’n Verfrissende vennootskap: Vrugteys-vreugde vir die ATKV-oorde oor die hele land

Ons is onbeskryfbaar trots daarop om ons waardevolle, jare lange vennootskap met die ATKV-oorde te kan vier – een van Suid-Afrika se gewildste vakansieoordgroepe wat families eerste stel. Vir baie jare al verkwik ons die gaste by die ATKV-oorde met ons eersteklas Slush-produkte, van die goue strande van KwaZulu-Natal tot in die vreedsame Bosveldwêreld van die Limpopo- en Noordwesprovinsie.

Redes hoekom die ATKV so ’n koel vennoot verkies 

 

Die ATKV-oorde is gegrond op ’n trotse erfenis van bekostigbare, familievriendelike uitspanplekke waar die Suid-Afrikaanse kultuur, die natuur en saamweestye gevier word. Hierdie oordgroep verwelkom vakansiegangers by sewe pragtige en eiesoortige oorde, naamlik ATKV-Drakensville, ATKV-Eiland Spa, ATKV-Goudini Spa, ATKV-Natalia, ATKV- Buffelspoort, ATKV-Hartenbos en  ATKV-Klein-Kariba. Duisende mense uit verskillende generasies – van speenoud tot beenoud – kuier jaarliks by dié groot sewe op soek na pret, ontspanning en oomblikke wat vir altyd onthou sal word.

 

Toe die ATKV sy aanbod van voedsel en drankies aantrekliker wou maak met kleurvolle, koue bederfgoed waarvan kinders en volwassenes sal hou, het die personeel na ons toe gekom.  Ons Slush-mengsels van vrugteys is van hoogstaande gehalte en reg vir gebruik. Dit is altyd smaakvol met helder, aanloklike kleure en elke keer daardie heerlike growwerige tekstuur van vrugteys – of dit nou op ’n snikhete dag langs die swembad of as ’n soet beloning ná ’n dag vol aktiwiteite bedien word.  

Só bied ons steeds waarde aan die ATKV 

Ons verhouding gaan baie verder as om net ’n produk te voorsien. Ons sien onsself as ware vennote in die ATKV se sukses vir die volgende redes:  

  • Landswye betroubare voorsiening – Omdat die oorde oor vyf provinsies versprei is, het ons ’n stewige verspreidingsnetwerk gevestig wat vars aflewering waarborg wat ook betyds is maak nie saak van die ligging nie.  

  • Geliefkoosde geure vir elke seisoen – Met klassieke Aarbei  en Blou Framboos tot geure wat trots deur Suid-Afrika geïnspireer is, soos Grenadella, Lietsjie, Mango, Sodacrème, Lemoen, Suurlemoen & Lemmetjie, en ook Waatlemoen en Kersie, hou ons die spyskaart opwindend, maar ook plaaslik bekend. 

  • Personeelopleiding en -ondersteuning – Gereelde opleiding by die oorde self verseker dat die personeel vertroud is met ons toerusting vir doeltreffende gebruik om vermorsing te verhoed. Daarby kan die personeel verleidelike vrugteys-skeppings aanbied wat impulsverkope stimuleer.  

  • Familievriendelik en inklusief – Ons Slush is goedgekeur as heeltemal halaal en kosjer, en ook beskikbaar as ’n suikervrye keuse. Dit sluit perfek aan by die ATKV se gesonde, inklusiewe etos.   

Gaste verwys gereeld in kommentaar en op sosialemediaplatforms na die “gewilde ATKV Slush”, wat bewys dat hierdie yskoue verrassings deel is van hulle gekoesterde vakansie-ervarings. 

Ons klink ’n glasie op nog baie koel jare saam!