Meer oor ons

Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort.

Met verskillende soorte selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.

Ons kampeergeriewe is veral gewild. Benewens ons 4-bedtenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en 'n braai-area. Daar is uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite.

Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede – die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die regte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.

 

Toekennings

ATKV-Buffelspoort is tydens vanjaar se Lilizela Toekenningsgeleentheid in Sun City as die wenners in die Noordwes Provinsie aangewys in die Afdeling: Kampering en Selfsorg eenhede - Eksklusief.

Akkommodasie*

Buffelspoort beskik oor ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie vir elke smaak. Omdat jy boonop per eenheid betaal en nie per persoon nie, bespaar jy baie.

Magalies-villas

Die nuutste toevoeging tot ATKV-Buffelspoort se huisvesting is die luukse en moderne Magalies-villas wat elk uit 3 slaapkamers vir ses persone, ’n oopplankombuis en woonvertrek, 2 badkamers en 'n patio met 'n ingeboude braai bestaan. Dié eenhede het ook lugverkoeling.
6-bed Magalies-villas (luuks)

Rondawels

Standaard of luuks met ’n badkamer, volledig toegeruste kombuis en 'n televisie met DStv.
2-bedrondawel (opgegradeer)
4-bedrondawel (nuut opgegradeer)
4-bedrondawel (enkelbed met stort)
4-bedrondawel (voorsambreel)
4-bedrondawel (semiluuks)
4-bedrondawel (standaard)
5-bedrondawel
8-bedrondawel

Tenthuise

Die tenthuise het 4 beddens en ’n badkamer, met of sonder kombuis. 'n Gemeenskaplike kombuis is beskikbaar vir die eenhede wat nie hul eie kombuis het nie.
4-bedtenthuis met badkamer
4-bedtenthuis met badkamer en kombuis

Woonstelle

Die woonstelle het 4, 6 en 8 beddens met 'n badkamer(s), kombuis en TV.
4-bedwoonstel
6-bedwoonstel
8-bedwoonstel
8-bedwoonstel (3 slaapkamers)

Woonwa- en kampeerterrein

Staanplekke op grasperke onder skaduryke bome of geplaveide staanplekke met skadunet, kragpunt en braaigeriewe. Uitmuntende opwas- en ablusiefasiliteite.
Kampering

 

Tariewe

Vir 'n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die Tariewe-skakel onder aan.

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Aktiwiteite en fasiliteite

Aktiwiteite by die oord

  • Koue en warm binnenshuise en buiteswembaddens
  • Borrelbaddens
  • Waterwurm en wipmatte
  • Snoeker en potspel
  • Gholf en avontuur-minigholf
  • Ponie- en perderitte
  • Vlugbal, muurbal, tennis

Fasiliteite by die oord

’n Gelisensieerde restaurant met ’n afdeling vir wegneemetes, ’n sportkroeg, skoonheidsalon en goed toegeruste winkel en drankwinkel. Daar is ook ’n OTM op die perseel.

Besienswaardighede in die omgewing

  • Hartebeespoortdam en Groot-Marico
  • Historiese slagvelde
  • Lesedi Cultural Village
  • Magaliesberg-, Pilanesberg- en Kgaswane-natuurreservaat
  • Sundown Ranch-leeupark
  • Sun City
  • Maropeng, Wieg van die Mensdom en die Sterkfonteingrotte
  • Lugballon-safari’s en die Van Gaalen-kaasplaas

NEEM KENNIS

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Dagbesoekers

Dagbesoekers

Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman wat huisvesting betref terwyl net ATKV-lede die oorde as dagbesoekers kan besoek. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.

Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:

  • 'n Beperkte aantal dagbesoekers.
  • Geen drank by die swembaddens.
  • 'n Beleid van geen dronkenskap.
  • Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek. 
  • Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings tref nie.

Hierdie beleid word toegepas om 'n atmosfeer te skep waarbinne besoekers heerlik kan ontspan. Daarby word aan elke besoeker die geleentheid gebied om die omgewing en die vermaak wat verskaf word, te kan ervaar. Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.

