ATKV-Klein-Kariba

Die juweel van die Bosveld

Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.

’n Verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos ’n restaurant, kitskosafdeling en ’n goed toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop is Klein-Kariba geleë op die Bosveld-toeristeroete – dus die ideale basis vir verskeie dagtoere.

Met moderne fasiliteite vir groot groepe bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid die perfekte atmosfeer vir  besigheidsbeplanning, konferensies of jou droomtroue in ons eie klipkapel.