Net buite Bela-Bela, slegs 90 minute vanaf Johannesburg, lê die aantreklike ATKV-Klein-Kariba-oord tussen een van die Waterberg se mooiste klowe. Hierdie topklasoord bied ʼn verskeidenheid verblyfopsies in die bosveld. Word in die oggend wakker met die voëltjies wat sing en Moeder Natuur wat haar volle glorie ten toon stel.

Ons daag jou uit om jou avontuurpakket te bespreek – ʼn heerlike midweekwegbreek wat jou adrenalien sal laat vloei!

Verken die natuur op ʼn vierwielmotorfiets, ervaar die opwinding van die Robski, en sweef deur die lug soos ʼn arend op ons splinternuwe glykabel.

Maak kosbare herinneringe by Klein-Kariba en beleef avontuur soos nooit tevore nie!

BB-KAMER VIR 2

Dag 1 - Aankoms by die oord

  • Verblyf in ʼn 2-slaapkamer met  ʼn en suite-badkamer
  • Vierwielmotorfietsrit

Dag 2

  • Ontbytbuffet by die kamertarief ingesluit 
  • Glykabel 
  • Robski 
  • Verblyf

Dag 3

  • Ontbytbuffet by die kamertarief ingesluit

KOSTE

Pakketkoste vir 2 Gaste:
R3 500 of R1 750 per persoon

BERGHUIS VIR 4

Dag 1

  • Verblyf in ʼn Berghuis. 4 Slaapkamers, 1 Badkamer.
  • Selfsorg
  • Vierwielmotorfietsrit

Dag 2

  • Selfsorg
  • Glykabel 
  • Robski 
  • Verblyf

KOSTE

R 5 800 Kamer alleenlik - R1 450pp (min 4)
R 7 100 BB (Voeg ontbytbuffet in die oggend by) - R1 775pp (min 4)

Bepalings en voorwaardes:

  • Slegs geldig vir midweekverblyf, met ʼn minimum van 2 aande.

  • Sluit binne seisoen en langnaweke in.

  • Geen plaasvervanging van aktiwiteite word toegelaat nie. Kontantterugbetalings is nie beskikbaar vir aktiwiteite wat by die pakket ingesluit word nie.

  • Neem asseblief kennis dat sommige avontuuraktiwiteite nie vir gaste met gesondheidsprobleme aanbeveel word nie, en die glykabel het ʼn gewigslimiet van 120 kg.

  • Bespreek tussen 9 Maart 2025 - 27 Augustus 2025.

  • Bly tussen 9 Maart 2025 - 27 Augustus 2025