’n Reus in die Suid-Afrikaanse vakansieoordbedryf borg die Louis 57 Junior Golf Academy.

posted on

Mosselbaai, Suid-Afrika – ’n Paar honderd jaar gelede was gholf net bedoel vir superieure mense in hoë sosiale kringe wat graag eksklusief wou wees. Met die ontwikkeling van gholf het hierdie sportsoort ook gewild geword by mans en vrouens in die sakewêreld.

’n Paar honderd jaar gelede was gholf net bedoel vir superieure mense in hoë sosiale kringe wat graag eksklusief wou wees. Met die ontwikkeling van gholf het hierdie sportsoort ook gewild geword by mans en vrouens in die sakewêreld. Die Louis 57 Junior Golf Academy het sedert sy ontstaan in 2009 die aandag getrek van ’n Suid-Afrikaanse reus in die vakansieoordbedryf, naamlik die ATKV-oorde. “Voordat ons borgskappe aanbied en in organisasies belê, is dit van kardinale belang dat ons ons waardes in ag neem en dan na organisasies te soek wat dieselfde waardes handhaaf. Kinders is baie belangrik vir die ATKV. Om in programme te belê wat vandag se kinders kan laat ontwikkel in more se leiers, vra nie baie dinkwerk nie. Ons moes net betrokke raak,” sê Reinard du Plessis, hoofbestuurder van bemarking by ATKV-Sake.  

Die ATKV is vir drie jaar as borge betrokke by die Akademie en die borgskap vir 2017 beloop R70 000,00. Dit sluit die betaling in vir oefenklere en professionele gholflesse. Een van die ander groot borge is R&A, ’n internasionale beheerliggaam vir gholf. “Die Louis 57 Junior Golf Academy is baie meer as net ’n junior gholfakademie. Ons kan nie van elke seun in die Akademie verwag om ’n wêreldbekende gholfspeler soos Louis te word nie, maar ons wil van elke seun ’n goed gebalanseerde individu maak wat gereed is vir die lewe se uitdagings. Hulle moet eerlike, goedhartige en doelgerigte jong mans word,” het Nicole Loesch, afrigter van die Akademie by die Kingswood-gholfbaan in George gesê op die vraag waarom die Akademie en die programme so belangrik is. 

louis57

Die Akademie, wat deur die wêreldbekende Louis Oosthuizen gestig is, wil noodsaaklike lewensvaardighede oordra aan die kinders by die Akademie. Hulle neem byvoorbeeld deel aan programme vir aggressiebeheer, die bestuur van tyd en geld asook konflikhantering. Louis Oosthuizen verduidelik soos volg waarom hy die Akademie gestig het: “Die Mosselbaai-gholfklub is sedert 2006 betrokke by die ontwikkeling van gholfvaardighede. Al hoe meer junior gholfspelers het ingeskakel by die afrigprogramme wat gemik was op kinders van minder bevoorregte gebiede. Die Mosselbaai-gholfklub het vir die lesse betaal. Die gewildheid van die afrigprogramme het al hoe meer kinders laat deelneem. Danksy die goeie afrigting het die kinders begin kwalifiseer vir deelname aan die Suid-Kaapse toernooie. Daar was ook ’n behoefte aan fondse om meer kinders te kon insluit by die programme. Ná samesprekings het ek besluit om die Louis 57 Golf Academy te stig saam met Petrie Cronjé en Bertu Nel.”. 

| Categories: Nuus | Tags: | View Count: (402) | Return