-oord se strewe om die voorkeurbestemming vir die gesinsmark en konferensiemark in Suid Afrika te wees”, vertel Wim de Wet, oordbestuurder van ATKV-Klein-Kariba.

ATKV-Natalia het in die onderstaande afdeling met die nasionale 1ste prys weggestap:

  • 4-Ster karavaan en kampering

“ATKV-Natalia wil baie dankie sê vir al ons ondersteuners wat vir ons gestem het tydens die jaarlikse Nasionale Lilizela-toekennings, sonder julle sou ons nie die trofee as nasionale wenners in die 4-ster

karavaan en kampeer afdeling omhoog kon hou nie. Ons wil graag dankie sê vir al die die harde werk wat ons personeel insit om sover moontlik vir elke gas 'n onvergeetlike vakansie ervaring te bied”, vertel Elza-Lee Pretorius, oordbestuurder van ATKV-Natalia.

ATKV-Drakensville was die nasionale wenner in die volgende afdeling:

  • 3 ster karavaan en kampering

Ons het ook by Petre Theron, oordbestuurder van ATKV-Drakensville gaan inloer om te hoor wat hy sê van ATKV-Drakensville se prestasie. “Ons is besonder dankbaar dat gaste die ekstra myl gestap het om hul stemme te laat hoor vir Drakensville. Ons sal weer die ekstra myl stap vir ons gaste, hulle verdien om bederf te word. Dit bevestig weereens dat daar ‘n groot lojale gastebasis is wat Drakensville as hul nommer een vakansie bestemming kies. Ons wil graag  aan mense die geleentheid bied om in ‘n veilige en ontspanne atmosfeer die gras onder kaalvoete te laat kielie, ‘n roomys onbevange te kan lek, ‘n vuurtjie te laat brand sodat gesinne mekaar in die oë kan kyk om verlore tyd hier op te vang”.

Nóg Drakie nuus:

Johan Outram, ons Omgewingssentrum-bestuurder het ook die toekenning vir die beste plaaslike avontuurgids 2018 huistoe gebring

| Categories: Nuus | Tags: | View Count: (51) | Return