ATKV-Goudini Spa

In die hartjie van die bolandse berge

Skaars ’n uur van Kaapstad, in die hartjie van die Bolandse berge, lê ATKV-Goudini Spa met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie te pas.

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. 

Ons oord beskik oor professionele konferensiefasiliteite en lokale vir enige geleentheid. Fasiliteite sluit onthaal- en akkommodasiegeriewe in. Dit is ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal met pragtige uitsigte oor die Breedevallei.

ATKV-Goudini Spa beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, Halaal-gesertifiseerde wegneemetes, ’n geriefswinkel en ’n skoonheidsalon en spa op die oord.