Hartenbos-Seefront Cuppa for CANSA met ‘n Italiaanse smaak!

posted on

Cansa(2)CansaHartenbos, Mosselbaai- KANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika) se Suid-Kaap Karoo tak het hierdie jaar hul Cuppa For CANSA vir die eerste keer by die Hartenbos-Seefront aangebied. Die Hartenbos-Seefront Cuppa For CANSA het op Woensdag, 23 Augustus plaasgevind.

Hierdie Cuppa For CANSA was die ideale geleentheid vir oud en jonk om saam te kuier. Die uniekheid van dié gebeurtenis was natuurlik dat die geleentheid ’n ietwat Italiaanse smaak gehad het. Disse soos tradisionele Lasagne en Sesame Street-slaai met smullekker hoenderborsies, feta kaas, gevulde Peppadews en Mozzarella-kaas met ’n interessante sitruskombinasie is net ’n paar van die smaaklike disse wat bedien was.

Wat hierdie geleentheid meer spesiaal gemaak het, plaaslike sanger, Rachus Muller het die gaste vermaak. Gasspreker, Melanie Pretorius ook ’n mediese dokter, wat ook onlangs kanker oorwin het, het haar storie gedeel. Haar ondervinding as ‘n dokter, is en bly ‘n unieke ervaring en ‘n besonderse getuienis wat sy met die gaste gedeel het.

Waar daar ‘n Cuppa For CANSA is, is daar hoop. Dié geleentheid was om kanker-oorwinnaars te vier en herinneringe van dié wat die stryd verloor het, te deel. Dit was verseker ’n spesiale oggend!

Vir meer inligting, kontak gerus vir Lucinda op 082 663 3529 of per e-pos op lucinda@cansa.org.za.

| Categories: Nuus | Tags: | View Count: (587) | Return