GuestRevu GREAT-toekennings: Al sewe ATKV-oorde skryf in
ATKV-Oorde kondig met trots aan dat al sewe ons gesinsoorde aan die GuestRevu GREAT-toekennings deelneem.
Die GuestRevu GREAT-toekennings is ’n jaarlikse kompetisie wat uitnemendheid in gasvryheid erken. Deelnemers word in kategorieë ingedeel volgens die aantal kamers wat by hul ondernemings beskikbaar is, en wenners word uitsluitlik aangewys op grond van geverifieerde aanlyngasteresensies wat via platforms soos TripAdvisor, Google en Booking.com ontvang word.
By ATKV-Oorde is ons gaste die spil waarom al ons werksaamhede draai. Daarom is hul terugvoer vir ons van onskatbare waarde. Elke resensie help ons om te verstaan wat ons goed doen en waar ons nog kan verbeter, terwyl dit ook die besondere ervarings uitlig wat gesinne by ons oorde geniet.
Ons moedig al ons gaste aan om hul terugvoer met ons te deel en vir ons te vertel waarom hulle daarvan hou om by ATKV-oorde tuis te gaan. Of dit nou uitsonderlike diens, uitstekende geriewe, prettige aktiwiteite of onvergeetlike gesinsherinneringe is – jou resensie maak ’n verskil.
Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning en dat jy ATKV-Oorde help om na uitnemendheid in gasvryheid te streef. Jou mening tel, en ons sien daarna uit om van jou te hoor.