Wen groot dié Paasfees by Hartenbos-Seefront!

posted on

Paasfees is sowaar nét om die draai! Maak seker jy is deel van die Hartenbos-Seefront Paaseierskattejag wat vanjaar op 2 April plaasvind en staan die kans om groot pryse te wen!

Hier is hoe jy kan deelneem:

  • Spandeer meer as R250 by enige winkel by die Hartenbos-Seefront en jy staan die kans om een van die gelukkige deelnemers aan die skattejag te wees.
  • Die gelukkige deelnemer van elke winkel, sal op 30 Maart 2018 in kennis gestel word.
  • Op dié dag sal daar 40 eiers versteek word en elke deelnemer sal die kans staan om koopbewyse ter waarde van R 3000 te wen.

Jy kan uitsien na hope pret en plesier by dié skattejag met kunstenaars en speletjies wat vermaak vir die hele gesin verskaf.

Jy kan ondermeer by die volgende winkels meer as R 250 spandeer om ’n kans te staan om deel te neem aan die opwindende Paaseier Skattejag: Lani’s Boutique, #Beauty Salon, V-Fix, Vodacom Chat, The Room Hairdresser, Matchbox, Nike Biltong, Danielle’s Ice Cream, Doughy’s, Pick a Pay, Mrs Fish, Post@Print, Carlu Jewellery, Hartenbos Seefront Karwas, Mond-en- Voetskilders, Atlantis Beach Wear, Outerpool Beach Wear, Wellness World Gym, Clicks, Leatherking, Moerby en Spur.

Ons nooi die gemeenskap uit om deel te wees van die lekker dag en wie weet? Dalk loop jy weg met jou goue eier!

| Categories: Nuus | Tags: | View Count: (436) | Return