ATKV-Hartenbos-Seefront betower in pers teen kanker.

posted on

Mosselbaai - Die immergewilde toeristebestemming, ATKV-Hartenbos se eerste KANSA-Relay for Life het op Saterdag, 4 November 2017 plaasgevind met die tema “The Power of Purple Party”. Die Hartenbos-Seefront is in pers lappe betower en elkeen kon hul ondersteuning kom wys deur deel te neem aan die verskeie aktiwiteite wat KANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika) aangebied het.

“Pers is die kleur wat ons gekies het om die bewusmakingsveldtog te dryf. Die pers kleur is omvattend en verteenwoordig alle tipes kanker. Dit is ons negende jaarlikse gebeurtenis, so ons wou iets nuuts en opwindend doen. Ons het dus besluit om die geleentheid na die ATKV-Hartenbos Seefront te skuif en aan die hele gesin ’n geleentheid te gee om deel te kan neem", vertel Lucinda Viljoen van KANSA-gemeenskap ontwikkeling.

Hartenbos-Seefront KANSA Aktiwiteite:

1. Pers Vrydag en die Pretstap

Pers Vrydag was gemik op die plaaslike winkels en bestuurders. Besighede het hul ondersteuning gewys deur hul winkels met pers te versier. Die Pretstap het om 18:00 afgeskop en elke gesin was in pers getooi.

2. Woef-oorwinnaars

Kansa(1)Die ‘Bark For Life’ projek was vir die diereliefhebbers. Tydens dié gebeurtenis is eer aan die honde betoon wat self kankerlyers is. Daar was selfs honde en hul eienaars wat die kankerstryd saam oorwin het.

3. Kanker Oorwinnaars-ete

Die heerlike ete vir kanker-oorwinnaars is by Piza-E-Vino gehou. Almal het heerlik saam gekuier en solank kragte opgebou vir die groot staptog van later die aand.

4. KANSA- Relay 4 Life Staptog

Spanne regoor die gemeenskap het saamgekom om ’n verskil te kom maak en hul ondersteuning te wys. Die spanne het saam gestap en gekuier. Om 18:00 het die staptog vir die kanker-oorwinnaars in die ATKV-Hartenbos Seefront se pretpark afgeskop. Al die kanker-oorwinnaars het saam eenkeer om die baan gestap en daar is eer aan hulle gebring. Die persone wat ook ’n noodsaaklike rol in die stryd teen kanker speel, is natuurlik hul versorgers.

Daar was ook die geleentheid geskep waar die versorgers van kanker pasiënte, eenkeer om die baan kon stap. “Ons stap al vir die afgelope sewe jaar die KANSA-stapKansa(3). Ons het ’n passie en dit maak ons deel van die gemeenskap. Daar is baie mense wat ly en ons is hier om hulle te ondersteun”, vertel Margaret Bhana en Connie Pietersen wat deel is van die Hillies-Stapgroep.

Die KANSA-Relay for Life was ’n daadwerklike sukses en die ondersteuning van die gemeenskap was wonderlik. By ATKV-Hartenbos gee ons terug aan die gemeenskap en sy mense.

| Categories: Nuus | Tags: | View Count: (888) | Return