ATKV-Hartenbos – almal se droomvakansie...

Die InAfrikaans Hartenbos-konsertreeks, wat die afgelope Desember in Hartenbos plaasgevind het, was wéér een vir die boeke! Konsertgangers het op 27 en 28 Desember 2019 in hul massas by ATKV-Hartenbos opgedaag en kon saam met die bekoorlike klanke sing, dans, hoop en lééf in Afrikaans!

Dié konsertreeks vind elke jaar in die Hartenbos Amfi-teater plaas en is sowaar sinoniem met 'n ware Hartenbos-ervaring. Dit is geleë in die hartjie van die dorp en baie beskut teen die erge Suid-Ooste winde. Families en vriende het saam kom kuier terwyl gaskunstenaars soos Jo Black, Robbie Wessels, Karen Zoid, Refentse, Francois van Coke, Spoegwolf, Kurt Darren, Elandré, Appel, Leah, Early B, Jan Bloukaas en Danny Smoke die gehoor vermaak het. 

Kom verwonder jou aan die eerste oord wat die ATKV gekoop het.

Kyk ’n mens na ou foto’s van die oord (veral die Skip-restaurant van 1958 en die rondaweltjies) is dit opvallend hoe ver die ATKV sedertdien gevorder het.

Die verblyfopsies is legio – bespreek by die luukse Seefront Solders, die woonwapark wat so naby is aan die strand dat jy die see kan proe of die gemaklike rondawels.

En indien jy die wêreld ’n bietjie wil verken, is daar die Kangogrotte naby Oudtshoorn. Naby dié dorp kan jy ook volstruisplase besoek. Vir kultuurvrate is daar ook die Dias-museum en die Punt van Menslike Oorsprong, asook die Cape St. Blaize-vuurtoring.

Om nie eens te praat van die asemrowende gholfbane in die omgewing nie.

Bespreek hier en gun jouself die rus wat jou toekom. Ons het boonop ’n hele paar aanloklike aanbiedinge beskikbaar.

ATKV-lede: Maak oordbesprekings teen die ledetarief – alles is op die nuwe aanlyn ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/.
*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.