AVBOB en die ATKV span saam vir bekostigbare begrafnisdekking
In ’n merkwaardige deurbraak het twee van Suid-Afrika se staatmakerhandelsmerke, AVBOB Onderlinge Versekeringsgenootskap en die ATKV, besluit om kragte saam te snoer. Die resultaat? ’n Baanbrekervennootskap met ’n enkele doel voor oë: Om vernuwende en bekostigbare begrafnisdekking vir ATKV-lede in elke uithoek van ons land toeganklik te maak.
Die konteks waarbinne die ooreenkoms bereik is, is so ryk aan geskiedenis as wat dit ryk is aan voordele. Die ATKV is alombekend vir kulturele verryking en onwrikbare waardes. AVBOB, Afrika se grootste onderlinge versekeringsgenootskap, pronk eweneens met meer as ’n eeu van uitnemende diens. Saam het dié twee uithaler-ondernemings ’n gedeelde missie: Om individue en gemeenskappe op te hef en betekenisvolle ondersteuning te bied wanneer ATKV-lede dit die nodigste het.
Dit is ’n samewerkingsinisiatief met beduidende voordele en ’n dubbele voorsprong – die kernmissie waaraan AVBOB reeds vir meer as 100 jaar lank getrou bly, is om eenstopdiens uit die boonste rakke te lewer, terwyl die ATKV se topprioriteit is en bly om vernuwende produkte en dienste aan hul lede te bied.
Bekostigbare, bereikbare gemoedsrus
Die ATK-Begrafnisplan, wat deur Credit Welltec Shared Services bestuur word, is spesiaal ontwerp om vir lede ten alle tye gemoedsrus te bied. Die doel van dié puik plan is tweërlei. Eerstens, om families in hul moeilikste tye te ondersteun met die nodige finansiële en emosionele bystand en, tweedens, om topgehalte begrafnisdekking toeganklik te maak vir lede wat dit nie voorheen sou kon bekostig nie.
Veel meer as net ’n vennootskap
Die ATKV-Begrafnisplan spruit direk uit AVBOB se sonderlinge band met hul polishouers, met elke lid wat as deel van die AVBOB-familie verwelkom word. Familie kom immers altyd eerste.
Juis teen hierdie agtergrond is AVBOB, saam met die ATKV, daartoe verbind om die ATKV-lede se behoeftes aan te spreek deur begrafnisdekking meer bekostigbaar en haalbaar as ooit tevore te maak.
’n Gedeelde belofte
AVBOB en die ATKV is op vele maniere twee kante van dieselfde munt – die een bied waardigheid, sekuriteit en deernis in tye van verlies, en die ander bring warmte, gasvryheid en kulturele rykdom. Saam herinner hulle ons dat die lewe gaan oor balans – om vreugdevolle oomblikke te vier terwyl ons voorberei vir werklikhede wat almal uiteindelik moet trotseer.
Danksy hierdie gedeelde belofte staan die twee trotse handelsmerke gereed om ATKV-lede by te staan met sorg, beskerming en ondersteuning op elke tree van hul lewenspad.
Kontak gerus vir Welltec Shared Services (Edms.) Bpk. by 012 881 0609 vir meer inligting.
SMS “ATKV” na 48737
OF
stuur ’n WhatsApp-boodskap na 066 169 5781.