Somer is die tyd om buite te wees, tyd saam met familie en vriende deur te bring en die sonskyn te geniet!
Sewe oorde vorm deel van die ATKV-oordeaanbod, elk in van die mooiste gedeeltes in Suid-Afrika geleë.
Ons doelwit is eenvoudig: om gesinne van uitsonderlike vakansieverblyf en vermaak te voorsien en só die perfekte ruimte vir ontspanning, verkwikking en gehaltetyd saam met jou geliefdes te skep.
Desembervakansies is ons besigste tyd van die jaar en ons is gewoonlik lank vooruit reeds volbespreek, daarom bied ons vir jou ’n kans om ’n bietjie vroeër of later as die groot skares te kom ontspan.
Leer hier meer oor die oordaanbiedinge:

ATKV-Oorde is bekend vir heerlike gesinsvriendelike vermaak tydens die Desembervakansie.
Die mammas en pappas sal ook ’n welverdiende blaaskans kry terwyl ons die kinders om die swembad besig hou. Al die oorde se vermaakprogramme sal op sosiale media en die ATKV-Oorde-webwerf gepubliseer word.
Ons oorde bied ’n wye verskeidenheid heerlike kos, drankies en happies om te geniet. Of jy nou lus is vir ’n sappige burger, ’n smaaklike toebroodjie of ’n varsgebakte pizza – ons is gereed om jou gesin met ’n onvergeetlike ete te bederf!

Baie van ons hou daarvan om aktief te bly, selfs wanneer ons op vakansie is – en by ATKV-Oorde maak ons dit maklik met ’n verskeidenheid aktiwiteite. Hierdie maand fokus ons op padel, die opwindende nuwe tennis-geïnspireerde sportsoort wat mense wêreldwyd op hol het – letterlik!
Vyf van ons oorde beskik nou oor splinternuwe, bekostigbare padelbane – die ideale kans om hierdie vinnige, sosiale sport saam met jou vriende of familie te probeer. Of jy nou ’n beginner of ’n gesoute speler is, padel verseker pret vir almal!
ATKV-Buffelspoort en ATKV-Klein-Kariba het reeds hul Afrikiti-feeste vir 2025 gehou. Beide was groot pret en ons wil dankie sê aan ons gaste en gemeenskappe wat die feeste ondersteun het. Daar was, soos altyd, lekker kos, markte, aktiwiteite en optredes van Afrikaanse legendes om almal besig te hou.
“Afrikiti is soveel meer as net jou doodgewone fees waar kunstenaars optree. Dis ’n volwaardige kultuurfees waar ons kultuur in sy geheel vier,” sê Reyno Wepener, feesorganiseerder en bemarkingsbestuurder van ATKV-Buffelspoort.
PLUS50-kuierweek by ATKV-Buffelspoort en die Andante-finaal. Die musikant Cor Uys, ’n jare lange vennoot van die ATKV, bied in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS50-tydskrif die Andante Plus50-musiekkompetisie aan.
Alle senior burgers 50 jaar en ouer, behalwe professionele en voltydse kunstenaars wat steeds as musikante bedrywig is, kon deelneem.
Die grootste somerfees op die Tuinroete keer op 20, 27 en 31 Desember 2025 weer terug na die ikoniese ATKV-Hartenbos-amfiteater!
Wat in 2019 as die Somerfees in Mosselbaai begin het, het uitgebrei tot ’n uitverkoopte vakansiehoogtepunt – en dié jaar beloof om selfs groter te wees! Met drie aande se topklasvermaak in ’n pragtige kusomgewing, is GrootFees hierdie vakansieseisoen ’n absolute móét.
Bok van Blerk, Demi Lee Moore, Riana Nel, Ruhan du Toit, Corlea, Ricus Nel, Elvis Blue, Bernice West en Elandré is vanjaar op die AIG-buitelugverhoog te sien.
By die ATKV is taal en kultuur die as waarom alles draai ... goed geolie, met eindelose interessanthede vir musieklikes, kultuurlikes, leergieriges en nuuskieriges, én dié van ons wat eenvoudig na vreugde en ontspanning op soek is.
ATKV-LIDMAATSKAP IS BEKOSTIGBAAR EN SLUIT VERSKEIE VOORDELE IN, ASOOK AFSLAG OP ATKV-OORDBESPREKINGS.
By ATKV-Oorde gee ons nie net lidmaatskapafslag nie, maar ons gee ook afslag as jy aanlyn bespreek. Bespreek jou ATKV-vakansie aanlyn en kry ’n ekstra 5%-afslag. Enige plek, enige tyd – klik, bespreek en geniet jou verblyf.









