Kennisgewing: Eiland Spa Hidroswembad

posted on

Weens onvoorsiene noodsaaklike instandhouding was ons op aanbeveling van ’n strukturele ingenieur genoodsaak om die spa te sluit. Die veiligheid en welstand van ons gaste word altyd vooropgestel.

Die grootste werk is uit die gesigsveld en word gedoen aan die struktuur wat die binneswembad dra. Onsigbare waterlekke in die mure het die staal van die gewapende beton erg beskadig.

Terwyl die spa gesluit is, word die voorkoms en algemene inkleding daarvan sommer ook opgekikker sodat die spa soos die spreekwoordelike nuwe sikspens sal lyk wanneer die werk voltooi is. Die vloere en mure word nuut geteël, die verfwerk opgeknap en nuwe ligte word aangebring.

Volgens beplanning sal die werk gedurende Junie 2018 afgehandel wees mits daar nie nog onvoorsiene dinge opduik nie.

Die bestuur van Eiland Spa vra om verskoning dat die spa nie gebruik kan word nie, asook vir enige ongerief wat daardeur veroorsaak is. Die oordpersoneel sien met groot verwagting uit na die eindproduk wat ook ’n nuwe ervaring vir die gaste sal bied.

Vriendelike Eiland Spa-groete

| Categories: Nuus | Tags: | View Count: (1262) | Return