Skiet-tragedie by ATKV-Buffelspoort word ondersoek.

Deur Therien Taljaard
Beste ATKV-gas
ATKV-Buffelspoort neem met groot hartseer kennis van die skiet- tragedie wat in die vroeë oggendure van Donderdag 17 Februarie 2022 op die oord plaasgevind het. ATKV-Buffelspoort betoon innige simpatie en medelye aan die familie van die oorledene.
“Die gaste en personeel se veiligheid is van uiterse belang vir die ATKV en dit is daarom die hooffokus om die gesin en die personeel by die oord wat deur die voorval getraumatiseerd is, by te staan.” Hoewel ATKV-Buffelspoort nie op hierdie stadium kommentaar kan lewer oor hoe presies die aanvallers toegang tot die chalet verkry het nie, werk die ATKV ten nouste met die plaaslike polisie en die gemeenskapspolisiëringforum saam om die saak te ondersoek.
Neem asseblief kennis dat die oord normaal funksioneer, oop is vir besoekers en dat verdere veiligheidsmaatreëls ingestel word om sekuriteit op die oord nog meer te versterk.
Ons pleit dat elke gas geduldig sal wees met die polisie se ondersoek. ATKV-Buffelspoort waardeer u begrip en onvoorwaardelike ondersteuning in hierdie verband.
Buffelspoort-groete