Aksiebelaaide Actionman by ATKV-Klein-Kariba

posted on

Hindernisbaan-wedrenne is tans een van die vinnigste groeiende avontuursport ter wêreld! Op Saterdag, 7 Oktober kan jy ook deel wees van hierdie avontuur. Actionman skop vanjaar by ATKV-Klein-Kariba af en beoog om hope pret en plesier vir die hele gesin te verskaf.  Oud en jonk is welkom om deel te wees van dié hindernisbaan-wedren.

Deelnemers het die keuse tussen ’n 5 km en 10 km wedren. Die 5 km wedren het nege hindernisse en daar is geen tydlimiet op dié wedren nie. In die 10 km wedren moet deelnemers 16 hindernisse in ’n bepaalde tyd voltooi. 

Om in te skryf vir dié aksiebelaaide wedren, besoek gerus: www.actionman.co.za

IMG_8979

Inskrywingsfooie beloop as volg:

  • 5 km wedren vir persone onder 18-jaar teen R150 per persoon.
  • 5 km wedren vir persone bo 18-jaar teen R250 per persoon.
  • 5 km wedren vir ’n span van 4 persone teen R880  per span.
  • 10 km wedren (sluit ’n verpligte tydskyfie in) teen R350 per persoon.

IMG_8777

Die publiek verkry gratis toegang om die Actionman by te woon en om deelnemers te ondersteun. “Ons nooi alle avontuurlustiges, jonk en oud, groot en klein, ma en pa asook boet en sus om Saterdag aan die Actionman uitdaging te kom deelneem en sommer ‘n dag van pret en plesier vir die hele gesin daarvan maak by ATKV-Klein-Kariba” vertel Riaan Maritz, bemarkingsbestuurder van ATKV-Klein-Kariba. 

Die eerste groep deelnemers wat aan die 10 km hindernis-wedren deelneem spring reeds om 07:00 Saterdagoggend weg. Daarna spring daar elke 10 minute ’n volgende groep weg. Die 5 km wedren se deelnemers spring om 11:30 weg. 

Daar is verskeie kosstalletjies, gratis parkering en ’n biertent waar ieder en elk kan uitspan vir die dag. Daar is ook vermaak, speletjies, springkastele asook ’n hindernisbaan vir kinders. 

Vir meer inligting oor Actionman kontak gerus vir Jaco by 082 302 0324 of 082 7382909. Besoek ook die webtuiste om in te skryf www.actionman.co.za. 

| Categories: Nuus | Tags: | View Count: (235) | Return