ATKV-Oorde beskik oor sewe pragtige vakansieoorde regoor Suid-Afrika, elk met sy eie unieke karakter en bekoring. In vandag se gejaagde wêreld glo ons dat gesinsvakansies belangriker as ooit is – dit skep kosbare geleenthede vir gehaltetyd saam.

Wat al ons oorde besonders maak, is ons fokus op gesinsvriendelike vakansies. Gaste kan ’n veilige, skoon en ontspanne omgewing verwag waar almal welkom voel. Kies tussen gerieflike selfsorgverblyf of goed toegeruste kampplekke. Elke oord beskik ook oor ’n Koswerf-restaurant en winkel vir jou gerief.

ATKV-Oorde – waar herinneringe saam gemaak word.

Fasiliteite

ATKV-oorde is jou alles-in-een-vakansiebestemming, propvol verskillende fasiliteite en geriewe vir die hele gesin.

Konferensies en groepe

Ontsnap uit die kantoor na ’n ATKV-oord van jou keuse en geniet 'n onvergeetlike korporatiewe wegbreek of spanbougeleentheid. Ons geriewe is ook geskik vir skoolgroepe, sosiale groepe en troues.

Vermaak

Vermaak vir die hele gesin!

Akkommodasie

Maak ATKV-oorde jou volgende wegbreekbestemming met 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies, geskik vir elkeen se smaak en begroting.

Kampering

ATKV-oorde bied die koelste kampplekke in die kontrei en ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en ’n braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite is ook beskikbaar.

Fasiliteite

ATKV-oorde spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite. Besoek gerus die oord van jou keuse se webtuiste vir meer inligting.

Vermaak

Beleef pret en avontuur met ATKV-oorde se ontspanningsgeriewe en vermaakaktiwiteite.

Kom kuier saam!