Waar glimlagte, sonskyn en lekkernye ontmoet

Daar is iets besonders aan die eenvoudige vreugde van roomys wat jou sommer laat glimlag. Dairymaid bring al vir geslagte lank daardie glimlag na Suid-Afrikaanse huishoudings met hul heerlike roomyse en gevriesde lekkernye. Een happie vat jou dadelik na ’n eindelose somer vol lag, pret en kosbare gesinsoomblikke – want elke Dairymaid-produk is gemaak om te verras en te verheug. G’n wonder Dairymaid staan as die glimlagmaker bekend nie.
As jy net so lief vir sjokolade soos vir roomys is, is Cadbury-roomyse die perfekte bederf vir jou en die gesin. Geliefd in Suid-Afrika en gewild regoor die wêreld – Cadbury is een van die handelsmerke in die wêreldwye roomysmark wat die vinnigste uitbrei. Nou dat die nuwe haselneutgeur deel van die familie is, weet jy sommer jy gaan mal wees daaroor – dit is immers jou gunsteling-sjokolade… net in roomysvorm!
Hierdie onweerstaanbare lekkerte maak Cadbury-roomys die voorkeurbederf by ATKV-oorde regoor Suid-Afrika. Of jy nou by die swembad ontspan, die buitelewe verken of ’n dag vol avontuur afsluit – Cadbury is die perfekte metgesel vir enige gesinswegbreek.
Gepraat van wegbreke: ATKV-Oorde bied van die aanloklikste gesinsvakansiebestemmings in die land. ATKV-Oorde is die Afrikaanse taal- en kultuurvereniging (ATKV) se vakansie-oordafdeling, en hulle het ’n netwerk van sewe pragtige vakansieoorde geskep, elkeen in sy eie stukkie Suid-Afrikaanse paradys geleë. Daar ’n droomvakansie vir elke gesin – van strandwegbreke en bergavonture tot rustige Bosvelduitstappies.
Pak jou tasse vir ATKV-Hartenbos en ATKV-Natalia se sprankelende kuslyne, asem die vars berglug by ATKV-Drakensville en ATKV-Goudini Spa in, verken die natuur by ATKV-Eiland Spa, of ontsnap na ATKV-Buffelspoort en ATKV-Klein-Kariba se rustige bosveldbekoring. Elke oord is gebou om herinneringe te maak – dink aan natuur, strande, swembaddens, glybane, gesinsaktiwiteite en ruimtes waar kinders én grootmense saam pret kan hê.
ATKV-Oorde en Dairymaid-lekkernye is jou resep vir onvergeetlike gesinsoomblikke met hul perfekte kombinasie van avontuur, rustigheid en heerlike bederf. Waar jou volgende ATKV-vakansie jou ook al neem – dit gaan vir seker vol pret, geur en glimlagte wees.