Die beleid is as volg:

Dagbesoekersbeleid

  • ATKV-lede geniet voorkeur bo nielede as hulle die oorde as dagbesoekers besoek.
  • ATKV-lede en nielede betaal ’n dagbesoekerstarief, maar ATKV-lede kry afslag.  
  • Dagbesoekers is nie net beperk tot ATKV-lede nie, maar voorafbesprekings is noodsaaklik.
  • ATKV-lede en nielede wat reeds as vakansiegangers by die oord is se familie en vriende mag hulle as dagbesoekers besoek, maar dis noodsaaklik om vooraf reëlings te tref by ontvangs.
  • Die aantal dagbesoekers per oord moet streng beheer word omdat elke oord net ’n beperkte aantal besoekers kan toelaat.
  • Hierdie dagbesoekersbeleid geld nie vir besoekers aan die Negester Landgoed by Klein-Kariba nie. ’n Afsonderlike beleid is in samewerking met die Huiseienaarsvereniging opgestel vir Negester Landgoed.

Dagbesoekerstarief

  • ATKV-lede: R90 per persoon 
  • Nielede: R150 per persoon

Dagbesoekers kan die oorde daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek. Verskerpte maatreëls is ingestel om te verseker dat dagbesoekers hierby hou tensy ander reëlings met die betrokke oord se bestuur getref is.

Konferensies

Ons heet jou hartlik welkom

Suid-Afrika met sy natuurskoon bied 'n weelde van besienswaardighede wat verdien om erken en geniet te word. Die ATKV het die ideale oplossing: sewe ongeëwenaarde oorde oor die hele land geleë by 'n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander opwindende aanloklikhede, en beskikbaar teen bekostigbare tariewe. Hierdie uitsoekoorde is veilig, behoorlik beskerm en hulle pragtige liggings is inspirerend om van jou konferensie 'n professionele sukses te maak.

Egte gasvryheid in die hart van die Magalies

Buffelspoort bied ’n wye keuse van akkommodasie en geriewe, met inbegrip van ’n behoorlike toegeruste winkel en drankwinkel, gelisensieerde restaurant met 'n wegneemete-afdeling, sportkroeg en skoonheidsalon te midde van die pragtige natuurskoon. Jy sal nie maklik ’n beter geleë basis vind vir dagritte na en van enigeen van die talryke omringende toeristebesienswaardighede nie. Op die terrein is daar vyf ruim en goed toegeruste konferensielokale wat groepe van tot 500 persone kan huisves. Maaltye en akkommodasie vorm deel van ons besonder bekostigbare pakkette.

Vir meer informasie, klik hier

Galery

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto's van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto's en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Tariewe

Die jaarlikse prysverhoging vind plaas op 1 Maart. Besprekings en navrae oor beskikbaarheid van akkommodasie word direk by die oord gedoen. Vir meer inligting kontak ons sentrale besprekingskantoor by +27 11 919 9092 of die oord by +27 14 572 1000.

 

  Tariewe vanaf 1 Maart 2018 tot 28 Februarie 2019  

Lidtariewe

 

Standaard tariewe

 

 

  Tariewe vanaf 1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018  

Lidtariewe

 

Standaard tariewe

Kaart

GPS-koördinate


25º45’37.4″ S / 27º29’14.4″ E

BP karavaanpark Uitleg
Bufflespoort Karavaanpark Uitleg
BP Oord Uitleg
Bufflespoort Oord Uitleg
BP Roetekaart
Bufflespoort Reotekaart

Kontak

Vir algemene navrae en besprekings:
Privaatsak X222, Mooinooi 0325
Tel: +27 14 572 1000
Faks: +27 14 572 1010
Sentrale besprekingskantoor:
Tel.: +27 11 919 9092
Faks: +27 11 919 0246
E-posadres: buffelspoort@atkv.org.za
Webwerf: http://www.buffelspoort.co.za
 
Konferensie Koördineerder:
Sanet Harding
Tel.: +27 14 572 1036
Faks: +27 14 572 1010
E-posadres: saneth@atkv.org.za
Konferensies:
Henlo Lindeque
Tel.: +27 14 572 1035
Faks: +27 14 572 1010
E-posadres: henlol@atkv.org.za
 
  • *
  • *
  • *